Aksiegroep pleit vir behoud van Afrikaans by universiteit

stellenbosch-lente-01

Peter Marais, Cobus Pienaar en prof. Hermann Giliomee by Stellenbosch Lente se protesaksie. Foto: Verskaf.

Die groep Stellenbosch Lente het die naweek ʼn memorandum aan die Universiteit Stellenbosch (US) oorhandig, waarin hulle eis dat dié universiteit sy Afrikaanse karakter behou.

Die aksiegroep het Saterdagoggend ʼn vreedsame protesaksie buite die administrasiegebou van die universiteit gehou, waar hulle saam met verskeie organisasies en individue gepleit het vir ʼn Afrikaanse universiteit. Hulle het ook geëis dat die universiteit die aftakeling van die taal as onderrigmedium staak. “Vat eerder die enorme bedrae wat hiervoor aangewend word en skep beurse vir behoeftige Afrikaanssprekendes, of verminder studentegelde in die algemeen,” was die pleidooi tydens die byeenkoms.

Prof. Hermann Giliomee, taalstryder en historikus, het tydens sy toespraak weereens die reg tot twee Afrikaanse universiteite volgens die Grondwet beklemtoon. Hy het ook sy kommer uitgespreek oor die stelselmatige aftakeling van Afrikaans op die universiteit.

“Die taalstryd is nie ʼn konvensionele stryd nie, maar ʼn guerrillastryd. Eerskomende Donderdag word ʼn mosie voor die konvokasie se jaarlikse vergadering gelê om te eis dat Afrikaans sy status by Stellenbosch behou. Op 16 Maart word die saak ook voor die hof gebring oor die vraag of die raad van die universiteit die reg het om studente se reg tot onderrig in Afrikaans weg te neem,” het Giliomee gesê. Hy het verlede week ʼn brief aan die US se konvokasielede gestuur, waarin hy in sy persoonlike hoedanigheid ʼn beroep op die lede gedoen het om die vergadering in Stellenbosch op 26 Januarie by te woon.

Die Vlaamse sanger Stef Bos, wat ook by die aksie was, het gesê hy is lief vir die taal en daarom is dit vir hom belangrik om te veg vir die behoud van Afrikaans. “Afrikaans is deel van ons genetiese erflating. Ons kan nie daarsonder leef nie.”

Nog ʼn spreker, Peter Marais, oudpremier van die Wes-Kaap en medevoorsitter van die Kaapse Federale Alliansie (KFA), het genoem sy beweging beskou die Kaap as ʼn eie onafhanklike gebied, met bruinmense en Afrikaanssprekendes wat demografies in die meerderheid is. “Afrikaans is die voertaal hier. As alle Afrikaanssprekendes saamstaan, sal dit ʼn groot magsbasis bied.”

Verskeie jeugleiers van politieke partye het ook protesaksies bygewoon waar onder meer Carlo Viljoen van die Cape Party en Misha-Lamé Schoeman van die Vryheidsfront Plus, ook roerende pleidooie gelewer het ter behoud van Afrikaans as onderrigmedium by die universiteit.

Die aksiegroep het hulself ook beroep op die bepalings van die testament van Jan Marais, wat duisende ponde geskenk het vir die stigting van ʼn Afrikaanse universiteit op Stellenbosch.

“Selfs Helen Zille, oudleier van die DA, het versoek dat die US ʼn Afrikaanse karakter moet behou. Stellenbosch dien ʼn groot gebied met honderde skole, die hele Kaapland en naburige state soos Namibië, waar meestal Afrikaans gepraat word. Die universiteit se bestuur kan eenvoudig nie meer toegelaat word om Afrikaans se uniekheid verder af te breek nie,” het Cobus Pienaar, woordvoerder vir Stellenbosch Lente, gesê.

Volgens Pienaar beplan die aksiegroep verskeie verdere protesgeleenthede ter behoud van Afrikaans sodra die universiteit amptelik vir die jaar geopen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

cbc ·

Ag siestog!! Wie gebruik Afrikaans in die besigheidswereld !! Doen weg met Afrikaans as onderrigtaal op universiteite.

anna ·

cbc jy weet duidelik niks. As jy nie trots op jou taal is nie sal jy altyd n swerwer bly.

Afrikaner ·

AG siestog en wat is die taal van die onderdrukker oftewel COLONIALISTS soos hulle/julle nou genoem word ? ENGELS< dit is hoekom dit so vreeslik vreemd is dat almal nou ENGELS wil praat, want die BRITTE het beslis nie AFRIKAANS gepraat nie .. te ironies dat mense wat gewoonlik die minste weet se monde die grootste is. AS jy nie trots op jou taal is nie, ONS IS!

Dawid ·

CBC het seker Afrikaans verloën en wil hê almal moet in sy slegte voetspore volg. Nee, dankie. Afrikaans (‘n Afrikataal) eerste.

