AIG kondig hoofborg aan ná MTN onttrek


Van links is Demi Lee Moore, Steve Hofmeyr, Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van AIG, Ernst Vorster, hoof van kommunikasie vir Helpende Hand, Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, en Karlien van Jaarsveld by die mediakonferensie Dinsdag in Centurion. (Foto: Janie Monsieur)

Afrikaans is Groot (AIG) het Dinsdag by ’n mediakonferensie in Centurion aangekondig dat “die gemeenskap die hoofborg van die Afrikaans is Groot-vertonings is en gaan bly”.

Die handelsmerk het vandag saam met Solidariteit Helpende Hand die #JouAIG-veldtog van stapel gestuur en wil hierdeur klem plaas op die “eienaarskap” wat kaartjiehouers in die AIG-ervaring het.

Luidens ’n verklaring is die #JouAIG-veldtog ’n inisiatief wat deur die direksie en kunstenaars van Afrikaans is Groot en Helpende Hand gedryf word om die publiek as individue, groepe of ondernemings die geleentheid te bied om as ’n amptelike hoofborg van dié konsert in te tree.

Maroela Media het vroeër berig MTN het onlangs aangekondig dat hy alle bande met die Afrikaans is Groot-handelsmerk verbreek het ná druk deur sosiale media op die maatskappy omdat die sanger Steve Hofmeyr by die konserte optree.

Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, het die #JouAIG-veldtog bestempel as ’n gemeenskapsinisiatief. “Jou Afrikaans is groot. Maak nie saak waar jy die klem plaas in die sinsnede nie, jy lig jóú eienaarskap van Afrikaans en hierdie puik inisiatief uit,” het hy gesê.

Volgens Noëth het Helpende Hand die inisiatief voorgestel aangesien die welwillendheidsorganisasie amptelik as begunstigde van die AIG-konserte aangewys is en nou graag deur sy lede wil terugploeg in die konsert.

’n Eksklusiewe vertoning, genaamd #JouAIG, word vir 28 November 2019 beplan waar 6 000 kaartjies teen R800 elk aangebied sal word. Elke kaartjie wat verkoop word, sal dien as ’n bydrae tot die bestaan van AIG en elke kaartjiehouer van dié konsert sal ’n hoofborg van die konsert wees. Winste van die aand word ook aan Helpende Hand bemaak.

Elke hoofborg se naam sal op die skerms by die konserte vertoon word en in ’n spesiale AIG 2019-program verskyn.

(Foto: Janie Monsieur)

Volgens die direksie van AIG het die vertonings ontstaan uit ’n gees van trots wees op die Afrikaanse taal, kultuur en gemeenskapskrag en het die handelsmerk as’t ware ’n “kontrak met die publiek” om hierdie gesindheid uit te brei.

“Ons kan net met groot dankbaarheid die borge bedank wat gehelp het om oor die jare van AIG ’n groot sukses te maak. Elke persoon wat ’n kaartjie koop, bly egter steeds individueel ook die borg van AIG en lewer ’n unieke bydrae tot hierdie skouspelagtige kultuurgeleentheid,” het Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van AIG, gesê.

Volgens Pretorius staan Afrikaans is Groot elke jaar op die skouers van sy kaartjiekopers en probeer die organisasie jaarliks voortbou op sy verhouding met die publiek. AIG het sedert 2012 meer as 592 000 konsertgangers met 83 vertonings in Pretoria en Kaapstad gedien.

Mense word ook genooi om hulle ondersteuning te wys deur saam met AIG-kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Riana Nel, Jay, Demi Lee Moore en Karlien van Jaarsveld die #JouAIG-deklarasie aanlyn by www.jouaig.co.za te onderteken.

Afrikaans is Groot 2019 vind plaas tussen 22 November en 1 Desember by die Sun Arena Time Square in Pretoria. Datums vir AIG in Kaapstad is nog nie bevestig nie.

