Agtste verdagte vas oor komplot om Krejcir-ondersoekers te vermoor

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

Radovan Krejcir. Foto: Werner Beukes/SAPA

‘n Agtste verdagte is in hegtenis geneem in verband met die beweerde komplot om twee ondersoekbeamptes in die Radovan Krejcir-saak te vermoor.

Lt.genl. Solomon Makgale, nasionale polisiewoordvoerder, sê die 36-jarige man is Donderdag in Pinetown, KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat hy tydens ‘n beweerde gewapende rooftog in die been geskiet is. “Ten tyde van die skietvoorval is daar ook ‘n gesteelde voertuig in die verdagte se besit gevind,” sê Makgale.

Die verdagte sal nou saam met Krejcir en ses ander verdagtes tereg staan op aanklag van sameswering tot moord. Die polisie vermoed dat die verdagte ook by talle ander sake betrokke was waaronder die sluipmoord op die Libanees Sam Issa, wat ook bande met Krejcir gehad het.

Makgale sê die polisie het intussen ook ‘n man in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid in die kriminele onderwêreld. Hy sê Jack Watts Cloete (42) is Donderdag in die Krugersdorp-area in hegtenis geneem.

Makgale sê Cloete was onder meer gesoek in verband met sy beweerde betrokkenheid by sake van moord, poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer, dwelmhandel en diefstal. Cloete het Vrydag in die Krugersdorp-landdroshof verskyn en bly in aanhouding. Hy sal weer op 28 Mei in die hof verskyn.

Lees ook:
Sewende Krejcir-vennoot aangekeer
Nóg ‘n klag teen Krejcir
Saak teen Krejcir se vrou en seun uitgestel
Krejcir-verdagte het ystersaag by hom in aanhouding
Krejcir se vrou en seun in hof
Krejcir se vrou vrygelaat
Polisie soek glo ook Krejcir se seun
Krejcir se vrou in hegtenis geneem
Krejcir se borgaansoek uitgestel
Radovan Krejcir weer in hof 
Krejcir en kie in die hof
Krejcir-saak hervat
Vyfde verdagte vas oor komplot om Krejcir-ondersoekers te vermoor
Krejcir-saak: Ondersoeker het glo inligting verkoop
Krejcir se aansoek om verlof tot appèl geweier
Krejcir-saak: Name van beweerde moordkomplot-ondersoekbeamptes bekend gemaak
Hof lewer uitspraak oor Krejcir-aansoek
Uitspraak in Krejcir-aansoek verwag
Krejcir ‘geskik’ vir borg hoor hof
Krejcir-vennoot se pa tot die dood gemartel
Krejcir-vennoot se borgtog-aansoek wéér afgekeur
Geen borgtog vir Krejcir
Krejcir en kie het glo staatsaanklaer gedreig
Krejcir-borgtogverhoor hervat
Krejcir-hofsaak: Bykomende verklaring afgekeur
Krejcir-saak: “Staat het geen saak teen Valke”
Krejcir-verhoor: Hof weier om bekentenis vry te stel
Krejcir en kie hoor vandag dalk oor borg
Krejcir hoor dalk môre oor borg
Krejcir “hier om te bly”; dwelmtransaksie het glo skeefgeloop
Krejcir beaam polisie-marteling; Luphondo glo ook aangerand
Krejcir-borgtogverhoor na hoër hof geskuif
Krejcir en kie terug in hof
Só het hulle om Krejcir geval
Krejcir-moordverdagte vrygelaat
Agliotti het óók geld geleen by Krejcir
Polisieman wat geld by Krejcir leen, het nie bedank – Valke
Duitse ‘vriend’ van Krejcir ook vas
Krejcir: Valke-hoë vas
Foto’s: Krejcir Maandag by die hof
Krejcir-saak uitgestel
Krejcir moet na hospitaal oorgeplaas word
Krejcir-verhoor agter geslote deure; Opod ondersoek “aanranding”
Krejcir vertrou glo nie staatsdokter
Hof gaan sê oor Krejcir
Krejcir-inhegtenisneming ‘n “reuse deurbraak”
Krejcir-prokureurs weet nie waar hy aangehou word nie
Radovan Krejcir in hegtenis geneem
Polisieman van Oos-Rand het Krejcir-lening aangegaan
Krejcir se ma loof groot beloning uit
Krejcir-werknemer in die hof
“Ek vrees vir my lewe” – Krejcir
Beeld-fotograaf moes foto’s uitvee
Krejcir swyg oor Bedfordview-ontploffing
Bom by Krejcir-onderneming eis twee
Nóg ‘n Krejcir-vennoot doodgeskiet
Krejcir-moordkomplot: Teenstrydighede in bewyse
Bedfordview-man by verkeerslig doodgeskiet; Krejcir ontken verbintenis
Krejcir-moordkomplot: Beskuldigde in hof
Krejcir-uitleweringsverhoor weer uitgestel
Krejcir weer in die hof
Krejcir se vermeende aanvaller dalk veiliger agter tralies
Krejcir se winkel beroof
Foto’s: Krejcir oorleef bisarre sluipmoordaanval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae