Agt vermeende renosterstropers is oor die naweek in drie afsonderlike voorvalle in Limpopo in hegtenis geneem.
Volgens kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, is die eerste inhegtenisnemings Saterdag in Dwaalboom gemaak.
“Wildbewaarders op ʼn wildsplaas het vreemde spore opgemerk en bystand van ʼn veiligheidsmaatskappy en die polisie ontbied,” het Otto gesê. “Die spore is agtervolg en drie verdagtes is in hegtenis geneem.” Die mans het ʼn 416-jaggeweer, ammunisie en ʼn byl in hul besit gehad. Die polisie het daarop beslag gelê.
In Hoedspruit is drie verdagtes deur die spesiale renostertaakspan in hegtenis geneem. Die beamptes het inligting oor ʼn verdagte voertuig opgevolg, die voertuig opgemerk en van die pad afgetrek. ʼn 416-jaggeweer, ammunisie, ʼn byl en messe is in hul besit gevind en hulle is in hegtenis geneem.
“Dieselfde taakspan het deur die loop van Sondagnag twee verdagtes in die Klaserie-gebied van Hoedspruit aangekeer nadat ʼn verdagte voertuig gestop en deursoek is. ʼn Jaggeweer en ammunisie is in hul besit gevind.”
Die verdagtes sal binnekort in verskillende howe verskyn op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en sameswering om renosterstropery te pleeg.
Ja shure…net om of te ontsnap of borgtog te kry of apartheid se skuld…of hulle vat wat hulle toekom…dit was nog altyd hulle voorvaders sin…ja shure…
Is jy darem nie net ‘n bondeltjie sonskyn vandag nie Johann….
Ja Gjorg, dit frustreer wanneer dieselfde rympies oor en oor herhaal word elke keer asof dit nuut is, nè.
Spore word seker gevolg en nie agtervolg?
Soos hul gesigte lyk op die foto’s so lyk ook ‘n renoster nadat dit vir die horing vermorsel is.
Miskien moet hulle ook so geskend word.
Gevolg ja.
Wonderlik! Maar ‘n “416-geweer”? Nog nooit van so ‘n kaliber gehoor nie.
Ai julle dorpsjapies, tik in 416 Rigby. Is ‘n grootwild skiet ding.
Ek bedoel julle hengelaars. Vissie
Moet hulle noooooooit weer vrylaat nie…hulle moet ook bietjie verniel word sodat hulle kan voel hoe die arme renoster voel…laat hulle lei man
Ń 416 is ń groot kaliber jag geweer.
Is hulle EFF lede, of waarom het hul sulke rooi kolle op hul gesigte ?
Puik opvolgwerk. Goed gedoen al die beamptes.
Negatiewe mense smeer gelukkig nie aan my af nie. Vergeet van die tegniese detail en wees bly oor die goeie nuus!
Baie geluk aan die taakspanne en almal wat bygedra het tot die arrestasies. Dit is ‘n deurlopende oorlog wat jul veg. Ons salueer julle.
Wys die vuilgoed se gesigte ..bly hulle is gevang ….nou moet hulle netnie uit aanhouding ontsnap nie …soos al so BAIE gebeur het ….polisie wees bq skerp en dink aan ontsnapping nou toe
Hoekom word hul gesigte nie gewys nie, die bewyse is mos daar, met die geweer en byl wou hulle seker gaan paintball speel het, die blanke boer wat van handel in renosterhoring beskuldig word se naam en dorp word vermeld. Hoe nou?
Berig liewer oor skuldigbevindings en vonisse……lees altyd net van arrestasies!