Kunstenaars soos Theuns Jordaan, Bok van Blerk, Jay, Corlea, Bobby van Jaarsveld, Elvis Blue, Tarryn Lamb, Dewald Wasserfall, Ricus Nel, Snotkop en Ruhan du Toit sal op die verhoog te sien wees. Karen Zoid is ook vanjaar weer terug.

Kaartjies vir die #JouAIG-vertoning sal van 29 Maart om 10:00 by Computicket te koop wees. Koop kaartjies hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

HPV ·

Dit kan jy nog ‘n keer sê! Die tyd het aangebreek dat die AFRIKANER opstaan, mekaar ondersteun en hulself weer bemagtig. Ons was ‘n gerekende mag.

Susan ·

Ons was in 2017 by AIG. Kaartjies was R550 per persoon vir héél agter. Vir ons drie was dit dus R1650. Dit was beslis nie die geld werd nie. Nee wat, ek gaan nie nog méér vir ‘n kaartjie betaal nie. Ek dink die skatryk Coleskes kan self hulle show borg. Hulle wil net nóg ryker word uit die Afrikaners. Dis nie asof die kunstenaars van oorsee af kom om te sing nie! Hoekom is ons Afrikaanse mense so gerus daarmee om ingeloop te word? Ons word uitgebuit net omdat ons Afrikaans is!

JohanL ·

Susan, ek wil nie regtig betrokke raak in ‘n debat nie, maar daai kaartjiepryse gekoppel aan waar julle gesit het, rym nie. My vrou en dogter gaan nou al vir 4 jaar AIG toe en iets klink nie reg nie. Hulle het al beter plekke gekry vir effens goedkoper as jou R550.

Dat jy nie daarvan gehou het nie – wel dit is jou opinie en smaak. Maar ek het nog net oorwegend positiewe kommentaar gekry van mense wat dit bygewoon het. Waarde vir geld? – wel ek dink die feit dat omtrent alle kaartjies binne ure uitverkoop word en die webwerf al “omgeval” het agv die groot vraag na kaartjies, wys duidelik dat daar duisende mense is wat wel dink dit is die moeite werd. Maar ja smaak verskil.

Wie hoeveel geld maak uit die storie en of dit geregverdig is? Ook maar elkeen se eie opinie. Ten minste werk almal by AIG eerlik en hard vir daardie geld en kry dit nie op bedrieglike en skelm maniere soos sekere mense by Bosasa en die ANC nie.

Karin ·

Mooi so, dis puik nuus en welgedaan. Ons het nie sulke voorwaardelike borge nodig nie. Geen groot maatskappy moet ooit weer in ‘n posisie wees om aan ons voor te skryf of te dreig nie. Ons sal ons kunstenaars met trots ondersteun en hulle kan gaan doppies blaas!??

Mooi so ·

Lekker man . ons kan mos . .laat MTN gaan vlieg as hulle EFF byeenkomste wil borg maar ‘n probleem met STEVE het .. wys jou net wie se kant het hulle gekies …

Vania ·

Twee stelle reels hier…
Wat van die regte haat spraak en rasistiese opmerkings wat EFF maak, geweld aan moedig en praat van vermoor waarom is MTN nie onttrek daar nie…
Dan maak Steve opmerking wat nie rasisties is nie, nie geweld aanmoediging of haat spraak nie, en die bom bars….
Nee kan net my kop skud

Cora Simpson ·

Dis reg Vania. Dit slaan my dronk. Steve het niemand gevloek of beswadder nie .Haatspraak bestaan ook nie as Malema se hulle sal die bankes vermoor etc. Hy is onskuldig bevind. ek verstaan werklik nie wanneer ons n ding se en as andere dieselfde woorde sal gebruik is ons as blankes rasisties. Dit maak glad nie sin nie. Dis maar waar. n Stil bek is n heel bek.

Gert van Wierdapark ·

Mtn kan nou maar sy borgskap oorskuif Nigerie toe, he-he-he!

Kasper ·

Pragtig, wonderlikke nuus, Afrikaners kan mos saamstaan, as ons net wil. En hier flip ek die grootste middle vinger vir MTN en kie wat ek kan..
Mag hierdie AIG konsep net van sterkte tot sterkte groei.

