Agt vermeende renosterstropers is oor die naweek in drie afsonderlike voorvalle in Limpopo in hegtenis geneem.
Volgens kol. Ronel Otto, provinsiale polisiewoordvoerder, is die eerste inhegtenisnemings Saterdag in Dwaalboom gemaak.
“Wildbewaarders op ʼn wildsplaas het vreemde spore opgemerk en bystand van ʼn veiligheidsmaatskappy en die polisie ontbied,” het Otto gesê. “Die spore is agtervolg en drie verdagtes is in hegtenis geneem.” Die mans het ʼn 416-jaggeweer, ammunisie en ʼn byl in hul besit gehad. Die polisie het daarop beslag gelê.
In Hoedspruit is drie verdagtes deur die spesiale renostertaakspan in hegtenis geneem. Die beamptes het inligting oor ʼn verdagte voertuig opgevolg, die voertuig opgemerk en van die pad afgetrek. ʼn 416-jaggeweer, ammunisie, ʼn byl en messe is in hul besit gevind en hulle is in hegtenis geneem.
“Dieselfde taakspan het deur die loop van Sondagnag twee verdagtes in die Klaserie-gebied van Hoedspruit aangekeer nadat ʼn verdagte voertuig gestop en deursoek is. ʼn Jaggeweer en ammunisie is in hul besit gevind.”
Die verdagtes sal binnekort in verskillende howe verskyn op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en sameswering om renosterstropery te pleeg.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
16 Kommentare
Ja shure…net om of te ontsnap of borgtog te kry of apartheid se skuld…of hulle vat wat hulle toekom…dit was nog altyd hulle voorvaders sin…ja shure…
Spore word seker gevolg en nie agtervolg?
Soos hul gesigte lyk op die foto’s so lyk ook ‘n renoster nadat dit vir die horing vermorsel is.
Miskien moet hulle ook so geskend word.
Wonderlik! Maar ‘n “416-geweer”? Nog nooit van so ‘n kaliber gehoor nie.
Moet hulle noooooooit weer vrylaat nie…hulle moet ook bietjie verniel word sodat hulle kan voel hoe die arme renoster voel…laat hulle lei man
Ń 416 is ń groot kaliber jag geweer.