Agt mans is tot drie keer lewenslange tronkstraf en ʼn bykomende 120 jaar tronkstraf gevonnis vir transitoverwante misdade.
Die beskuldigdes is Woensdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg gevonnis. Volgens ao. Bonnie Nxumalo, polisiewoordvoerder, het die Valke op 1 September 2017 inligting ontvang oor ʼn groep mans wat ʼn geldwa wat van Kokstad na Harding onderweg was, wou beroof.
Beamptes het die inligting opgevolg en drie voertuie is op die N2-hoofweg naby Stafford Post opgemerk. “Die beamptes het die voertuie van die pad af probeer trek waarna die insittendes op die beamptes losgebrand het.
“Die beamptes het teruggeskiet en drie mans noodlottig gewond en een beseer. Agt verdagtes is in hegtenis geneem.”
Daar is op vyf aanvalsgewere, twee pistole en plofstof beslag gelê. Die ondersoek na die voorval het aan die lig gebring dat twee van die voertuie gekaap is.
Die agt beskuldigdes is van sameswering om ʼn transitorooftog te pleeg, moord, die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, die besit van plofstof asook kaping van twee voertuie aangekla.
Xolani Mpisane (40), Njabulo Ngcobo (48), Mzwenduna Blose (41), Sabelo Buthelezi (39), Thuthukani Dlamini (35), Msizi Mkhize (45), Sibusiso Ngwenya (33) en Sipho Nyosi (38) is ná ʼn uitgerekte verhoor skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf en ʼn bykomende 120 jaar tronkstraf gevonnis.
Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
8 Kommentare
Met ander woorde….. 25 jaar of minder !!!
En oor 5 jaar is hulle uit op parool.
Dis net jammer dit gaan so lekker in die tronk… anders sou hierdie beslis ‘n gepasde straf gewees het.
Moet gelukkig ten minste 50% van hul bykomende 120 jaar uitdien voor hulle vir parool in aanmerking kom, of nie?
terrorist moet sit tot hul dood is