Agt vermeende stropers in Krugerwildtuin vasgetrek

Foto: LekkeSlaap

SANParke het Dinsdag bevestig dat agt vermeende renosterstropers in die Krugerwildtuin vasgetrek is.

Die vermeende stropers is Maandag in drie verskillende streke van die wildtuin aangekeer tydens ʼn teenstropingsoperasie wat uitgevoer is deur wildbewaarders, die honde-eenheid asook ʼn lugvleuel.

Glenn Phillips, besturende direkteur van die Krugerwildtuin, het in ʼn verklaring gesê daar is tydens die inhegtenisneming beslag gelê op drie jaggewere, ammunisie en toerusting wat tydens stropery gebruik word.

Phillips het gesê stropingsverwante aktiwiteite kom daagliks in die wildtuin voor. “Ons toegewyde teenstropings-spanne, wat ons ore en oë in die veld is, is altyd daar om blitsig te reageer. Ons doen ʼn beroep op stropers om die risiko om gevang te word op te weeg. Ons kan hul verseker die strop trek al hoe nouer om hulle nekke,” het Phillips gesê.

Hy het verder ʼn beroep op die publiek gedoen om na vore te kom met enige inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en vonnisoplegging van renosterstropers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Daan ·

Hierdie probleem het ‘n Diplomatieke oplossing. Die probleem is ook dat Nasionale Intelligensie “na bewering” steeds betrokke is. Die SA Regering kan met ‘n enkele besoek aan Mosambiek 90% van die stroping in Kruger Wildtuin stop. Maar dit pas die regering nie.

Andrea van Vuren ·

Daan, dis ontstellend dat politiek by onskuldige diere betrek word. As Ace Magashuli ‘n R8 miljoen skildery voor jou oë lan last verskyn, kan dieselfde met die ‘vermeende’ stropes gebeurd. Alles is verkeerd . Ek hoor nie van ‘vermeendes” wat agter tralies sit nie.

Pieter ·

Jammer maar daar is baie lekkerder vleis as renostervleis. Die klomp stropers en hul hanteerders in die regering het net ‘n onbeheerbare lus vir geld en as die renosters dit kan verskaf gee hulle nie ‘n bloue duit om nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.