Renè Dames ·

Wonderlike nuus. Wonderlik dat AIG nie gaan lê het en wys Afrikaanses kan aangaan al word hulle gewurg.

Wie weet ·

mooi man Dan se hulle ons afrikaners kan nie saam staan nie ons kan

Robert ·

Slegs die wat geld het, daar is baie wat dit nie kan bekostig nie

Asjas ·

@Robert ek stem saam met jou. Vir my is R800 baie en as ek my man wil saam neem is R1600 buitensporig. Welgedaan aan die wat dit wel kan doen en Afrikaans daardeur hoog hou.

Phillip Bruwer ·

Robert en Asjas, as julle nie R800 kan opdok nie, kan julle steeds gratis die veldtog ondersteun en so borge word deur die plegverklaring te onderteken.

Liza ·

Nou is dit ook tyd om te begin werk aan ‘n onafhanklike tuisland.

TRACY ·

ai ai Leeu, moet dan nie luister en negatiewe kommetaar lewer nie…

J van Rensburg ·

Volgens News24 het Toyota ook ontrek, en vroeër berigte het ook genoem dat MultiChoice nie meer ń borg is nie na druk deur die Lesufi karakter.
Ek is te slim vir ń Toyota, en gebruik al vir jare nie meer MTN nie. MultiChoice het ek laas jaar gelos. Hulle kan maar hulle geld by Lesufi loop soek

Manie van Worcester ·

Ek self is nie n groot ondersteuner van AIG maar het niks daarteen. Besef net dat die mense wat AIG ondersteun met kaartjies nie genoeg is om mtn toyota of multi choice finansieel te knou nie. Die massas is gelukkig gemaak en hulle het baie meer geld. Ek ondersteun gelukkig nie een van hulle nie

Ferdinand Hoffmann ·

Baie goeie nuus , MTN dink hulle diens glad nie afrikaanse mense nie , hoop hulle voel dit met hulle gatsakke . En elke Afrikaner wat dit kan bekostig moet ook net sommer wegbly van MTN af en gebruik iemand anders , ons geld is ook seker nie goed genoeg vir hulle nie . En elke Afrikaner wat die kaartjies kan bekostig moet bespreek en koop kaartjies dan wys dit ons staan agter AIG .

Johanna ·

So bly solank hulle Steve nie wegneem van AIG. Hy het so n goeie aksie met die publiek. Selfs Elvis Blue ook. Welgedaan AIG

Johanna Botha ·

Plaas mtn gese het hy borg die geleentheid en het niks met die kunstenaars te maak nie …hoe dom van hulle bemarking want kyk hoe verloor hulle nou !

Tracy Lötter ·

Dit is goeie nuus, ek hoop om meer en meer van hierdie tipe saamspanpogings te sien. Ons kan!

Erica ·

Wonerlik wat gaan gebeur ,,maar die alledaagse mense wat die sangers ondersteun deur hulle cd’s te koop..gaan beslis nie daai kaartjies teen R800 elk kan bekostig nie..so sad dat baie mense dit gaan misloop..

Robert van Staden ·

Dis mos skandalig! Ons betaal ten duurste vir kaartjies, en dan wil hulle nóg geld uit ons wurg. Gierigheid! Coleske Artists is skatryk, hulle het nie borge nodig nie. En dis so jammer dat Steve dit nou vir al die ander kunstenaars bederf – oor één persoon moet hulle nou ook ly onder al die probleme.

Sann ·

Dis nie Steve wat die hele storie vir almal bederf nie. Jy klink nou heeltemal te veel na ‘n Lesufi “fan”.

Sandra Pretorius ·

Ons moet ‘n DEKLARASIE onderteken – waar op aarde het jy al van so iets gehoor. Ons is nie meer in die Voortrekkers of die Rapportryers nie. En as ek vir ‘n kaartjie betaal, hoekom moet ek vir hulle NOG geld gee? Ek ruik ‘n rot.

Karin ·

Die mense wat R800 betaal borg die AIG sodat jy dit ook later kan bywoon.

