Airlink-vlugte na Polokwane opgeskort oor probleme by lughawe

(Argieffoto: SA Airlink/Facebook)

Die private streekslugdiens Airlink het dadelik alle vlugte na Polokwane opgeskort.

Airlink sê in ʼn verklaring die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het vandeesweek kennis gegee die status van die lughawe word tot CAT2 verlaag. Dit is laer as die minimum vlak wat vereis word vir kommersiële lugrederye.

“Die huidige status van die lughawe hou ʼn bedryfsgevaar in en dit sal onwettig wees om geskeduleerde dienste by die lughawe te bedryf,” sê die redery.

Airlink sê ook dit is betreurenswaardig dat die lughawe hom nie vooraf gewaarsku het dat dit moontlik binnekort nie meer die vermoë gaan hê om die minimum vlak van nooddienste te verskaf wat nodig is om sy lisensie in die hoër kategorie te behou nie.

Die redery het reeds ondersoek ingestel na of hy vlugte na die Pietersburg-vliegveld kan herlei. Dit bied egter ook geen brandreddingsdiens nie en mag gevolglik ook nie geskeduleerde kommersiële vlugte aanvaar nie.

Die redery sê hy sal saam met die Polokwane-lughawe werk om te bepaal wanneer hy die voldoeningsprobleme gaan oplos en weer sy status kan terugkry om kommersiële vlugte te hanteer.

“Onder die omstandighede moet Airlink tot sy spyt vandag sy dienste opskort.”

Daar is geen duidelikheid oor wanneer die situasie gaan verander nie.

“Ons vra ons klante om verskoning vir enige ongerief wat deur die opskort van die diens veroorsaak is,” sê Rodger Foster, besturende direkteur van Airlink.

  • Passasiers met bevestigde kaartjies op die gekanselleerde vlugte kan die besprekingsagent, reisagent of Airlink se besprekingskantoor by 011 451 7300 kontak. Navrae oor terugbetalings kan gerig word aan [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Kokerboom

Dis niks nuuts!!!Dis hoe die land bestuur word!

Sarel

Wat gazn die beste wees. Ek het reeds span Osse, miet ek Ossewa laat nou of Disselboom azn Karrevaan laat aanbring

Blikkies

Hoekom het hy in die eerste plek sy status verloor…..

Nie Verbaas

Wonder wie bedryf die lughawe. Absoluut alles waaraan ANC vat eindig in n gemors.