Ajay Gupta glo vir ander saak as Estina gesoek

Ajay en Atul Gupta (Foto: ANA)

Die voortvlugtige Ajay Gupta word ook gesoek vir ʼn korrupsiesaak wat nie verband hou met die omstrede Estina-suiwelplaasprojek in Vrede in die Vrystaat nie. Dít is volgens lt.genl. Yolisa Mtakata, waarnemende hoof van die Valke.

“Daar is verskeie gevoelens en sienswyses verbonde aan die ondersoek. Ons respekteer die verskillende sienings en opinies, maar ons as die Valke – wat besig is met die ondersoek – is die enigstes wat met outoriteit oor die ondersoek kan praat,” het Matakata tydens ʼn perskonferensie gesê.

Matakata het gesê sy wil die nasie die versekering gee dat hulle as die Valke nie beïnvloed word nie. Nie polities of andersins nie. “Al ons ondersoeke word bekwaam, eerlik, onafhanklik en sonder enige invloed van buite gedoen. Ons sal aanhou om komplekse sake sonder vrees of bevoordeling te ondersoek.”

Volgens haar is die lasbrief vir Ajay se inhegtenisname steeds van krag. “In dié stadium is die ondersoekspan besig om te skakel met sy prokureurs wat vir ons geskryf het, en ons het daarvolgens reageer.”

Matakata se opmerkings kom in teenstelling met dié wat Fikile Mbalula, minister van polisie, verlede week gemaak het – dat Gupta gesoek word in verband met die saak aangaande die Vrede-suiwelplaas.

Matakata het gesê agt verdagtes is op 14 Februarie in verband met dié saak in hegtenis geneem en dat vyf nog voortvlugtig is. Sy het nie dié vyf se name genoem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

Welkom in VEETJIE LAND waar die polisie en die bervolgings kaboutets nie een weet wat wie wanneer hoekom doen nie. En dan kom al die trolle en gifappelkies weg want HULLE weet presies wat hulle gedoen het en haan doen om weg te kom. ANC LEGACY van onbekwame kaders loslaat in en om ons land.

Elsie ·

Ja swaer hiervan gaan ook niks kom……geld is belangriker as reg en verkeerd, beginsels en standaarde. Tot die gewete Het sy prys……kyk uit hier kom die gekonkel en onderduimsheid…..soos altyd

Luister ·

Waarom het dit hulle, (Valke), so lank geneem?
Die gespuis, (Guptas en trawante), het baie tyd gehad om bewyse te vernietig, en om baie geld die land uit te neem!

Quintus ·

Soos Martino – Kul jou hier, kul jou daar – en sien daar !

Siener van Melbourne ·

Nog ‘n tipiese Shaik geval. As die “Grope”tas skuldig is aan bedrog, dan behoort die ministers wat die geleentheid geskep het, soos Zuma, ook vervolg te word. Ek gaan nou maar omdraai en verder droom.

LV ·

En julle verwag ons moet julle sommer nou glo? Vir maande is daar niks aan die sake gedoen nie,nou ewe skielik is daar n ondersoek. Julle weet nie nie eens wie op watter sake verbind word nie.

Alida ·

Trap hulle vas en deporteer hulle terug Dubai toe. Hulle het ons land op sy kniee met hul skelm streke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.