Rudi Oelofse ·

Baie goeie nuus, hoop julle doen wat ek gedoen het. Kansseleer jou mtn nommer en gaan oor op ñ ander netwerk.
Ons het hulle nie nodig nie.
Rudi Oelofse

Zak ·

Erica, n ps4 of xbox game disk is R1200.00. R800 is aanvaarbaar.

Susan ·

Die game gee darem vermaak vir ‘n paar maande. R800 vir drie ure is te veel. En dis net vir een persoon. Die game kan jy darem nog na die tyd weer verkoop as jy dik is daarvoor.

Lynette ·

Die speletjie kan deur baie mense vir n lang tyd geniet word. R800 vir een kaartjie is bitter duur en almal bly nie naby nie. Ons as gesin van 4 kyk na R3200, dan nog vir ons n trippie van 1100 km soontoe en terug, kos en verblyf. Ons kan dit net eenvoudig nie bekostig nie. Ek is baie lief vir my taal en ondersteun graag ons kunstenaars, maar ek is seker ek is nie die enigste een wat swaar sluk aan so n uitgawe nie.

Renier ·

Afrikaans is groot is ‘n besigheid. Die aandeelhouers is beslis nie arm nie. Dit is ook nie ‘n liefdadigheid instansie nie. Ek kannie verstaan hoekom hulle enigsins kaartjies vir die belaglike bedrag moet verkoop nie. Hulle winste is reeds miljoene.

Elize ·

Teen R800 n kaartjie wil ek graag die 28ste November ook heelvoor in die hoofblok sit!! Sien julle daar!

AV ·

Teen R800 n kaartjie gaan dit n gesin van 4 amper R3200 kos vir die aand en dit is net die kaartjies. En dit is net plaaslike kunstenaars…….

Anita ·

Ek sal 1000.00 betaal sing afrikaners sing. Die wat so kla oor prys los julle OB vir n maand. Go Steve go. So bly my Toy verlefe jaar verkoop.

Zel ·

Toyota het ook nou onttrek – hoeveel afrikaanse mense ondersteun nie vir Toyota nie ?

Karlahari ·

Mense, op skool het die onderwysers gesê lees die hele vraestel voor jy antwoord.
Die kaartjies teen R800 is n spesiale vertoning op 28 November vir borgskap om MTN se borgskap te vervang. Ander vertonings sal nie R800 n kaartjie wees nie.

Susan ·

Ja, die ander konserte se kaartjies kos nie R800 elk nie. Hulle kos R1500 – R2000 elk! Dubbel soveel soos die spesiale fondsinsameling konsert. Dis belaglik! Boikot AIG!!!

Spikkels ·

Susan waar kom jy daaraan die kaartjies is glad nie die pryse wat jy noem nie. Ai tog vrou

Koos ·

Susan is reg. Daar is web sites wat kaartjies verkoop vir meer as R1500. Die oorspronklike goedkoper kaartjies op Computicket word deur sekere persone/websites in massas opgekoop sodra dit beskikbaar is. Dan verkoop hulle dit weer teen 3 x die prys. Jy gaan nie nou sommer meer goeie sitplekke langs mekaar kry op Computicket nie.

GM van Rooyen ·

Kom ons kyk nou of Afrikaners R800 vir ‘n kaartjie gaan betaal. Baie was beried om tot R1200 vir Ed Sheeran te betaal.

Pierre ·

@GM, Ed is op n totale ander vlak as die afrikaners. Het R1985 betaal vir VIP, en sal weer.

Elmarie ·

Mense gaan lees weer die artikel.
As ek reg verstaan word daar een eksklusiewe vertoning, op 28 November gehou teen R800, so dis vir diegene wat bereid is om R800 te betaal en sodoende ook die konsert Borg.
Die res van die vertonings is teen die gewone prys.
Die winste daarvan gaan aan Helpende Hand.
Doen so voort AIG.
So ironies, AIG het nog nooit iets met politiek te doen gehad nie, dis bloot ons liefde vir wonderlike musiek. n Jaarlikse Hoogtepunt om na uit te sien!

