AiG-konserte in Kaap uitgestel  

Die Afrikaans is Groot-verhoog in Pretoria. (Foto: Henry Engelbrecht)

Die Afrikaans is Groot-musiekkonserte wat volgende maand in Kaapstad sou plaasvind, is uitgestel.

Kaartjiehouers is per e-pos in kennis gestel dat die konserte voorlopig uitgestel is “weens onvoorsiene logistieke uitdagings”.

Johan C Venter, woordvoerder van AiG, het bevestig die konserte is uitgestel, maar het benadruk dat dit nie afgestel is nie.

Die besluit is geneem omdat daar ʼn moontlikheid is dat dié konserte nie sou voldoen aan gehore se verwagtinge nie.

“Die Pretoria-konserte het ʼn verwagting by konsertgangers geskep. Ons is nou op ʼn plek waar mense meer ongelukkig sou wees as die konserte sou voortgaan en dit is nie op dieselfde standaard as Pretoria nie, as dat die konserte net uitgestel word.

“Dit was ʼn baie moeilike besluit vir die bestuur en dit het ons in ʼn ‘Catch 22’-situasie geplaas, maar ons het gister toe wel besluit om die konserte eerder uit te stel.

“Ons het net e-posse gestuur aan die mense wat reeds kaartjies gekoop het vir die konserte in Kaapstad, maar het geen amptelike mediaverklaring uitgereik of aankondiging hieroor gedoen nie.”

In die e-pos wat aan kaartjiehouers gestuur is, het AiG ook gesê die derduisende kaartjiehouers sal ten volle deur Computicket terugbetaal word. AiG het ook gesê meer inligting sal later bekend gemaak word.

Die AiG-konserte in Pretoria is einde November in die Sun Arena by Time Square in Pretoria gehou.

Die Kaapse konserte sou op Saterdag 21 Maart en Sondag 22 Maart by GrandWest plaasgevind het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Berdéhan ·

Goeie besluit. As AIG in die weegskaal is oor die teenwoordigheid of afwesigheid van SH (of enigsins daardeur bepaal word), is die besluit goed. Daar ís talentvolle kunstenaars wat sukses bereik sonder politiekery of ñ agenda.

charmaine ·

Nou gaan die kunstenaars huil oor hulle “salarisse”.Gee die spasie vir Steve sien hoe vinnig word dit volgepak.

Amanda ·

Toe Steve eerder onttrek sodat ander kunstenaars se sakke nie geraak kan word as Grand Arena en wie ookal swig voor politieke inmenging nie, toe word hul sakke in elk geval geraak omdat die publiek hulle stem dik gemaak het ????.

Moedeloos ·

Nerens lees ek dat Steve betrokke is nie. Hoekom so aanvallend teenoor hom? Al wat ek tussen die lyne lees is dat al die kunstenaars wat in Pretoria opgetree het nie in Kaapstad optree nie. So die verwagting deur AIG word geskep dat dit nie dieselfde gehalte sal wees nie.

Magda ·

Steve – Steve Steve – sal ook nie daar wees sonder jou nie.

Leon ·

Hulle wil mos Steve veroordeel en uitsluit. Nou sukkel hulle. Steve was ‘n anker vir AIG.

Sarel ·

Ag toggie nou is die spul met hulle maagpyne werr daar om te kritiseer. Iewers klokkie hoor lui maar weet nie waar die bel hang nie. Lees tog asb.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.