Agt Vrystaat-munisipaliteite dalk sonder krag

Argieffoto

Argieffoto

Die inwoners van agt Vrystaatse munisipaliteite kan moontlik sonder elektrisiteit wees weens grootmaatkragrekeninge wat nie betaal is nie.

Eskom het Woensdag kennisgewings aan die munisipaliteite gestuur om hulle in te lig hul kragverskaffing sal vanaf 30 Maart opgeskort word indien die rekeninge nie betaal is nie. Eskom het verlede week dieselfde kennisgewings aan vyf munisipaliteite in die Noord-Kaap gestuur, wat ook agterstallige rekeninge het.

James Letuka, DA-LP in die Vrystaatse provinsiale wetgewer, het gesê Eskom eis dat meer as R800 miljoen betaal word om te verhoed dat die krag afgesny word. Die hoogste uitstaande rekening van die Vrystaatse munisipaliteite is meer as R450 miljoen, terwyl die kleinste rekening net oor die R7 miljoen beloop.

Eskom het verlede jaar onthul dat hy onbetaalde skuld op grootmaatkragrekeninge van byna R2 miljard het. Eskom het reeds in April 2015 kennisgewings uitgestuur dat krag afgesny of bykomende beurtkrag toegepas sal word indien die rekeninge nie betaal word nie.

Letuka het Woensdag gesê die provinsiale regering en munisipaliteite het nie by die betalingsplanne gehou waarop daar verlede jaar ooreengekom is nie en kon nie ʼn vriendskaplike skikking met Eskom bereik nie.

Die munisipaliteite met uitstaande skuld is die plaaslike munisipaliteite van Nketoana (R73,7 miljoen), Masilonyana (R20,2 miljoen), Tokologo (R7,7 miljoen), Mantsopa (R58,3 miljoen), Ngwathe (R472,377 miljoen), Dihlabeng (R57,8 miljoen), Nala (R114 miljoen) en Phumelela (R38,7 miljoen).

Khulu Phasiwe, Eskom se woordvoerder, kon nie vir kommentaar bereik word nie. Intussen is die nasionale energiereguleerder (Nersa) besig met openbare verhore oor Eskom se aansoek om tariewe te verhoog en sodoende die R22,8 miljard wat vanjaar oorbestee is, in te vorder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Bruno Stef ·

Eksdom wat van Soweto wat julle direkte verbruikers is en al vanaf die begin van 1993 in groot getalle weier om te betaal dreig hulle ook n slag.

charles ·

ja wil ek ook weet, hulle uitstaande rekening in totaal is groter as die hele land s’n saam!

M.G. ·

Die hartseer ding is dat die gewone ouens gewoonlik betaal, maar die munisipaliteite betaal nie oor nie maar steek dit in hul sak en so moet die onskuldiges weer ly

Liewe lulu ·

Is munisipaleteite werklik nodig. Kan eskom nie direk krag aan die verbruiker verskaf nie

Pieter.v ·

Ja hoekom lewer Eskom nie self krag aan die publiek nie dan is die kans dat geld verdwyn en gemors word minder.Die bestuurders van die munisiepalite wat versuim om Eskom te betaal moet aangekla word want dis hul plig om toe te sien dat dat hul werkers hul plig na kom,die bestuurder kry n astronomiese hoe salaris,as ek nie my werk doen nie steel ek die geld wat ek van die firma kry , as ek my plig na kom verdien ek my salaris.

Bruno Stef ·

Lulu as dit gebeur dan moet Eksdom ook pa staan vir die verval van die elektriese infrastruktuur met miljoene rande se opgradieeringswerke by die meerderheid munisipaleteite.Dit kan lei tot n verdriedubbeling van hulle huidige aansoek by Nersa wat noodwendig na die verbruiker aangegee sal word.

Elmien ·

Ek voel dat almal koopkrag moet kry veral op die plattedland. Maar dan weet die munisipailteite hulle gaan hulle agterente sien.

amelia ·

Elmien wat help dit????????? Ek het koopkrag en my munisipale rekening was verlede jaar een maand R200 agter, nadat ek nog elke maand meer betaal as wat ek moet. Ek was al tot R1000 in die groen en die een maand kon ek nie die volle bedrag betaal nie. Agv mediese onkostes. Na die 15de op ‘n Vrydagmiddag is my krag afgesit. Ek het ‘n volle R500 se krag op my boks gehad. Ek kon net eenvoudig niks doen nie. As jou munisipale rekening nie volop betaal word nie, dan word jou krag afgesit en klaar. Jy betaal dan nog weer aansluitings gelde ook. Let wel, net ons blankes sin.

peter koekemoer ·

Eksdom moet net die burgermeesters se krag afsit dan sal hulle minder steel hulle is ook oorbetaal hulle kan teminste helfte van municipaliteit se rek betaal voordat krag weer aangesit word . Hulle salarise moet deur inwoners bepaal word nie deur hulself nie

Paul ·

Intussen betaal die meerderheid van Soweto se inwoners nie hul rekeninge nie en skuld gesamentlik al meer as R8,9 miljard se agterstallige geld aan Eskom, maar Eskom sny nie die krag daar af nie…

MM ·

Eskom moet ‘n diefstal saak teen die betrokke munisipaliteite maak, want hulle steel ons verbruikers wat elke maand ons krag betaal se geld, Waar is al ons geld dan heen wat betaal word. Nou word almal wat betaal gestraf omdat die munisipaliteite wanbetalers is, of hulle moet net al die munisipale kantore se krag kom afsny.

