Ajay Gupta, ander verdagtes nou ‘enige tyd’ vas

Fikile Mbalula, minister van polisie (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Die polisie het die afgelope naweek gesê hy beskou Ajay Gupta as ʼn voortvlugtige aangesien hy “kat en muis” met die owerhede speel sedert die Valke met sy regsverteenwoordigers in verbinding getree het.

Fikile Mbalula, minister van polisie, het in ʼn regstreekse SABC-onderhoud gesê ʼn lasbrief is vir Gupta en vier ander verdagtes se inhegtenisneming uitgereik. Dié verdagtes word verbind met die omstrede Vrede-suiwelprojek.

ʼn Neef van die Gupta-broers en sewe ander mense het reeds verlede week in die landdroshof in Bloemfontein verskyn nadat die Valke klopjagte op die Guptas se huis in Saxonwold en ander persele uitgevoer het.

Gupta was veronderstel om ook in die hof te verskyn, maar het volgens die polisie “versuim om hom aan die polisie oor te gee soos wat met sy regsverteenwoordigers ooreengekom is”.

Mbalula het in die onderhoud gesê die polisie verneem dat die vyf verdagtes in onder meer Dubai, China en Indië is.

“Die polisie sal nie ontspan nie. Die polisie sal die verdagtes opspoor waar hulle ook al is en hulle sal dan verhoor word. Hulle moet besef hulle is nie onaantasbaar nie. Dit maak nie saak wie jy is nie – as jy skuldig is, moet jy boet.”

Mbalula het gesê inhegtenisnemings kan nou “enige tyd” plaasvind. Die polisie is op hoëgereedheidsgrondslag om enige oomblik toe te slaan.

“Hierdie geld was die geld van die belastingbetalers. Dit was geld wat veronderstel was om arm mense – veral swart mense – te bevoordeel en te bemagtig. Die polisie mag nie toelaat dat die skuldiges daarmee wegkom nie.”

Die polisie is ook in verbinding met ander internasionale wetstoepassingsagentskappe soos Interpol.

Mbalula het gewaarsku dat die polisie besig is met ʼn veldtog om korrupsie ʼn nekslag toe te dien en het gesê die kommissie van ondersoek na staatskaping sal ook nog ʼn paar oë laat rek.

Die name van die ander verdagtes is nog nie bekend gemaak nie. Volgens berigte word daar ook gesoek na oudpres. Jacob Zuma se seun, Duduzane.

Intussen het die forensiese speurder, Paul O’Sullivan, en die uitvoerende hoof van Sygnia, Magda Wierzycka, verskeie belonings uitgeloof ter gesamentlike waarde van nagenoeg R2 miljoen.

Wierzycka het onder meer R200 000 aangebied vir een van Gupta se lyfwagte wat met die polisie in verbinding tree oor waar hy homself bevind en R200 000 vir die eerste beskuldigde in die Vrede-suiwelprojek om staatsgetuie te word.

Die Valke het hulself intussen gedistansieer van die belonings.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Rudel du Preez ·

Hel hulle kom darem maklik weg,sal seker nooit weer van hulle hoor nie

Alida ·

Dit is deesdae so maklik om oor die Zim, Botswane of Lesotho grens te loop. Die SAPD hoef nie ver te soek nie.Die beamptes val maklik vir n paar duisend rand en glo my daai makkers HET geld.

Pieter ·

Maklik, konfiskeer alle eiendomme en bankrekeninge ,die Guptas sal gou terugkom. Zuma ook.

lizl ·

Grootste gedeelte van die polisie mag kan nie lees of skryf nie… en die wat kan hou uitgebreide lunchtye… naatuurlik sal ons die guptas nie gou weer sien. Plaas konfiskeer die staat nou hulle myne en eiendom. Hy is mos voortvlugtig, en het hom skuldig gemaak aan staatskaping

Andre ·

Die Geld was vir arm mense bedoel, arm swart mense,laat mens net wonder hoe sien die regering blankes, as altyd n groep met baie of genoeg geld of bestaan armoede nie in die blanke gemeenskap nie.

