AIC ontken hy het ANC-stemme gekry

anc aicDie African Independent Congress (AIC) sê bewerings dat dié party stemme gekry het wat vir die ANC bedoel was, is ʼn belediging.

Die party se naam het direk bo die ANC se naam op die nasionale stembrief verskyn.

“Ons party is in 2005 gestig en ons mense ken ons,” het Lulama Ntshayisa, die party se adjunkpresident, Vrydag gesê. “Om te sê dat ons ANC-stemme gekry het, ondermyn ons party.”

Ntshayisa het gesê die party wou in al nege provinsies meeding, maar het nie genoeg fondse gehad om dit te doen nie. “Ons het ʼn tekort aan hulpbronne om in al die provinsies mee te ding. Ons is nie verbaas dat ons nasionaal so goed presteer het nie, want ons het lede in al die provinsies,” het hy gesê.

Hy het ontken dat kiesers die AIC met die ANC verwar het.

Die AIC het Vrydag om 10:00 reeds 91 010 stemme gewerf. Die party is in die Oos-Kaap gebaseer en het in die Oos-Kaap en Wes-Kaapse provinsies meegeding.

Die party het reeds 16 533 stemme in die Oos-Kaap verwerf, en 6 266 in die Wes-Kaap. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.