Agtjarige beseer in Moreletapark-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Agtjarige seuntjie is Saterdag omstreeks 11:50 in De Villebois Mareuil-rylaan in Moreletapark in Pretoria beseer in ʼn fietsryongeluk.

“Die seun het glo in die straat gery toe ʼn taxi hom getref en agterna gesleep het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.

“Die kind het op die grond gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hy is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem onder die volgehoue sorg van ʼn gevorderdelewensondersteuningsparamedikus,” het Botha bygevoeg.

Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

CHRISTA ·

Weer ‘n taxi!! Dit spreek boekdele!! As ons metro’s nie begin optree teen hierdie doodskiste nie, sal hulle sien: mense gaan wet in eie hande neem!! Hierdie taxis kom letterlik weg met MOORD!!!

Asjas ·

Hulle wil nou ‘n spul simpel reels in ons keel gatte afdruk. Hoe gaan dit help as die spoedgrens afgebring word na 40 km/h? Hulle gaan nog steeds kinders raak ry en Taxis gaan hulle in elk geval nie stuur aan die nuwe reels nie, net soos wat hulle, hule nie steur aan die bestaande reels nie.

Berhalet Beukes ·

Hoe weet jy nie jy tref ‘n fietsryer nie? En waarom het die bestuurder nie gestop nie? Tipiese minagting vir lewens veral as dit ‘n wit persoon is! Neem sy lisensie en taxi weg, gooi hom in die tronk en los hom daar tot hy stokoud is!

Chantal ·

ai, dis baie hartseer en maak mens baie kwaad, maar weet jy ek sal nooit my seun op so n ouderdom sonder toesig in die straat ry nie, vandag se lewe steel hulle kiddies so vinnig, sterkte

DJ ·

Dis baie tragies dat so iets gebeur en so baie hartseer vir die ouers. Maar ek verstaan nie hoe n ouer so n jong kind in die strate kan laat fiets ry nie en veral nie in so n besige stad nie. Ek het groot tieners en het dit nog nooit toegelaat nie. Ons kinders is so kwesbaar veral in vandag se same lewing. DJ

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.