Agtjarige in Mpuma ontvoer, vermoor

Argieffoto

Die polisie in Mpumalanga is op soek na enige inligting wat tot die inhegtenisneming kan lei nadat ʼn agtjarige meisie ontvoer en vermoor is.

Sers. Gerald Sedibe, woordvoerder van die polisie, het gesê Nokubonga Nonyane se liggaam is Dinsdagoggend by Numbi naby Hazyview gevind deur ʼn verbyganger wat daarna die polisie ontbied het. “Toe die polisie by die toneel opgedaag het, het hulle bevestig dit is inderdaad Nokubonga, wat Vrydag, 8 Junie 2018, as vermis aangemeld is,” het Sedibe verduidelik.

Nokubonga is laas Vrydag teen omstreeks 15:30 laas gesien toe sy saam met haar maats gespeel het, maar nooit huis toe gekom het nie.

Enigiemand met inligting word versoek om kapt. Timothy Moshwane te kontak by 082 449 0223 of speurder konstabel Hazel Mavimbela by 072 486 0574.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Onskuldige vraag ·

Eerstens is my hart gebroke oor die arme kind – baie sterkte aan al haar geliefdes. Maar in dieselfde asem wil ek vra of dit totale onkunde of arrogansie of traak-my-nie-agtigheid is wat lei tot die baie gevalle waarvan ons lees. Is dit net ek wat dink dat geen mens in hierdie land meer sy kinders alleen buite moet los om te speel nie, wat nog te sê toelaat om alleen te stap om by maats/familie/vriende te gaan kuier? Geen mense rêrig so min om vir hulle kinders? Of is dit ‘n kultuur-ding wat ek dalk misplaas? My kinders mag nie eers meer alleen fiets ry nie, ek waag dit net nie.

Michelle ·

Die ouers werk meestal en vertrek al so vroeg as 4uur in die oggend om busse/taxis te kry werk toe. In die middag staan daar nog toue mense en wag vir busse terug huistoe teen 16h00. Wat is die oplossing? Ouers kan nie almal naskool bekostig, dit gaan gebeur dat kinders alleen gelos moet word. Moet dus nie te vinnig oordeel, dit beteken nie dat hulle minder omgee, daar is net nie altyd ander plan te maak.

Kaufman ·

Die rede is algemene sosiale en morele verval onder die ANC en menseregte wat bo die van kinders is. @Michelle, die kanse is klein dat jou busvang teorie reg is, hierdie is nie n voorstedelike gebied of township nie, dit was deel van n ou tuisland.

Katerina ·

Ek het self sit en huil oor die ou dogtertjie,dit is hartverskeurend.. Ek dink die ouers werk miskien,en die kinders speel. Miskien het die ouers geink dis is n veilige plek waar hulle woon,ek weet nie..Ek is so hartseer hieroor,ek huil saam met haar ouers.

Koos de Meyer. ·

In die verlede kon ons nog dit toelaat maar hedendaags kan jy as groot mens nie eers meer vrylik aleen beweeg nie. Vanoggend vroegoggend het een ‘n huis werker in ons straat dood gemaak. In die 44jaar het so iets nog nooit in ons straat gebeur nie. Ons land is gedompel in bandeloosheid, anargisme, moord en wat nog alles. Siek is eintlik nie die woord nie. Geen kind ongeag sy vel kleur is meer veilig nie en daar word niks aan gedoen nie.

Andrea ·

Arme weerlose dogtertjie! Hoe bang moes sy nie gewees het nie. Ek haat hierdie siek samelewing waarin ons moet leef!

Katerina ·

We are living in a war zone..Niemand is meer veilig nie..Dis hoekom ek my kind homeschool,en sy maatjie kom kuier vir hom en slaap oor,en hy het online maatjies. So jammer,ek onthou die vryheid wat ek en my maatjies gehad het as kinders,om die wereld in te vaar. Maar daarie dae is vir altyd verby..vir kinders van ALLE etnisiteite. Dankie ANC,lekker man!!

Antiestabliesment ·

Dit sal nou baie goed wees as n protesoptog deur blankes gereel kon word in solidariteit met daardie meisie se ouers, om te betoog teen die geweld teen kinders. Iewers moet ons die hoê-grond hou en wys ons is nie die aparthied gruwels wat die ANC se ons is nie.

trotse Botswana (wit) ·

Dit is so hartseer sterkte aan ouers. Baie gemeenskappe sien ek gedurig op nuus neem geregtigheid in eie hande veral waar kinders betrokke is. En hoe wreed ookal moet ek eerlik se welgedaan, mense in SA het geen ander keuse meer. Ons kinders is tog die die land se toekoms! Om jou kind letterlik opgesluit te hou is so onregverdig, kinders moet speel, fiets ry, maats he hul het die reg om vry te wees. Baie baie hartseer om te sien hoe SA tot niet gaan onder ANC. MAG ONS VADER SY HAND OOR SA BURGERS HOU …

Selfbeskikking ·

Dankie vir die mooi boodskap. As ons nie gou gaan onderhandel vir selfbeskikking nie gaan ons oor julle grens gejaag word met pangas deur alema se mense en by julle in vlugtelingkampe geplaas word. Hy het ons eergister weer hiermee gedreig op turkse tv.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.