Linda ·

MTN Het groot finansieele probleme en het gewag vir die regte oomblik om te onttrek. Hul aandele het drasties geval agv swak bestuursbesluite in Nigeria en elders. Eintlk is hulle nie welkom in Suid-Afrika nie !!! Ek is bly oor vandag se besluit !!!

kolla ·

Grote Griet, wie betaal R800 per kaartjie om ‘n klomp locals te gaan kyk? Ha, ha. Lagwekkend.

TvA ·

Kolla
As jy nie geld het nie, moet jy n beter verskoning kry.

Alida ·

Lees die artikel mense. Dit is net die EEN vertoning wat R800 pp kos. Julle ruk nou weer die dam onder die eend uit. Niemand verplig jou om te gaan nie. Speel jou game by jou huis.

Penellope Jones ·

Is maar reg so.
Swem saam in die stroom en verloor sodoende die swemstryd.
Laat Lesufi maar sy sin kry, dis skynbaar baie belangrik . . . . .

Wiehan ·

Sien Toyota on trek ook. Sterkte Toyota, kyk wat gebeur as ons Afrikaners ons geld weg vat. Toyota moet net onthou wie hom op gebou het tot wat hy vandag is. Toyota is al net so duur soon Duitse voertuie, maar beslis nie dit werd nie. Ek ry Italians, al vir 38 jaar en sal daar by. As ek moet verander gaan ek Amerikaans.

kolla ·

Sjoe, MTN en Toyota is goeie en groot borge om te verloor en jy kan maar vergeet hulle sal ook nie weer die vertoning in die toekoms borg nie. Dat daar geen ander groot borge intussen na vore gekom het nie is kommerwekkend. Eina.

Fanie Kemp ·

Lees/kyk asseblief wat presies op die nuuskonferensie aangekondig is.
Dit is ‘n spesiale konsert saam met ondermeer Solidariteit Helpende Hand en die publiek word gevra om as Borge op te tree met spesiale doel.
Die publiek wat die saak van AIG steun teen die boelietaktiek van groot maatskappye wat swig voor Polities korrekte druk vervang dus die gewese borge.
Helpende Hand is immers ‘n organisasie wat enorme bydrae lewer tot die armoede verligting van gesinne uit ons eie gemeenskappe.

Jabes ·

Dankie aan Panyasi Lesufi, MTN en Toyota wat Afrikaners die harnas in jaag en laat opstaan!

En moenie so seker wees nie Toyota en MTN. Ons is dalk 4% van die bevolking maar ons koopkrag is nader aan 40%.

Ek is bevoorreg om ‘n maatskappy met ‘n motorvloot te besit. Bye bye Toyota. Ons het ook ‘n kettinggroepwinkels waarvoor ons modems, routers en lugtyd koop sowel as personeel met MTN fone. Bye, bye MTN.

Piet ·

Mooi Jabes ek hou van wat ek hoor en sien Hoop jou besigheid gaan van krag tot krag

Minnie Venter ·

Ek staan agter AIG.. kan ongelukkig net nie bydraes maak nie. Is afgetree. Sterkte!!

kolla ·

Ek sien Land Rover en Pick ‘n Pay het ook in 2015 onttrek nadat Steve ge”tweet” het dat swartmense die argitekte van apartheid was. Eish.

Linda ·

Daar staan ek nou in die oggende in die hartjie van Parktown nadat ek my BMW geparkeer het, en ek sien n vloot Uber Taxis, amper wil ek Leon Schuster se lied, Taxi, skree, dan sien ek die vloot is n klomp Toyota Lexus Taxis, wat n ‘sight for sore eyes, en ek dink aan daai ou Cressida Toyotas !!! Dan is ek bly ek het iets vir die oog, n nuwe blou BMW !!!

