Aksieplan kom teen grondgrype, onteiening sonder vergoeding

Dr. Pieter Groenewald. Argieffoto: Twitter

Die VF Plus het Sondag gesê grondgrype in Suid-Afrika is nou ʼn werklikheid en daar heers groot onsekerheid onder alle gemeenskappe in Suid-Afrika, en veral in die landbougemeenskap, oor onteiening sonder vergoeding en hoe dit almal in die land kan raak.

In die lig hiervan gaan die VF Plus twee verdere aksiestappe bekend stel om persone by te staan wie se eiendom bedreig word en om die proses van onteiening sonder vergoeding teen te staan.

Die VF Plus het gesê hy beskou onteiening sonder vergoeding as ʼn ernstige menseregte-vergryp en gaan ʼn klag in dié verband teen die ANC-regering indien by ʼn internasionale liggaam. Die party gaan ook planne aankondig om mense by te staan wie se eiendom direk geraak word.

Dit sluit aan by die VF Plus se huidige “Slaan Terug”-veldtog wat daarop gemik is om die internasionale gemeenskap se aandag op die aangeleentheid te vestig en om die ANC daadwerklik teen te staan in dié verband.

Meer besonderhede oor die nuwe aksieplan gaan Maandag tydens ʼn mediakonferensie by die parlement in Kaapstad bekend gemaak word. Dr. Pieter Groenewald, die party se leier, sal die media toespreek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

55 Kommentare

Fortis ·

Die VF+ is die party wat my stem kry in die volgende algemene verkiesing.

Andrea van Vuren ·

Pieter Groenewald is ‘n baie goeie leier. Hy wyk nie af van sy beginsels nie en praat ook nie rond en bont nie.

Lindtjies ·

Ek sekondeer. Die DA gaan ook nie weer my kruisie kry nie.

Herman ·

Nou wonder ek wat gaan agri sa daarvan se? seker vir hulle lede se om nie VF te stem nie en om hulle te isoleer….
Ek is so diep teleurgesteld in ons ou volkie. Maar nou ja, dis mos maar elke man, of boer vir homself hier op ons eie ou mishope…

Andrea van Vuren ·

Agri SA is besig om by regering te kruip. Lees ook die redakteur van Rapport se redaksioneel. Hy het geen idee wat boere vir ons beteken nie. Rapport besig om nog verder links te draai. Ramaphosa hoes en die Agrimannetjies spring!

Jorrie ·

Hoop hul kan iets vernag en ‘n oplossing vir die gemors vind.

Ek sak my kop in skaamte om te erken dat ek laas DA gestem het – maar hul nie verseker nie weer my steun kry. Dis nou VF+ al die pad.

Koos ·

Klag teen ANC lê by internasionale liggaam is net die regte ding om te doen.

Daar is immers internasionale wetgewing, soos die beskerming van eiendomsreg, wat vir alle state dwarsoor die wêreld geld en herken word.

So ook is daar internasionale wetgewing teen volksmoord – wat anders is plaasmoorde as volks moord teen een spesifieke volksgroep?

VF+ het die murg in hul pype om op te staan en openlik vir die regte van alle mense in ons land te veg.

Ondersteun hierdie nugter denkende party ten volle!

Opreg soos duif... ·

Reg…”Slaan-terug” slaan is twee man se werk, maw. Verwag terugbaklei.Geen uit die veld geslaan meer, Verbystering dis verby ….klaar.
Nou word spyker op die kop geslaan! Dan is daar
Slag geslaan. Saak is in boeie geslaan. Ons bid en vra vir SY wysheid beskerming en Voorspoed.

Wilma ·

My stem nie weer vi DA. VF+kry my stem en ek vertrou baie Suid Afrikaners gaan nou selle doen.

Nutraal ·

Ek stem nog altyd VF+
Oorweeg nie eers n ander party nie. Hulle dink en redeneer in my kraal. Ek besef dat hulle nie in beheer sal kom nie want ons gee hulle nie genoeg ondersteuning nie. Al is ek die enigste wat vir hul stem sal ek dit steeds doen

Aggie ·

Uiteindelik lyk dit vir my of die Afrikaners gaan saamstaan. Sterkte broers, Eendrag maak Mag

Celia Tjaden ·

Trots om te se ek t nognooit my kruisie agter enige ander party getrek nie, behalwe VryheidsfrontPlus.
Dat dinge sover moes gaan voor mense se oe oopgaan!
Getalle tel nie by God nie.

Sonja ·

Waar is VF+ (ek noem nie eers d DA nie) as dit by die Witkruisemonument kom? En die skares wat so juig by Bok v Blerk se konserte? En al d res van ons mense? Volgende naweek is weer d jaarlikse opgradering. 52 x nuwe kruise word oorhandig en geplant hierdie jaar. Waar is ons mense dan? ???

