Agtjarige seun dood aangetref

Argieffoto

Die liggaam van ʼn gr. 2-leerder van die Sikhulisile Primary School in Enkangala, noord van Bronkhorstspruit, is Donderdag in ʼn beboste gebied gevind.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, sê die agtjarige seun is aangetref waar hy met sy gesig na onder lê en slegs met sy skoolsokkies aan. “Die leerder kon nie geïdentifiseer word nie weens die uitgebreide beserings aan sy gesig,” het Mabona gesê.

Die skool het daarna ʼn ouervergadering belê om uit te vind of enige leerder vermis word. “Een van die ouers het gesê die seun is haar kind op grond van die inligting wat aan haar gegee is, maar die ouers sal eers die oorledene vandag by die Bronkhorstspruit-lykshuis gaan uitken.”

Mabona sê die departement se psigososiale eenheid is intussen na die skool gestuur om berading te verskaf.

Die oorsaak van die kind se dood sal deur ʼn nadoodse ondersoek vasgestel word.

Die voorval kom net ʼn dag nadat ʼn gr. 1-leerder van die Dikeledi Makapan Primary School in Makapanstad, Noordwes, in die badkamer van sy skool met ʼn mes doodgesteek is. Maroela Media het vroeër berig ʼn gr. 11-leerder is in verband met dié voorval in hegtenis geneem.

Daar word vermoed dat die verdagte ongesiens in die badkamer oornag het en toe die gr. 1-seun die volgende oggend badkamer toe gaan, het die verdagte hom glo oorval en herhaaldelik met ʼn mes gesteek. Die jong seun is na ʼn plaaslike kliniek gehaas waar hy dood verklaar is.

Volgens die owerhede het die verdagte glo die gr. 1-leerder geken omdat hy in ʼn romantiese verhouding met die kind se ouer suster was. Hy het na bewering die seuntjie vermoor nadat die paartjie baklei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

christa ·

dat kan ouers nie eers weet hulle kinders is weg nie/??????

B ·

@A , dit gaan nooit verander nie, dit gaan eers nog baie slegter moet gaan voor dit beter kan word.

Francois le Cochon ·

@A. Ek skat so 500-1000 jaar, maar ek mag verkeerd wees.

waarheid ·

Die land is buite beheer. Wonder of ramapaddapot dit besef – lyk nie so nie.
Siedende blind.

Iemand ·

Waarhied. Hierdie het niks te doen met die “land wat buite beheer” is nie. Dit het te doen met die diepste donkerste kant van die mens se psige. Alhoewel die meeste van ons empaties en deernisvol is, is daar mense tussen ons wat tot die wreedste dade instaat is.

Trish ·

dit is vir my so hartseer dat iemand onskuldige kindertjies wil seer en dood maak, ek is self n mama en dit is nie lekker om so iets te lees nie

Bernadette ·

Bring die doodstraf terug en almal sal daarby baat. Hierdie is siek verby….ek kannie glo dat daar sulke monsters daarbuite is nie…..

Wat? ·

Hoe kan die ouers nie weet hul kind is weg nie? Hoe lank is die kind al vermis en is daar nie n vermisde saak oopgemaak nie? En die “ouer” het gese dis haar kind op grond van inligting wat aan haar gegee is…..??? My magtag mens, jy soek mos jou kind as hy of sy weg is! Wag mos nie tot daar n lyk gekry is vir inligting om te se maar dit kan my kind wees, want my kind is vermis nie??? Wat op aarde gaan aan met die ouers vandag dat hul so min omgee…??

BLOM ·

Ek sien nerens in die berig dat daar melding gemaak word hoe lank die kind weg was nie.
Miskien het sy ma nie eers geweet hy is weg nie – was dalk in skooltyd.

George ·

Vergeet die doodstraf. Bring ordentlike LYFSTRAF terug van klein tot groot en ek kan waarborg dinge sal verbeter. Destyds toe dit toegepas is op kinders en selfs grootmense het jy nooit van so iets gehoor nie.. Dissipline is die oplossing.

Liezl ·

George, net vandag toe kom ek tot die skokkende besef dat nie eens lyfstraf sal help nie. Want sou jy jou kind ordentlik voeter, hoe word hy dan groot? ‘n Vrees vir jou en jy as ouer, wat veronderstel is om hom lief te hê, voeter hom. So, wat gaan hy doen as iemand iets teen hom doen? Hy gaan slaan. So, op die ou einde sit ons met bang en woedende kindertjies? Voed jou kind ordentlik op, Christelik en toon respek teenoor mekaar. As ‘n kind geweld teenoor ‘n ander kind uitoefen, waar leer hy dit? Ek het ook pak gekry toe ek klein was en ek was altyd vir dit. Maar in vandag se tyd….nee. Ek weet nie jong.

Inge ·

Die arme kind…ek wens dit niemand toe nie. Ek dink myself altyd in hoe bang hy moes gewees het..daar was niemand om hom te help nie.

Andrea ·

Ek ook. En sy ouers weet nie eens hys weg nie. Arme, arme kind.

Linda van Mosselbaai ·

My hart is so seer oor hierdie kind – Baie sterkte aan sy arme maatjies, ouers en almal wat vir hom lief was
Mens wonder soms wat gaan deur die oorblywende leerders se koppe – dalk ‘ Is ek volgende?’ DInk net hoe bang & angstig moet hulle wees.
‘O Vader hou ons veilig – Ons vra dit in U naam, Wees met almal was sulke bose dinge beplan – verander hulle harte – laat hulle besef daar is ‘n beter lewe/toekoms. Amen’

Alida ·

As hy oornag daar gele het hoe het sy ouers gaan slaap as hy nie in die huis is nie.

Staak saam ·

Ou mense word geslag en kinders vemoor en die beste wat ons kan doe is “Ramapaddapot”????
Hy voel nou so sleg, hy gaan kersfees geld vir blankes uitdeel.

George ·

Liezl kan ek jou net vertel dat ek lyfstraf gekry het as ek stout was en glo my ek is seker daar is min wat sy ouers soos ek respekteer het. Dink darem ook as gevolg van my opvoeding het ek ‘n redelike sukses van my lewe gemaak. Die wat my ken sal dit beslis beaam. Kan jou verseker as jy weet jy is skuldig en die “ding” word ordentlik gedoen sal jy nie eers dink aan “kwaad” word nie!!! Kan jou ook baie ander voorbeelde noem indien jy dalk nog twyfel.

Elsa ·

George en Liezl, in my kindertyd is ons Christelik grootgemaak en het ons boude gebrand as ons oortree het. Ons is duidelik geleer wat is reg en wat is verkeerd en ons as kinders is geleer om respek te betoon aan volwassenes, selfs al was dit die plaaswerkers. Ojns het ons ouers liefgehad en het hulle ook respekteer. Selfs in die skool het ons meisies ook pak gekry en ons was vir on St 5 klasonerwyser so bang, dat ons almal seker naby 80% gekry het. Hy was ook die geskiedenis onderwyser en as ‘n kind nie geleer het vir ‘n toets nie of nie die werk geken het nie, was ‘n pak slae jou voorland. Sommer voor in die klas voor al dfie ander klasmaats. Ons was bang vir daardie pakke, maar ons het ook agting en respek vir hom gehad. Nooit eens sou enigeen van ons gedink het dit was kindermishandeling nie en dit het beslis nie toekomstige sielkundige letsels op enigeen van my tydgenote gehad nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.