Freud ·

Nog ñ joker. As hulle land uit is dan is daar geen manier dat hulle nou enige tyd in hegtenis genoem gaan word nie. Ek is nie seker of hy n grap maak en of ek hom moet jammer kry oor sy uitlatings nie.

Riaan ·

Die manne is dan klaar in Dubai!!!… wat geen uitlewering ooreenkoms met SA het nie!!!!……Jy yl Fikile…..

Sarel Strydom ·

Was dit onbevoegdheid of iets andérs. Hoekom nie Reisdokumente gekonfiskeer nie. Julle sal die manne nie weer sien nie. So was hulle met opset toegelaat om die land te verlaat? Zuma & Kie is volgende.

Satnav ·

Ek sou bitter graag wou sien hoe SA se bekwame polisie in China of Indie die verdagtes sal soek en suksesvol opspoor en vervolg. Ek stem saam dat die enigste kans wat hulle enige van die voorvlugtiges sal opspoor is om hulle bates te vries. Dis ook makliker gese as gedaan, maar beslis meer realisties as om ‘n taakspan oorsee te stuur… me thinks!

christa ·

Zuma is volgende. Hoekom nie ‘n beter polisie kommesaris aanstel nie. Iemand wat kan, nie iemand wat wil, nie.

Matt ·

…. wonder maar net oor die plaas tussen Bethlehem en Clarens wat glo deur die ANC (Vrystaat) as Lodge ontwikkel sou word en waarop daar skynbaar ook miljoene spandeer is, maar ook net nie van die grond af (of aan die gang) kan kom nie!!!

vasbyt ·

Iemand het die Guptas en Zuma maatjie kans gegee om te ontsnap deur hulle’n “tip-Off” e gee. Wonder of ou Frikkie gedink het dat dit ‘n moontlikheid kan wees.
Vang sy hulle nie vang nie – daarvoor is hy heeltemal te rugraatloos.
Plaas dat hy sy aandag aan al die plaasaanvalle en aanvalle op blankes spits – gaan hy nou op ‘n wild goose chase gaan – want die ouens wat land-uit is is te slim vir hom.
Kry iemand wat professioneel is ou.

jack daniel ·

As die hele polisiemag op die soek is vir die vlugtelinge waar kry Fikile nog tyd vir ‘n nuuskonferensie of wag hy op die publiek se hulp.
Hulle moet miskien op nkandla in zuma se bunker gaan soek. Wie weet…miskien kruip gupta en bende daar weg? ?

Ben ·

O my genade – red ons met hierdie joker!!
Groot Meneer!
Jy kan nie eers ‘n dent in die crime in S A maak nie en jy wil die lot skelms vang!!
Hulle is te slim vir jou!
Face it!

anti verrotting ·

Iemand het vir die skelms gese wanneer om te vlug.
Hoe het hulle presies geweet wanneer om te hardloop?
Iemand moes hulle gewaarsku het. – dalk iemand by die Hawks?
Probeer uitvind wie dit is Frikkie.???
As jy kan???

Oom Piet ·

Ek wonder as die geld nie wan aangewend was nie en dit gebruik was vir die doel waarvoor dit bestem was en na die regte mense gegaan het , hoe sou die boerdey vandag gelyk het , sou dit ‘n sukses gewees het .

J ·

” berug lees veral swart mense te bevorder” is witmense dan ook nie deel van die groter Suid Afrika nie. Wonder ook maar.

Ouman ·

Die minister droom. Ek twyfel nie vir ‘n oomblik dat die Guptas gewaarsku is om pad te gee nie. Hy moet eerder verduidelik wie vir sy vakansie in Dubai betaal het. Ou Zuma kry nou vir alles die skuld maar die ANC bende in die parlement het hom vir baie jare beskerm en is net so skuldig.

Pieta ·

Ek verstaan Ajay het hom aan die polisie oorgegee en toe aangedring op die beloning!!! Haha.

jan ·

zuma het seker ook n vinger in die pie gehad.seker gemaak die guptas en sy seun is veilig
land uit en toe bedank. iemand moes hulle gehelp het seker ook met n militere vliegtuig weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.