Lerato ·

Sonja

‘ n Ekstremistiese persoon sê vir my. Hy en ander ekstremiste vriende ry jaarliks by die kruise verby.

Hy sê. Ander volke rig monumente op vir hulle oorwinnings. Die Afrkaners rig n monument op vir hulle nederlae.

Hierdie wit kruise gee vir ekstremiste ongekende plesier.

Dis hoog tyd dat die kruise verwyder word.

Helene Smuts ·

VF. is te klein om land te lei. Mens bly by jou party. Jy gaan niks bereik om vir ander party te stem. Doen jou huiswerk

Callie ·

Sies Helen. So as daar in jou familie n moordenaar is sal jy hom ondersteun, kom wat wil. Soos in ou dae, sy pa was np nou is hy np. Dis die tipe van mentaliteit wat alles sink

Bossie ·

Dis my vrees ook. As die DA nou steun verloor stap die ANC en hul bedmaatjies glimlaggend oor ons.

DelilaDelange ·

Helene. Die DA gaan ook nie die land met hulle 13% steun (volgens die nuutste peiling) lei nie. Suid-Afrika het ñ proporsionele kiesstelsel, dit maak dus nie saak hoe groot die party is vir wie jy stem nie omdat almal verteenwoordiging kan geniet – solank jy net vir ñ opposisieparty stem. Wat beleid betref sal ek net eenvoudig nie vir ñ party kan stem met wie se beleid ek nie saam stem bloot omdat hulle “die groter party” is nie. Met die VF Plus weet ek wat ek kry, hulle beleid bly konstant en hulle bly konstant daarby, hulle draai nie hul mantel soos die wind waai (of soos nodig om kiesers te manupileer nie).

Frikkie Geld en huis ·

As 3 miljoen ekstra kiesers volgende jaar VF stem, is dit ‘n redelike groot party.

Liezel ·

Ek is n boer wat swaarkry . wonner of CR vir my gan toelaat om n stukkie land te vat

Frik Lotz ·

VF Plus het murg in hul pype en nie skaam om op te staan en te veg vir ons regte nie. DA is n klomp papbroeke wat net praat en nie veel uitgerig kry nie!

Stuiwer ·

Ten minste verteenwoordig die DA die hele bevoking, hulle kyk nie vas teen kleur nie.

Hans Richardt ·

Ek is moeg vir die Utopiese wanvoorstelling van Grondwet as demokraties.
Solank Art 9 en 25 van Grondwet diskriminasie magtig op grond van etnisiteit en velkleur, kan daar nooit Art 1 gelykheid voor die reg wees nie.
Ek wil nie Vsa of enige “vriendelike” nuwe meester hê nie, ek wil nuwe Grondwetlike ooreenkoms hê itv Art 235 van Grondwet, in gebied waar ek Ware vryheid in my eie land mag beleef. Ek het nou genoeg van die oksimoroon Grondwet en utopiese wanvoorstelling dat SA vry is van rassediskriminasie! Mandela het net kleur van diskriminasie in 1994 saam met De Klerk en meelopers verander.

Hans Richardt ·

Art 1 van grondwet stel dit almal is gelyk voor reg.
Art 9 en Art 25 magtig diskriminasie op grond van ras.
Maw, Mandela het in 1994 net velkleur van rassistiese diskriminasie verander, saam met De Klerk en Dakar meelopers.
Ek dink ons het nuwe grondwetlike onderhsndelde ooreenkoms itv Art 235 vir wit Afrikaners in SA.
Genoeg nou van oksimoroon utopia SA demokrasie.

Skaap ·

Ek is verbaas mense praat van die DA asof die aan hulle kant is. Mense die DA se reenboog het net een kleur en dit is nie wit of bruin nie net swart. Vir die VF stem nasionaal maar plaaslik in die Kaap stem net #CapeParty #CapeExit. Tyd om die land the begin “balkanise”.

Hans Richardt ·

Ons het nie nuwe vriendelike politieke korrekte meester soos Vsa nodig nie. Ons het ware vryheid en gelykheid nodig in ons geboorteland.
Tyd dat regering nou grondwetlike politieke gelykheid definieër.
Hierdie is Rubicon van maak of breek, wat nou oorgesteek Moet word. Tyd van verbale maagwerk van samewerking is nou klaar.

Linda ·

Hoekom moes my beste vriendin se kind sy pragtige huis met splinternuwe meubels en als in net so verkoop, sy kar, sy goeie werk opgee en die week New Zealand toe vlug, sy visa vir 5 jaar is goedgekeur omdat hierdie boere se …”Trump lis ons uit”. Wat makeer die boere en die witmense in ons land om almal op hol te jaag ???

Oom Kalahari ·

Dankie Dr Pieter Groenewald, jy het murg in jou pype en VF+ het verseker my en familie se stemme. Die DA is rigtingloos en draadsitters vol beloftes en net aksies teen die blankes.