Ada ·

Die hele Wes-Kaap gebruik dit. Nog nie agtergekom nie? Kry jou jammer oor ongingeligtheid.
Vrystaat en Noord-Kaap ook.
Ek sal nie my tekort aan info so adverteer as ek jy is nie.
Bly eerder stil en lees ‘n Engelse koerant. Waarom lees jy dan Afrikaans?

AL ·

Goed gese Ada, selfs swartes praat Afrikaans. Duidelik cbc oningelig en maar engelse nuustoepassings lees.

Tydmors ·

‘n Mors van tyd en energie. Stellenbosse sakemanne wil die US ‘n goeie Engelse universiteit maak en het geen saak met Afrikaans nie. Die stryd was reeds verlore toe die US onder Engelse elite-skole bemark is. Tot dusver kon geen drukgroep dit keer nie, en die media het ook geen protes of verset aangeteken nie. Die (wit) Engelse se geld het die hardste gepraat. Die Het Jan Marais Nationale Fonds moet onmiddellik Akademia, ons nuwe Afrikaanse privaatuniversiteit, die hoofbegunstigde maak. Die US kan nooit weer vertrou word nie. Nooit nie!

giep ·

Afrikaans is een van die mees gebruite tale in die land. Waarom lees jy dan Afrikaans CBC? jy hoort mos in Engels te lees? Moet nie Afrikaans kom sleg maaknie. Dit is nie jou plek nie. Gaan kerm by jou liberale maatjies – nie hier nie.

kabous ·

Afrikaans is SA se moeder-taal. Dis ons Identiteit, iets wat jy nie het nie. Siestog shame!!!

mona ·

CBC Jy het nou net Afrikaans bevorder met jou kommentaar! Dankie daarvoor! Waarom skryf en lees jy dan Afrikaans?

gerda ·

CBC – Die hele Wes-Kaap, Noord-Kaap en Vrystaat praat Afrikaans. Het jy dit geweet?

Adoons ·

Ek het nogal gehou van Peter Marais se siening oor die Kaap as ”eie onafhanklike gebied” – moet mens dan nie druk vir ‘n referendum rondom ‘n semi-outonome of outonome provinsie nie? Die konsep is nie onbekend in ander dele van die wêreld nie.

wilma ·

CBC klink of jy Engels sprekend is. Mense in ons land is Tweetalig ma hukom word die Grondwet verontagsaam. Asb. Munie weer Afr lees nie. Sluit aan by alles wat Engels is. Los Afr vi ons wie lief is vir ons taal

Anoniem ·

Wilma, ek vra mooi, skryf asb gewone Afrikaans, en die selfoon taal nie? Ons ouer mense sukkel om te verstaan. Dit neem ‘n hele tydjie om te ontsyfer wat jy probeer sê.

Erika ·

Ek en meeste in die Wes Kaap is lief vir ons taal en trots om Afrikaans sprekend te wees. Los ons uit.

Estelle ·

Ek is trots op my taal en sal Afrikaans praat solank as wat ek kan. Wat my baie omkrap is wanneer daar mense is wat Afrikaans magtig is maar dan praat hul Engels. n Kollega van my is Afrikaans sprekend en hy praat met my Afrikaans maar sodra daar iemand is wat kom besoek aflê dan slaan hy oor na Engels. Sal nie weet waarom hy dit doen nie want die persoon/persone kan Afrikaanse verstaan en praat.

Ben ·

Hierdie gestoei om Afrikaans te handhaaf aan sekere universiteite is ‘n geveg wat lankal verloor is. Die regering stel nie belang nie en groot dele van die bevolking ook nie. Ek en jy gaan geen verskil maak, selfs nie aan skere van ons Afrikaner broers en susters nie. In die verlede is hulle “joiners” genoem!

Ons moet hiermee saamleef en instansies soos Akademia, AROS, kerkskole en kolleges ondersteun. Dit is ons enigste behoud. Dat Afrikaans vir ons kosbaar is, is ongetwyfeld. Daarom sal ek Afrikaans praat en aandring om op Afrikaans besigheid te doen. Ek sal nie toelaat dat Engels en dit wat daarmee saamgaan my oorweldig nie! Sela!

Rina Vermeulen ·

Als verengels so waarom nie net een Universiteit in Afrikaans toelaat nie of is dit ook te veel gevra ?CBS jy praat nonsens dat engels in sakewêreld floreer is reg. Dis nie verkeerd om in jou moedertaal by ñ Universiteit onderrig te ontvang nie. Afrikaanse onderrig is baie nog in aanvraag net die regering wil dit nie herken nie daarom als verengels en dis nie geregverdig nie.

