Ahmed Kathrada oorlede

Ahmed Kathrada. Foto: Facebook

Ahmed Kathrada, die ANC-strydros, is in die ouderdom van 87 oorlede.

Die Kathrada-stigting het die nuus Dinsdagoggend op sy amptelike Twitter-profiel bevestig. Volgens die stigting sal meer inligting later bekendgemaak word.

Kathrada het vroeër vandeesmaand ʼn operasie in ʼn Johannesburgse hospitaal ondergaan om ʼn bloedstolling op sy brein te verwyder. Hy het daarna verskeie komplikasies ervaar.

Die Kathrada-stigting het Maandag gesê sy toestand het deur die nag versleg en hy het longontsteking opgedoen.

Kathrada was saam met Andrew Mlangeni en Denis Goldberg die laaste van die sogenaamde Rivonia-beskuldigdes wat nog gelewe het nadat oudpres. Nelson Mandela in 2013 dood is. Al vier mans is saam met Govan Mbeki, Walter Sisulu, Raymond Mhlaba en Elias Motsoaledi in 1964 tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Mandela en Kathrada was goeie vriende terwyl hulle saam op Robbeneiland gevange gehou is. Kathrada was langer as 26 jaar op Robbeneiland aangehou.

Kathrada het in November verlede jaar saam met ander anti-apartheid-struggle-veterane sy kommer uitgespreek oor die stand van die ANC en die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

John ·

Indiers het ‘n vir meer as ‘n eeu ‘n groot rol gespeel in SA. Die ANC het op hul gesteun vir hulp en leiding tot op hede. Daar is duidelik faksies aan die ontwikkel wat mekaar teenstaan en wedywer om hul invloed op die landsake te vergroot. Finansies is hul forte en orals in staatsinrigtings word op hul hulp gereken. Ons president sien op na sy vooraanstaande Indierraadgewers. Die rol van diegene in die verloop van ons toekoms kan nie onderskat word nie. Indie is uitgeboer. Die besoedelde landskap is oorvol verarmde vergete mense… ‘n nagmerrie-gesig en mense vlug… ook hierheen… kolonialiste vanuit die Ooste… Sal ons die golf kan ry?

Sw ·

Ja die bietjie morele waardes wat die ANC oorhet, word vertrap en raak uitgedien. Numba 1 sorg daarvoor.

Skim ·

Toe ek hoor hy was deel van die kommunistiese party, het ek al my respek vir hom verloor. Dit is een ding om vir menseregte te veg, dit is iets anders om ‘n kommunistiese uitkyk op die lewe te he en te dink dit is die antwoord op SA se probleme. Die stigting het ook net wittes vervolg wat hulle skuldig gemaak het aan rassisme, nie mense van kleur nie, so jammer ek het GEEN respek vir hom of sy stigting nie. Een van die mense wat net verder onmin gesaai het en verdeeldheid in SA veroorsaak het.

Hendrik ·

Gordan beklee ook ‘n baie hoe pos in die SAKP. Die verskil is dat hy eers die ekonomie wil regkry voordat hy sy sosialistiese proses wil begin. Hy kry dit egter nie reg nie. Soos almal weet werk kommunisme net op papier.

m ·

Hier kom nou weer een groot staats begrafnis en die tax betalers gaan hoes al die pad.

Burger ·

Ek het van sy onderhoude geluister en as een ding wat deurgekom het is n menslikheid wat tans ongekend is in Suid Afrika . Sy wysheid en insig was prysenswaardig. Dis jammer dat hy nie meer deel is van Suid Afrika nie.

Gerhardt ·

Ek kan net my kop skud . Ek voel niemand is geloofwaardig nie. Het ook maar my bedenkinge ook Gordhan jammer om te se.Op die oomblik beteken hy baie vir die rand maar ek weet darem nie.Gee my asb raad oor hoe ek moet voel. Soos ek se- ek vertrou niemand in die regering van die dag nie.

Louwrens ·

Sien asseblief die potesiaal raak. Weet julle hoeveel van die land se sogenaamde “leiers” gaan tydens sy gedenkdiens op een dag op een plek bymekaar wees?

piper ·

hoe dik kan zumpta se vel wees. by mandela se begrafnis is hy uitgejou voor die hele wereld. nou het familie gevra dat hy nie by die begrafnis vandag mag praat nie. hy gaan dus nie vandag die begrafnis bywoon nie. ek skaam my dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.