Aksieplan geaktiveer na vlaag moorde in Philippi

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

Die Wes-Kaapse polisie het ’n 72 uur-aksieplan geaktiveer ná verskeie moorde hierdie naweek in die ooste van Philippi in die Wes-Kaap gepleeg is.

Dié plan behels die onmiddellike mobilisering van kritieke hulpbronne waaronder misdaadintelligensie, forensiese kenners, die polisie se eenheid vir openbare geweld asook die K9-eenheid, het kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, Sondag in ʼn verklaring verduidelik.

Die vlaag moorde het Vrydag begin toe ses jong vroue Vrydagaand in dié Kaapse nedersetting doodgeskiet is.

Maroela Media het vroeër berig die vroue, almal tussen die ouderdomme van 18 en 26 jaar oud, is omstreeks 22:55 deur onbekende verdagtes in ’n huis in Marcus Garveystraat in die nedersetting afgemaai.

Kort daarna is vyf mans, tussen die ouderdomme van 18 en 36 jaar oud, Saterdagaand in twee onverwante skietvoorvalle ook in dié nedersetting doodgeskiet terwyl nóg ’n man gewond gelaat is.

Die motiewe vir die voorvalle is in die stadium nog onbekend.

Volgens Van Wyk werk die polisie onverpoos om leidrade bymekaar te maak wat tot die vervolging van verdagtes kan lei.

“Die Wes-Kaapse polisie onderneem om die oortreders in hegtenis te neem sowel as veiligheid en kalmte in die gebied te herstel. ʼn Beroep word op lede van die gemeenskap gedoen om kalm te bly en die polisie in staat te stel om die betrokkenes in hegtenis te neem,” het Van Wyk gesê.

Enigiemand met inligting rakende die voorvalle word versoek om ao. Larry Arnoldus by 079 880 9822 of die misdaadstopnommer by 08600 10111 te kontak. Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Botha ·

Maar dis mos ‘n lekker land hierdie.
Dis mos waarvoor hulle gestem het dan nie? Totale verval van wet en orde.

Koos de Meyer. ·

Hoekom help die weermag nie en maak skoon die hele Kaapse vlakte. Dit ruk nou heeltemal hand uit.

Oujongvrou ·

@Botha, niemand stem of kies totale verval van wet en orde nie. Veral nie moord nie. Maar hierdie regering gaan moet plan maak. Dis elke dag erger.

Leon Pit ·

Daar is n Aksieplan vir die Kaapse Vlaktes
Daar is n Aksieplan vir die boemelaars
Daar is n Aksieplan vir alles in die regering
Waar is die Aksieplan vir PLAASMOORDE

Magda ·

Wou nou net dieselfde vra?
Aksie plan vir Phillipe ook, maar daar was nog n PLAAS AANVAL IN BOKFONTEIN – MAAR GEEN AKSIE PLAN VIR PLAAS MOORDE NIE.

Johan ·

Leon, kyk na die slagoffers dan sal jy verstaan hoekom daar nie ‘n aksieplan teen plaasaanvalle is nie… Die ANC voer net sy oorspronklike plan uit.

Robert ·

Dit verstaan ons mos nou al. Maar in elk geval, hulle aksie planne is nie die papier werd waarop hulle skryf nie…..

HM ·

Die wat hierdie moorde uitgevoer het is lankal nie meer mense .

Mike_O ·

Nou wat doen die DA as hulle nie besig is met binnegevegte nie?

Hulle is mos sogenaand in beheer in Kaapstad…die moordadigste stad ter wereld……

Bokkom ·

Miskien moet die aksieplan wees, dat die Polisie hulle eie wapens terug kry in die Flats.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.