Akademia ken 157 kwalifikasies toe

ʼn Totaal van 157 studente ontvang vanjaar hulle kwalifikasies tydens Akademia se kwalifikasieplegtighede wat op 12 April gehou is. V.l.n.r. is van Akademia se dosente, René de Klerk, Henrike Putter, Erik Heppell, Elzette le Roux, Chazanne Grobler en Felicia Snyman, tydens hierdie geleentheid. Foto: Verskaf.

Altesaam 52 grade, tien gevorderde diplomas, vier diplomas en 91 hoër sertifikate is vanjaar by Akademia se jaarlikse kwalifikasieplegtighede toegeken.

Volgens Marthinus Visser, besturende direkteur by Akademia, het die private hoëronderwysinstelling reeds ʼn lang paadjie gestap van die eerste plegtigheid in 2013 waar tien kwalifikasies toegeken is, teenoor vanjaar se plegtighede waar 157 studente hulle kwalifikasies Vrydag ontvang het.

Dr. Pierre Edwards, voormalige skoolhoof by die Afrikaanse Hoër Seunskool en onderwyskenner, was die gasspreker by hierdie geleentheid. Edwards se toespraak het afgestudeerdes gemotiveer om hulle kwalifikasies as instrument te gebruik om hul roepings na te streef en ʼn daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak.

Die oorgrote meerderheid van Akademia se studente werk terwyl hulle studeer.

“Daarom is ons trots op alumni wat hard gewerk het om hulle kwalifikasies te voltooi,” het Visser gesê. Om boonop ʼn toppresteer te wees, verg nóg meer toewyding en deursettingsvermoë – daarom word toppresteerders vir hulle uitnemende akademiese prestasies tydens die instansie se eerste prestige-aand vereer.

Jaco Oosthuizen het die beste prestasie in die BCom (Ondernemingsbestuur)-program behaal. ʼn Spesiale toekenning is aan Lené Ferreira oorhandig vir die beste gemiddeld in die BCom (Bestuursrekeningkunde)-program. Pieter Wentzel, wat as afgestudeerde meganiese ingenieur by Akademia aangesluit het, is as die topstudent in die Gevorderde Diploma in Projekbestuur aangewys. Susan Wilkinson ontvang die toppresteerdertoekenning vir uitnemendheid in die Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie, terwyl Marisa Abeln wegstap met dieselfde toekenning vir die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde.

Akademia het in die instelling se eerste akademiese jaar in 2012 met slegs 35 studente afgeskop, en vanjaar is die instelling trots om meer as ʼn 1 000 ingeskrewe studente te hê.

Visser meen hierdie groei in getalle is tekenend van Akademia se suksesresep wat elke akademiese jaar verbeter en verfyn word. “Een van hierdie suksesse is die toevoeging tot die bestaande nauurse rooster, die blokrooster, wat verlede jaar bekendgestel is. Hierdie rooster het ten doel om afstandsonderrig in Afrikaans vir studente wat weens verskeie omstandighede nie nauurs kontaksessies kan bywoon nie nóg meer toeganklik te maak.

“Akademia is trots op die studente wat afstudeer het en opgewonde vir wat die toekoms vir die instelling, die personeel en studente inhou,” het hy bygevoeg.

Visser meen dat die instelling met blydskap uitsien om nog meer gegradueerdes te lewer wat die arbeidsmark in sy veelheid van segmente suksesvol sal betree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Stephan de S ·

Is so opgewonde en dankbaar oor Akademia se vordering. Dankie aan almal betrokke. Dit is een vd grootste waarborge dat ons afrikaanse erfenis sal voort bestaan.
Salueer julle!

willem Botha ·

Positiewe nuus,bou so voort begin om laerskole en hoërskole op te bou en verbreed die studie opsies by akademie.Die instansies moet finansieel ondersteun word en die vrugte sal gepluk word,hou so aan

willem Botha ·

Positiewe nuus,bou so voort begin om laerskole en hoërskole op te bou en verbreed die studie opsies by akademia.Die instansies moet finansieel ondersteun word en die vrugte sal gepluk word,hou so aan

alwyn burger ·

Wel gedaan Akademia!!. Miskien breek die dag aan dat slegs Akademia se grade in die buiteland erken sal word!?

fred ·

Malema neem notisie,die meeste van hierdie studente werk nog gedurende hulle studies……hulle is BAIE “SPECIAL”
Well Done..ons is baie trots op julle

Rina Kotze ·

Wel gedaan aan al die studente!

Die maklik om te werk én te studeer nie!!!

JAN ·

Wonderlike goeie nuus. Wat ek weet is dat die matrieks van BCVO se standaard so hoog is dat hulle wêreldwyd werk kry en opgeraap by universiteite selfs voordat hulle klaar is. . Dis die voedingsbron van Akademia.
Veelseggend bewys dat die outjies reeds werk en studeer. Gesogde kwalifikasies is waardevolste.
Laat ons hulle met oorgawe ondersteun.

koos ·

WAAR gaan hulle almal werk kry? hier in SA gaan amper al daardie 157 gegradueerdes die wind sterk van voor kry met hulle “verkeerde” velkleur. MAAR nie almal kan vinnig europa of amerika of australie toe verhuis nie.
Ek het, om die gedurige regstellende aksie verskonings gedeeltelik te omseil, die volgende gedoen:
1. ek het my 2 universiteitsgrade VERWYDER. Vier jaar se studie het ek verander na 3 jaar en daardie 3 jaar bloot beskryf as “studied at university”
2. een jaar militere diensplig word op my CV aangedui as 2 jaar. so dek ek die “ver;pre” 4de jaar op universiteit
3. Ek het aanpassings gedoen oor my werksondervinding, deur dit na gewone “mediocre” goed te laat lyk wat ek gedoen het.

Basies het ek myself laat “dommer” lyk.

En raai wat, eks NOOIT uitgevra oor wat ek 3 jaar op universiteit gedoen het of bereik het nie en ek het weer ordentlike werk gekry wat nogal goed betaal ook.

Charmain ·

Ek moedig graag hierdie gekwalifiseerdes aan om hul studies voort te sit en hul tot die hoogste vlak te bekwaam. Heelwat studiegeleenthede in die buiteland ook beskikbaar met finansiële hulp – ondersoek dit en neem ingeligte besluite. Baie geluk!

thea ·

so trots . welgedaan
hierdie uitslae beteken iets
Akademia is die plek

Kediksie ·

Dit is nou geldjies wat ek elke maand bydra wel spandeer. Baie, baie geluk aan almal!

Kaaskop ·

Baie geluk aan elke student asook Akademia!! Ons nugterdenkende groepie Afrikaners is vreeslik trots op julle!

Hanna Hoekom ·

Ek is SO trots op hierdie studente! Solank ons volkie aanhou presteer en uitblink, sal mense soos Malema (en trawante) bly vuur spoeg agv hul minderwaardigheids kompleks. Baie dankie dat julle nie jul kampus afgebrand en alles ge-demand het nie. Slegs meriete en harde werk! Julle is tops!

jaco ·

WAAR gaan al die mense werk kry? Oorsee gaan is nie vir almal beskore nie. Met die “verkeerde” velkleur gaan hulle wonderlike grade hulle NIKS help nie. Vra my, ek weet. eks n paar maal deur daardie nare ervarings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.