Akademia: Nóg ʼn BCom-graadkursus

akademia

Foto: Reint Dykema

Akademia het aangekondig dat die eerste studente vir sy jongste graadkursus, BCom (Ekonomie en Regte), in April aanvaar is. Hierdie graad word vanaf 2017 aangebied en verdere aansoeke word ingewag.

Dié BCom (Ekonomie en Regte) is Akademia se derde graadkursus. Dit volg op die instelling van BCom (Ondernemingsbestuur) in 2014 en BCom (Bestuursrekeningkunde) in 2015. Al Akademia se studieprogramme is behoorlik geakkrediteer volgens dieselfde akkreditasieproses wat alle openbare universiteite se kursusse beoordeel.

Die BCom (Ekonomie en Regte) is ʼn graad wat studente vertroud maak met beginsels van ekonomie en regte en die toepassing daarvan in die sakewêreld. Dit lê ook die grondslag vir nagraadse spesialisering op albei terreine.

Die koste per jaar beloop slegs R31 400, wat ʼn tabletrekenaar en internettoegang by Akademia se studiesentrums insluit. Studente woon kontaksessies in enige van Akademia se sewe studiesentrums landwyd by.

Klasse word nauurs en Saterdae aangebied, sodat skoolverlaters reeds tydens hul studie ʼn inkomste kan verdien en werkservaring opdoen; en sodat diegene wat reeds werk sonder onderbreking van diens kan studeer.

Akademia ontwikkel tans verdere grade en aankondigings oor nuwe akkreditasies sal later vanjaar gemaak word.

Besoek Akademia se programblad vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

SP Viljoen ·

Wel-ge-daan! Bravo! Kan nie wag vir die MBA in Afrikaans nie!

Stormrider ·

Ek huil sommer van blydskap – jy kan nie ‘n intelligente Afrikaner onderdruk nie! Fantasties mense – doen so voort!

My bydrae ·

FANTASTIES! Hou nou aub net álle negatiewe en kriminele elemente weg

JC ·

Fantasties!Akademia gaan nog een van die grotes word!
Ek raai enigeen aan om asseblief, indien moontlik, donasies aan hierdie uitstekende Universiteit kollege te maak. Belangstellendes kan net gaan loer op hul webblad vir die nodige besonderhede.
Ek self maak elke maand klein bydraes tot Akademia. Elke bietjie help!
DANKIE AKADEMIA!

Frik van SA ·

So sal ons as Afrikaners weer opstaan en vir ons self sorg. Welgedaan !

Lance ·

Dit is net WONDERLIK !! So trots ….daar maak ons n plan wat SO goed werk …terwyl ander met GROOT probleme sit en deur skurke en substandaard probleme sit deur mense in rooi pakkies wat net wil breek en niks kan of wil opbou nie

B ·

Dis altyd beter om alles self te doen in die land.Dis al ons dit sal maak..#self doen..Welgedaan akedemia!Ons afrikaners sal n super universiteit aan mekaar sit wat met die res van die wereld sin kan meeding!!Trot om ñ Suid-afrikaner te wees en deel te wees van julle…Akedemia..Afriforum en Solidariteit.Bou so voort!

yster 74 ·

DANKIE julle! Dis uiters positief. Ons kinders wil leer en het nie tyd vir nonsense nie. Hoe meer jy n afrikaner onderdruk hoe meer haal jy die goeie beste uit hom.

Xa ·

Soos die ander universiteite ons uitdruk, kom ons skuif ons alumni bydraes oor na Akademia.

Zach Coetzee ·

Elke bydrae tel! Maak ‘n aftrekorder vir paar honderd rand elke maand – met genoeg deelnemers groei dit tot ‘n betekenisvolle stroom. Hierdie is ‘n prioriteit saak. Gooi jou gewig daaragter.

Piet ·

Wonderlik. Ek kan my nie indink dat die Maties en Ikeys se verkragtingskultuur hier gaan gebeur nie. Ek is bereid om elke maand finansiële bydraes te maak.

Jan maak n Plan ·

Dis mos nou hoe “n Boer” die ding doen ne – tog te pragtig. Wat is julle planne met kursusse soos regte en geneeskunde?

Anika ·

Fantasties !!! Wys jou net wat kan gedoen word !! Party bou op, en “ander” breek af en steek aan die brand !!

Therina Grüner ·

Enige kans vir afstand onderrig….soos UNISA konsep?

JCS ·

Dit is afstand onderrig. Daar is huidiglik 7 lokale landswyd. Die onderrig gebeur oor video, maar vrae kan gevra word. Take word elektronies ingehandig en toetse gebeur ook elektronies. Kyk op Akademia se webwerf waar lokale is.

Xa ·

Ek wil ook baie graag weet of daar afstandsonderrig planne is? Dit sal verseker help om Afrikaanse studie toeganklik vir selfs nog baie meer mense te maak, en dit is die toekoms van studie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.