Linda ·

Toyota maak vreeslike lelike karre, ek soek nie eens n gekaapte een verniet nie !!! Sal nie my geld op so iets uitmors nie !!!

cb ·

Jaco, Dit gaan nie oor wie suinig is en wie nie. Baie mense kan dit net eenvouding nie bekostig nie. As jy kan, dan is ons bly vir jou. Al wat ek wil sien, is dat alle Afrikaners die geleentheid sal kry om na die vertoning te kyk. Hoop hulle stel gou-gou n cd vry wat die hele vertoning dek om meer mense in staat te stel om te kyk. En Toyota/MTN, julle het seker nie mooi gekyk wat met Spur gebeur het nadata hulle die Afrikaner te na gekom het nie.

jaco kruger ·

Ek dink die R800 is bilik. vir soveel verskeidenheid van sangers. Ons moet iewers ons afrikaanse sangers ondersteun en finansieel ook help, dis moeilik en swaar vir hul daar buite. Ons, wat kan, moet ons eie taal ondersteun, niemand anders gaan nie. Ekt vir U2 amper R1500 n kaartjie betaal, vir 30seconds to mars dink ek was dit R950, Joe Cocker R900, Oppikoppi R850 vir naweek (nie te bad) en teazers nooit minder as ‘n R1000 (; Dus om so baie sangers/optreders te sien in een aand, vir R800, is vir my die moiete werd, ons het die hele jaar om R100/R200 ‘n maand te spaar vir so ‘n gebeurtenis wat ‘n lekker outing is. Lollos is nogsteeds die goedkoopste teen R150 per persoon, maar eks al moeg vir daai liedjies.

Om te borg of nie te borg nie ·

As jy dit kan bekostig om daai konsert kaartjies te koop en jy wil dit gaan kyk – GAAN! As jy hulle kan borg met die R800 kaartjie vir daai konsert – DOEN DIT. Hoekom moet almal mekaar altyd probeer oortuig van hul opinies en hulle standpunte??? Doen dit of los dit! Ja party kan dit bekostig, ander kan nie. Hoekom is dit ‘n debat – dis nie asof jou opinie ewe skielik die arm ou meer geld in sy sak gaan gee nie. Ook nie of jy die ryk ou gaan oortuig dis nie die moeite werd nie. Genade! Ek dink ons is so gewoond aan stry en baklei en opinies lug en selfsugtig wees dat ons vergeet het hoe om normaal te wees. Tree normaal op en dink aan die ander ou. Die punt wat almal mis is dat ‘n boelie iemand wou voorskryf wat om te doen onder die vaandel van rasisme, maar dieselfde geld nie vir ‘n ander ou nie. En hy het almal probeer spite daarmee en gaan dit nou nie regkry nie. Dis die punt. Nie of jy vir of teen AIG is nie en verseker nie die pryse van die kaatjies nie. Ek dink dis vandat redenaars op skole aangebied word dat ons almal so opiniated geword het – alles is ‘n ‘vir’ of ‘teen’ issue. NEE DIT IS NIE. Met party goed kan jy regit jou opinie vir jouself hou – jy sal ok wees ek belowe…

Doringboom ·

Ek sal ook graag ‘n AIG konsert wil bywoon, maar dan wonder ek ook wat ek nou eintlik daar wil gaan soek. My smaak in die meeste afrikaanse musiek (en musiekmakers) het al jare gelede uit die bus geval!

Christien ·

Almal klink ook eenders so met die Engels as hooftaal in elke ” song ” !

Karl ·

Kyk!! Daar’s Karlien, dit is al n WEEK vandat sy haar lewe weer vir HG verkoop het.

Sakkie ·

‘n Mens sou reken dat hulle uit die verlede sou leer. Na 1901 het die Engelse dieselfde ding probeer en die Afrikaner het net sterker en sterker terug gekom. Probeer ons in ‘n hoek dryf met al julle (Regering) anti wit wette en ons raak net meer vasbeslote en vasberade om terug te kom.

Christien ·

As die mense nie sulke swak Afrikaans….meer Engels……..gebruik het nie , dalk. Bevorder nie Afrikaans nie !

Baby, as jy Afrikaans love, like en share……………in jou summer cotton dress !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.