Akademia wen internasionale toekenning

akademia

(Argieffoto ter illustrasie: Reint Dykema)

Die private hoër onderwysinstelling Akademia is vereer met ʼn toekenning van die Chartered Institute of Management Accountants (CIMA) vir onderriguitnemendheid.

Die toekenning vir Groeplandkampioen is tydens ʼn virtuele toekenningsplegtigheid ontvang. Dit gee erkenning aan akademici wat bestuursrekeningkunde doseer vir hul bydraes tot onderrig en hul toewyding om studente by te staan om hul CIMA-kwalifikasie te voltooi.

Die CIMA is ʼn professionele liggaam vir bestuursrekenmeesters.

Dié toekennings vir uitnemendheid vier akademiese vennote, onderriginstellings en studente wat die afgelope jaar ʼn belangrike bydrae gelewer het tot die rekenmeestersberoep asook tot CIMA self. Die toekennings beklemtoon onderrig, navorsing en leer in rekeningkundige opleiding van die hoogste gehalte.

“Dit is vir Akademia ʼn groot voorreg om in samewerking met CIMA ʼn hoë gehalte van onderrig te handhaaf. CIMA stel ʼn voorbeeld van ʼn professionele liggaam wat ontwikkel en aanpas, terwyl wêreldgehaltestandaarde gehandhaaf word,” sê Rika Nieuwoudt, departementshoof van ekonomie en finansiële wetenskappe aan Akademia.

“Akademia aanvaar graag die leiding van CIMA se navorsing oor die jongste neigings in toekomstige finansiële beroepe. Sodoende verseker ons dat die toekomstige graduandi van Akademia gereed is vir die werkplek sodat hulle onvervangbare waarde tot enige instansie kan voeg.”

Andrew Harding, uitvoerende hoof van bestuursrekeningkunde by CIMA, sê die toekenning vir uitnemendheid in onderrig wat Akademia ontvang, is ʼn bewys van ware toewyding en die instelling se verbintenis om die toekoms van die beroep te bevorder.

CIMA se toekennings vir uitnemendheid word jaarliks ​​toegeken aan diegene wat ʼn verskil in die rekeningkundige gemeenskap maak en hul studente proaktief ondersteun om hul Chartered Global Management Accountant- (CGMA-)kwalifikasies te verwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

22 Kommentare

jongste oudste gewildste
Anoniem

Riem onder die hart.

pietere

Baie geluk ! Mag dit die eerste van nog vele wees !

Althes

Baie baie geluk! Voorwaar ñ prestasie.

Charles

Lig in die donker.

Dries

My hart klop chockates . Goeie nuus . Ons sal self