Die liggaam van ʼn agtjarige seun is Dinsdagmiddag in ʼn rivier in Embalenhle in Mpumalanga gevind.
ER24, SAPD se soek-en-reddingspan, die provinsiale brandweer en Delta1-reddingsduikers het reageer ná lede van die gemeenskap die liggaam in die Welamlambo-rivier in die informele nedersetting opgemerk het, sê Russel Meiring, woordvoerder van ER24.
“Duikers het die liggaam uitgehaal en na paramedici op die oewer gebring. Niks kon meer vir die kind gedoen word nie en hy is dood verklaar.”
Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.