Kalahari Kind ·

Ek is ook meer as moeg vir probeer en probeer terwyl ons net al meer gemarginaliseer word en uitgesluit word van enige voordele vir ons belastinggelde. Ek moet privaat sekuriteit, medies en skool betaal, na ek alreeds belasting daarvoor betaal het! Nou wil hulle my kinders se reg op moedertaal onderrig wegvat, asook my reg om die dokters van my keuse te sien. Dit kan nie meer nie. Eie beheer oor ons geld, kultuur en taal is nou dringend nodig. Ek sal VF stem, maar my persoonlike opinie is dat hulle dringend ‘n meer dinamies, jonger, sjarmanter en energieker persoon nodig het om die leiding te neem. Mnr Groenewald is heeltemal te sag en inkennig. ‘n Vernuwing in die party asap sal vir hulle GROOT aanhang nou kan inbring.

Captain (Ret.) Paulus N Antonio ·

Land expropriation in our land South Africa, is however unavoidable whether you like it or not. It should happened. It’s however unfair that the 97% of our land should be in the possession of white farmers. The land should be divided equally amongst all of us. The sooner they (the farmers) are giving their whole-hearted cooperation the better it would be for all in South Africa. Stop having pity for yourselves and cooperate willingly with the powers that be and, start building our country instead of pulling to the one side against the majority. Stop involving others in our domestic affairs. We are a sovereign and democratically elected government. And, be warned especially those who are intentionally vandalizing the farms simply out of spite. You will be judged by our history as a perpetrator of amenities that belong to all of us. Instead of demolishing anything farm implement (s) or houses rather leave the country and immigrate to another country .

antionette ·

………That 97% are people that CAN farm thats were your food are coming from. And all the farmworkers are all the new upcomming farmer’s going to insure those people have jobs.

Lerato ·

97%?
Gebruik asb goeie betroubare inligting.

Ons glo lankal nie meer Chappie papiertjies nie.

Sloet ·

Ek hoop die VF+ wil die saak in Europa kom maak. Ons is reg vir hulle.

jakes ·

Antonio, you are living in a dream world my friend. You are probably a cronie of the ANC who has never been interested in sharing. They want it all for themselves. Die fiscus of SA has been stolen blind and we are not talking of millions but rather billions. The country is being governed by n bunch of incompetent thieves who care less about sound and ethical principles in governance. CR is merely a puppet of the ANC and will carry out thei policies whatever it takes.

christa ·

VF+ sal beslis my stem kry. Hulle doen darem immers iets om die wittes te help van diefstal

Stuiwer ·

Dis ‘n goeie poging van die VF+. Of dit gaan vrugte afwerp, is ‘n ope vraag…..Ek stem vir ‘n party wat bietjie die ANC kan aanvat. Ongelukkig is die VF+ net nie daartoe in staat nie en te klein om werklik ‘n verskil te maak. Ek sien ook nie dat die VF+ alle rasse omarm nie en in vandag se dae en tye is dit ‘n voorvereiste. Hoe anders gaan daar eenheid in die land kom?

Lerato ·

Hallo Stuiwer

My pa het altyd gesê daar is mense wat net met een oog kyk.

As jy glo dat die VF+ met sy AFfrikaner eksklusiewitet, iets aan ons heil kan doen, wag daar vir jou ‘n aardige onaangename verrassing.

Die toekoms lê by gematigde ewewigtige benadering, soos deur DA uitgespel

P ·

EK is nog alteid VF+ Ek sal agter Elsa Lourens VF+ Staan vir Brits sy Roer die stadsraad en staan die mense by en Groenwalt vir die land se presedit ek glo in hulle

Lerato ·

Fanie

Kom ek raai. Jy het nog nooit DA gestem nie.

Kom ek raai. Jy het nie die DA se beleid oor onteiening bestudeer nie.

Lerato ·

Fanie

Kom ek raai. Jy het nog nooit DA gestem nie.

Kom ek raai. Jy het nie die DA se beleid oor onteiening bestudeer nie.

White Rhino ·

Die D A is onder dieselfde sambreel as die EFF.
En die EFF gegeer ramapaddapot.
Nou waar laat dit S A?

Richard ·

Afrikaners dink met jul verstand en nie jul emosies. Elke stem vir n ander minderheids party is n stem vir die ANC weens hul getalle oormag. Stem vir die DA, tenminste is daar vordering met hoofsaaklik goeie en in n minderemate nie sulke goeie bestuurprestasies nie.
Wat betref die Trump tweed, wat n goeie verloop van sake, tenminste sal dit die ANC laat dink oor hul verantwoordelikheid rondom goeie grond distribusie beleid. Helaas sal dit dalk help om weer n Dingane voorval te verhoed.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.