Agt vinnig vas na roof by poskantoor

(Foto: SAPD)

Agt verdagtes is kort na ’n rooftog by die poskantoor in Clocolan in die Vrystaat in hegtenis geneem.

Die polisie is omstreeks 17:30 Dinsdag in kennis gestel dat die poskantoor in Andries Pretoriusstraat van ’n onbekende bedrag kontant beroof is.

Werkers by die poskantoor was glo besig om toe te sluit toe hulle deur vyf gewapende mans voorgekeer is.

“Die mans het blykbaar deur die agterdeur toegang tot die poskantoor gekry,” het kol. Thandi Mbambo, polisiewoordvoerder, gesê. “Die verdagtes het vuurwapens op die werkers gerig en hul beveel om al die kontant en die poskantoorsleutels te oorhandig.”

Die verdagtes het daarna met ’n onbekende bedrag geld en die sleutels in een van die werkers se Ford EcoSport van die toneel gevlug.

Lede van naburige polisiestasies, boere, die honde-eenheid en misdaadvoorkoming is geaktiveer en dit het tot die inhegtenisneming van agt verdagtes in Ficksburg gelei. Daar is op drie vuurwapens, kontant, die poskantoor se sleutels en die motor beslag gelê.

Die verdagtes sal Donderdag in die Clocolan-landdroshof verskyn op aanklagte van sakeroof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

(Foto: SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Kaptein67 ·

Agterdeur??? Klink vir my of hulle ‘n maaitjie binne gehad het…

Androclus ·

Hoe kan jy wegkom as jy in so ‘n klein plekkie roof,jy moet net aangekeer word. Stupid is nie woord nie.

Fedup ·

Just to be released on monday.
Tuesday it will start all over again.

quartus ·

Daar is omtrent net 10 mense in Clocolan, so dit is maklik om vas te stel wie die boewe is. Hulle is duidelik nog amateurs.

Misky ·

Vyf rowers in die poskantoor en agt word gevang. Ek hou van die polisie, boere en almal betrokke, want lyk my hulle laai net langs die pad op as jy verdag lyk. Welgedaan!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.