Die polisie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap ondersoek ʼn saak van moord nadat ʼn agtjarige se liggaam Maandagoggend in die bosse naby ʼn dam gevind is.
Ao Alwin Labans, woordvoerder van die polisie, het gesê skoolkinders het op die seun se liggaam naby Uitbreiding 6 in Malabar afgekom. Hulle het dit by die polisie aangemeld.
Die kind is later deur sy boetie uitgeken as Jamaine Jonathan. Hy het kopbeserings opgedoen.
Labans het gesê ʼn 16-jarige het homself intussen aan die polisie oorgegee. “Die agtjarige en die 16-jarige was glo Sondagmiddag saam met ander mense. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.”
Ja-nee … dood het altyd ‘n oorsaak.
So jonk en klaar moordenaar !
TSK !!!
Die land verdien storms en droogtes .