Agtjarige verdrink byna tydens epilepsieaanval

Argieffoto

ʼn Agtjarige het Vrydag ʼn epileptiese toeval gekry toe hy in ʼn swembad by Wedge-strand in Durban gespeel het.

“Paramedici is omstreeks 15:20 na die toneel ontbied. Die tannie van die agtjarige seun het gesê hy het ʼn epileptiese toeval gekry,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

Die familie het reeds die seun uit die water gehaal en lewensredders was besig om hom te behandel toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Hy het water in sy longe gehad en het byna verdrink. Hy is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stella ·

Jy moet BAIE versigtig wees met n kind met epilepsie by of in n swembad…hulle sal seker nou ekstra versigtig wees

Rita ·

2 van my dogter was jare lank behandel vir epilepsie en dit was toe al die tyd LQT sindroom

andre ·

Laat toets die kind vir Romano Ward (long QT sindroom). Sootgelyke simtome as epilepsie en manifisteer dikwels met watersport/aktiwiteite

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.