Troepie ·

Afrikaans sal net aan die US behoue bly indien (1) die Universiteitsbestuur die wil openbaar om dit te behou en (2) die voordele van moedertaalonderrig aktief deur alle US fakulteite onderskryf word. Die onlangse verlede het gewys dat beide dié vereistes reeds aan die US gesneuwel het. Sê dus maar koebaai vir Afrikaans aan die US, en belê in Akademia en ander private Afrikaanse hoëronderwys-instillings.

JC ·

Dankie julle ALMAL!! Julle is bevonk! Miskien kan ons stryd om ons geliefde taal se regmatige plekkie in die son die Afrikaanses; die Afrikaners en ons bruin broeders en susters; VERENIG!! Dankie aan die (gepoogde) onderdrukkers van ons pragtige taal, dit bring ons Afrikaanses as Afrika familie saam in die verwesenliking van DIT wat meer as enigiets anders ons GEDEELDE geskiedenis karakteriseer=AFRIKAANS-NET SOOS GEN. JMB HERTZOG DIT WOU GEHAD HET EN BEPLEIT HET. HOERA!!

cbc ·

Ek stem volkome saam met julle kommentaar. Ek neem net waar en praat uit ondervinding. Ek is trots Afrikaans maar dit krenk my as telefoongesprekke tussen Afrikaners in Engels gevoer word. Agendas en notules word in Engels geskryf, vergaderinge word in Engels gehou, bestellings word in Engels geplaas, verslae word in Engels geskryf. Besigheidsname van die Suide tot die Noorde is Engels. Gastehuise en ” lodges” het meestal Engelse name.

Ek wil nie my werk in Engels doen nie maar ongelukkig moet ek want ons AFRIKANERS antwoord telefone in Engels, skryf e-posse in Engels ens.

Vir hierdie paar redes, daar is vele meer, sal dit net baie meer prakties wees om tersiere onderrig in Engels aan te bied, dan hoef die arme mense nie nog te sukkel met Engels wanneer hulle afgestudeer is nie en behoort reg te wees vir die besigheids wereld.

JC ·

Dankie vir jou verduideliking cbc-ek self (werksaam in ‘n professionele kapasiteit) doen alles in Afrikaans. Niemand snou my toe daaroor of enigiets van die aard nie. Miskien hang dit af van die omgewing: Bfn versus Pta bv. Dit is ‘n feit dat Pta, Jhb en die hele Gauteng, in teenstelling met die Kaap, kwaai aan die verengels is, waarskynlik omdat daar minder Afrikaanses (lees bruin persone en Afrikaners) leefagtig is as in die Kaap.

Gideon ·

Ek hoop en glo dat Afrikaans op Universiteite gehou sal word. Ek dink die borge vir beurse sal onttrek indien Afrikaans uitgeluit gaan word. ook die skenkings – dan sit die universiteite sonder geld. Hulle gaan hulself in die voet skiet indien hulle Afrikaans onttrek.

Boetman ·

Waar is die dae toe FW nog breebors verduidelik het dat Afrikaans nie in sy NSA bedreig sal word nie – dit word deur die Grondwet beskerm – nogal.
Vandag PLEIT mense vir die behoud daarvan en FW is doodstil oor sy wigte en teenwigte.

bokkie ·

Ja kom ons neem standpunt in deur al die private nr wat na ons selfone bel wat hul gemors aan ons wil afsmeer en skakel dadelik na Afrikaans oor as jy bevestigend weet dit is daai soort oproep sien hoe vinnig lui hul af

ada ·

Hi CBC Help ons ons Taal bevorder. Ek verstaan jou frustrasie. Weier om met n Afrikaanse persoon Engels te praat bevoorbeeld. Dan sal jy trots op jouself wees en ons sal almal ook trots wees op jou.Daar is baie ander maniere om ook op te staan vir ons taal. Hou moed! Sterkte!

Alida ·

As stoere afrikaner wil ek net se ons taal gaan nie wen nie. Gee onderrig in engels en kry klaar. Dit is n wereld taal en kan net die studente bevoordeel in die arbeidsmark. Leef jou taal en kultuur uit by die huis. Niemand kan jou verhoed nie. Daar sal minder gevegte , vandalisme en optogte wees.

JC ·

Met respek Alida, jou argument klink soos ‘n hendsopper argument. Nooit!

groenewaldt ·

Hi Alida, mens moet opstaan vir waarin jy glo. As niemand opstaan nie sal alles waarin mens glo vergaan. Dit is tog onaanvaarbaar.

giep ·

Stem saam met Groenewaldt . Dit is soos om in te oorlog te se – hier is my land – neem dit -. Ek sal Suid-Afrika – Suid-Afrika by die huis speel. Of in WW2 – hier is my land Frankryk, ek gee dit sommer vir julle sodat die oorlog kan ophou. Ek is nie lus vir baklei nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.