Deloris ·

Alexandra betaal nie krag nie hoekom word die Vrystaat se krag afgesny? Omdat dit boere is wat meeste daar bly.

Lizette Scholtz ·

Net vir jul inligting – ek werk in HR – ‘n werknemer kom 2 weke gelede by my en vra ek moet vir hom 2 dokumente fax na Pep vir ‘n lening. Die een is oa sy W&L rekening – in 120 dae staan sy uitstaande bedrag op R84 724.00. Ek vra toe hoekom betaal hy nie sy rekening nie – hy antw. ‘hulle’ kan hel toe vlieg! En….. Pep het sy lening toegestaan. Nou hoe nou???

Soek Die Here terwyl Hy te vinde is ·

Ekt dit al bitter baie ervaar, nie blankes met hoe inkomste maar munisipale rekenings van R60, 000 en meer agterstallig. Wonder hoeveel mense is bewus van dit.

Realis ·

Dit is niks minder as stedelike terrorisme nie. Waar is zuma se nuwe minister nou. Hy het mos al gehoor van finansies

Bekommerd ·

Blikskottel. Ngwate Munisipaliteit se rekening verskuldig aan Eskom raak by die dag al hoe meer!!!!!!!!!!!! Waar gaan die geld heen? MMMMMMMMMMMM. Ons arme inwoners wat gereeld ons rekeninge betaal word ook nou gestraf deur die Munisipaliteit se optrede. Lyk my die Munisipaliteit werkers word net al hoe ryker en Parys en sy inwoners word net al hoe armer.

DPJ ·

As Escom al hulle geld invoeder sal verhogings klein wees en mense hul rekeninge betaal maar nou moet die goeie betalers sulke verhogjngs kry om vir die nie-betalers ook te betaal.
Sosialisme/kominuste.

Doons ·

Help my reg,ek het nog nooit van die plekke gehoor nie,is dit in Suid Afrika(Azania)?

Johan ·

Ngwathe =Koppies, Edenville, Heilbron, Parys en Vredefort. Nketoane= Arlington, Lindley, Petrus Steyn En Reitz. Masilonyana= Brandfort, Soutpan, Theunissen, Verkeerdevlei en Winburg. Tokologo= Boshoff, Dealesville en Hertzogville. Mantsopa= Excelsior, Hobhouse, LadyBrand en Tweespruit. Dihlabeng= Betlehem, Fouriesburg, Clarens, Paul Roux en Rosendal. Nala= Bothaville en Wesselsbron. Phumelele= Memel, Warden en Vrede. HOOP DIT SAL HELP

Stefaans ·

Wonder ek ook – Tokologo – is dit waar die tokolossie bly? Maak tog seker jy plaas bakstene onder jou bed!

Ekke ·

Nketoana – Reitz
Masilonyana – Theunissen
Tokologo – Boshoff
Mantsopa _ Ladybrand
Ngwathe _ Parys
Dihlabeng – Bethlehem
Nala – Bothaville
Phumelela – Vrede

Pieter dp ·

Kan ons rebriek skrywer meer inligting aan ons verskaf. Soos wat betaal ons oor groote swart burgers vir dienste aan die verskafers. Dis gloo ek dat die klein haintjie vol blankes nie meer die balans staat vir die misepalietuit laat klop nie.

Dis mos als net gee vir die swart burgers soos belowe deur die ANC.. Dis sal ek voorstel die ANC moet die rekininge verevin. Die blankes is te min en gaan self onder druk van die regstelinde aksies van die ANC.

Andrè v E ·

Hou jul mun. Geld terug. Open n bank rek. en deponeer mun. geld daarin en dag aar die munsipaliteit vir elektrise suld aan Eskom. Betaal vir hofsaak uit fonds wat geskep is.

Annetjie ·

En wat van ons wat eerlik betaal elke maand? ..en Soweto se onwettige opkopelings so gevaarlik dat vragmotors nie eers onder die hangende krag kabels kan deur ry nie???? Dis onaanvaarbaar ek is n asma pasient en gebruik my nebulizer op gereelde basis! Hier is bejaarde tannies in Brandfort wat gereeld betaal en R16 000 agterstallig is? Een persoon soveel? Ek dink hulle moet mense aanstel wat bevoeg is om die werk te doen en ondersoek instel na die kamma agterstallige bedrae. Ons munisipale rekeninge het nie lesings by nie! Hoe kan hulle beweer jy betaal net n bedrag dood eenvoudig??? Ons sal moet opstaan teen hierdie korrupsie en Nkandla en Zimbawe kry heerlik verniet krag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.