Aksie is nodig om misdaad te bekamp, nie gebed nie, sê IVP

Die Inkatha Vryheidsparty (IVP) het Donderdag Mxolisi Kaunda, LUR vir gemeenskapsveiligheid in KwaZulu-Natal, gemaan om praktiese stappe te doen om misdaad te bekamp in plaas daarvan om net gebedsbyeenkomste te hou.

Kaunda het Donderdag ʼn gebedsbyeenkoms in Maqeleni in eShowe gereël. Die gebied word geteister deur geweld ná bewerings van veediefstal. Huise is aan die brand gesteek en dit het tot sterftes gelei.

“Die IVP is van mening dat gebed sonder optrede magteloos is, want ons liefdevolle God het aan mense vrye wil gegee. Wanneer ons daardie vrye wil gebruik om onaanvaarbare en onuitspreeklike gruweldade te pleeg, kan ons nie van Hom verwag om dit reg te maak nie. Ons land het boonop talle godsdienstige organisasies en geseënde mans en vroue van God wat deurgaans bid vir hierdie gruweldade in ons land,” het Blessed Gwala, IVP-woordvoerder van gemeenskapsveiligheid, gesê.

“Die LUR is onverstandig om eerder ʼn gebedsbyeenkoms te reël in plaas daarvan om seker te maak dat die misdadigers wat mense by Maqeleni vermoor, in hegtenis geneem word. Die LUR moet kies of hy ʼn pastoor wil word of ʼn LUR wil bly. Hy kan nie tegelykertyd ʼn speler en ʼn skeidsregter wees nie.”

Inwoners van Maqeleni, ʼn klein plaasgemeenskap, word geteister deur gewelddadige misdade wat met veediefstal verbind word. Verskeie persone is reeds dood en gesinne is in hul huise aangeval. Kaunda se kantoor het op 12 Februarie aangemeld sewe persone is reeds dood en daar was vier pogings tot moord. Niemand is tot dusver in verband met die moorde in hegtenis geneem nie. Drie persone is in hegtenis geneem in verband met aanklagte van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Niek ·

Gebed moet wees vir diegene wat uitvoering aan die aksies moet gee,
nie net om te hoop alles sal regkom nie.

ANNA ·

Right!!????
Fire eers die hele SLAPlel ANC regering en sorg dat iemand met rugraat aan bewind kom wat JÚLLE MASSAS kies!!!
HERkonstrukteer die hele weermag, polisie en veiligheidstelsel op plase en gee misdadigers,kriminele,pedofiele, staatskapers,staatsskurke,plaas-moordenaars en protes optogers, afbrekers en afbranders LEWENSLANK !!!! EN DAN BID ONS VERDER VIR BESKERMING EN GENADE VAN BO

Alida ·

Ek stem saam. Die Here het vir ons verstand gegee om te gebruik. Hy verwag van die met verstand om die regte besluite te neem en op te tree.

Ma ·

Wow. Ek sal baaaaaie versigtiger wees as om so waaghalsig te wees met so ń stelling. God is almagtig en opregte gebed kan ń volk red

Jack Daniel ·

STEM SAAM!!!
Bid vir krag om die vyand teen te verslaan.
Wees Jy die David in die geveg!!

GM ·

Arme mensies. Enige aksies deur die mensdom is nietig teen God se krag. Kom ons bid teen misdaad en vir die IVP dat hulle sal vertroue kry in God se krag.

Die Verlore Skaap ·

Al wat nodig is is gebed.
Laat ander mense maar die werk doen.

Rudolph van Wyk ·

Ongelooflik wat beskaafde, gelowige mense mekaar sal aan doen om hulle smaak vir vleis te bevredig. Beeste word mishandel en op wreedaardige wyse dood gemaak ter wille van ons smaak vir vleis en dan maak ons mekaar dood om die smaak uit ander se hande te hou. Dan verwag ons, die bloedorstigste spesie op aarde van ons vredeliewende Vader om vrede te bring sodat ons, ons bloedorstige lewenstyl kan voortsit

Pieter ·

Ek stem saam dat ons AKSIE nodig het. Ons kan nie nét bid nie, maar ons MÓÉT BID!!! Natuurlik het ons gebed nodig – sáám met verantwoordelike aksie. Mense sal áltyd kritiek kry, ook op die positiewe wat hulle wel doen.

IVP, sterkte met julle aksie sónder gebed – dit is verseker óók nutteloos!

Jana ·

Ek stem saam met jou Pieter. Ons moet bid, want die oorsaak van al die gemors is sondige, harde harte. En ons moet aksie vat, want die bewys dat ons glo is om aksie te vat. Ons moet altwee doen.

marco polo ·

Goed gestel. Dit geld ook vir die Afrikaner wat net bid en wag vir beter dae.

Marietjie Blignaut ·

Stem dat ons God almagtig is en dat daar slegs tot Hom gebid moet word. Ons moet onthou dat Jesus en die voorvaderaanbidding nie versoenbaar is. Kyk maar hoeveel verkeerde dinge vind in sommige “kerke” plaas, opwekking uit die dood is maar een voorbeeld. Praat nie eers van die verryking van pastore nie. Dink dis ‘n gruwel….

Werner ·

Jacobs 2 mense geloof sonder dade beteken niks ek stem saam met IVP

chris ·

Werner jy slaan die spyker op die kop ons kannie bly vra en op ons tewe sit en dit moet gebeur waarvoor ons bid nie
ons moet ons deel ok bydrae kyk bloedrivier daar was gebit en toe geskiet

John ·

Die opskrif sè iets anders. Blessed het gesè gebed alleen sonder aksie help nie.

Pieta ·

Maroela, die opskrif “AKSIE IS NODIG OM MISDAAD TE BEKAMP, NIE GEBED NIE” skep totaal ‘n skewe beeld van die IVP werklik sê. Dis duidelik uit die berig dat die IVP nie gebed uitsluit nie, maar stel dat gebed, SOWEL AS AKSIE, nodig is. Daarom behoort die opskrif billikheidshalwe eerder te verwys na “… nie net gebed nie”…

jakes ·

Ja die diewe, korruptes en misdadigers bid weer dat hulle nie gevang mag word nie. Ons land het gebed nodig maar ook eerbare leiers met integriteit en n redelike IK wat misdaad kan uitroei dmv sterk wetgewing en sigbare leierskap. Daar is egter min, indien enige van hierdie eienskappe te bespeur op regeringsvlak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.