Aksieplan om onteiening sonder vergoeding te stop

Argieffoto

Die VF Plus het Maandag sy aksieplan bekend gemaak om die ANC-regering se planne om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, stop te sit. Die aksieplan sal gevoer word onder die vaandel: SLAAN TERUG SA / FIGHT BACK SA.

Die party het in ʼn persverklaring gesê landwye inligtingsessies word beplan om openbare deelname aan te moedig en te koördineer. “Die proses van grondwetwysiging en die implikasies van onteiening sonder vergoeding sal met verskeie organisasies, sakekamers en landbouverenigings bespreek word,” het die party gesê.

Die VF Plus het gesê soveel as moontlik voorleggings deur die burgerlike samelewing en individue moet tydens die openbare deelname-proses ingedien word om beswaar teen die voorgestelde grondwetwysiging aan te teken.

“Suid-Afrikaners moet daarvan bewus gemaak word dat die voorgestelde wysiging alle Suid-Afrikaners se eiendomsreg, wat nie slegs die eienaars van landbougrond raak nie, sal wegneem en die ekonomie van Suid-Afrika sal vernietig.”

Die party gaan ook ʼn vergadering met president Cyril Ramaphosa versoek en sal later ʼn griefskrif tesame met ʼn petisie aan hom oorhandig.

“Die petisie sal deel vorm van die openbare deelname-proses. Die petisie word landwyd versprei en is ook aanlyn beskikbaar by: www.slaanterugsa.org.za.”

Die party beplan ook ʼn massabetoging vir Suid-Afrikaners om op te staan vir die beskerming van hul eiendomsreg en om ʼn trustfonds te stig vir fondswerwing om die nodige regsaksies te befonds.

“Aktiewe skakeling met die Europese parlement, regerings, die Verenigde Nasies (VN) en ook deur middel van die VF Plus se lidmaatskap aan UNPO word ook beplan. Die leier van die VF Plus sal op 21 Maart na Europa vertrek vir verskeie vergaderings in hierdie verband. Suid-Afrika is ʼn ondertekenaar van die VN se Verklaring oor Menseregte. Onteiening sonder vergoeding is ʼn oortreding van artikel 17 van hierdie verklaring,” het die party afgesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Bernard Hellberg ·

Kyk gerus weer na die oudmodiese gebruik om alle werkwoorde aan die einde van sinne saam te bondel

Frederick Potgietet ·

Soos jou woord BONDEL aan die einde van jou klagte.!!!???

Carl ·

Fantasties!! Ons moet saam staan en dankie vir julle harde werk VF+.

Groottrek2 ·

Ek stel voor dat deel van hierdie onderhandelinge in Europa moet wees om ons ALMALwat wil gaan, massa asiel te gee. Ons word mos uit ons eie land verdryf omdat ons europees is. Europa kan doen met ons vaardigheid en hulle vallende bevolkingsgetalle.

Johannes ·

Jip, hier gaan ons al weer…. teken petisies en dink die ANC of die buiteland gaan omgee. Dit terwyl die EFF (en andere) luidkeels vertel hoe hulle swartes meer lief het, hulle ons blankes se kele gaan afsny en dat blankes “bly” kan wees hulle vra (nog nie) vir ‘n volksmoord nie… Dit terwyl daar DAAGLIKS boere brutaal vermoor word in hierdie land….

Callie ·

So, lig julle van julle sitkamer banke af. Hou op om doelloos negatiewe kommentaar te lewer. Liewe hemel Wit Suid Afrikaners kry net ruggraat, ek smeek julle. Staan op en kom ons begin wys wie ons is. Ons begin totaal binne die wet. Kom ons begin net. Een vraag, is die wit paddas klaar half doodgekook en kan nie meer uit die pot spring nie

Gerhard ·

Met alle respek, as meer van daardie boere arm Afrikaners wat kripeer van ellende kry om vir hulle te werk sal dit al klaar baie beter met hulle gaan. Sodra jy dit voorstel word daar vinnig verskonings uitgedink waarom jy nie jou mede Afrikaner kan help nie.

Johannes ·

LB S, ja ek dink roep ‘n noodberaad af vir alle Boere Afrikaners. By hierdie beraad word die volgende gedoen:

1. Verenig ons as volk onder een naam, uniform en vlag – dit alleen sal ‘n reuse stap wees. Kyk na die EFF – hulle het ten minste een uniform, vlag en doelwit. Ons dwaal rond soos ‘n klomp skape sonder herder…
2. Kies leiers wat ons sal verteenwoordig – nasionaal maar VERAL internasionaal.
3. Kry aksieplanne op die tafel – hoe gaan ons ons eiendom en grond beskerm, hoe gaan ons hulpbronne bymekaar maak, wat doen ons as onderhandelinge misluk en die ergste gebeur?
4. Kry buitelandse hulp – hetsy finansieël of met mannekrag
5. Stel ‘n ultimatum aan die regering – die buiteland behoort ook hiervan kennis te neem.

Dis ‘n paar simpel voorstelle wat dalk totaal onrealisties is… maar heng, ek is moeg (soos in GATVOL) om petisies te teken en hofsake te befonds wat net mooi NIKS beteken nie! Elke dag word net NOG ‘n Boer vermoor…

Que ·

So state capture was nie genoeg nie nou will dit voorkom as of SA burgers slawe vir die staat moet wees. Geen reg op geen grond ensvoorts. 20ste eeu morderne slawe skap!!!!

Adriana ·

Goed so! Ek ondersteun julle 100 persent.Julle kyk uit na ons mense! Niemand anders nie.

Anti Gryp ·

Ramaposa ons is besig om uit jou pot te spring.Wie gaan jy dan kook?

Ontnugter ·

O die boere het n plan? Mmm. Laat ek sien. Baie lawaai maak en dan elkeen afstig om sy eie mishoop te bevorder. Ja nee die boere rol mooi.

Gerhard ·

Ontnugter…of jy moet met n beter plan kom of ophou kerm

Paul ·

Dit is jammer, ek en my vrou het elkeen ons eie rekemnaar maar deel dieselfde e-pos adres, ek teken toe die aanlyn petisie en dit word aanvaar. Toe my vrou dit ook doen, gee dit ‘n foutboodskap en beduie ek het die petisie al reeds geteken. En natuurlik het ons verskillende name, dis te hope.

Tanzie ·

Jy was gelukkig om te kan teken. Ek kan glad nie, die boodskap se hulle is besig om aan die blad te werk.

Al ·

Die skakel kan nie oopmaak nie. Kom ons bid seën en positiwiteit toe oor hierdie sending.
Ons was die enigste ras wat nie verniet behuising gekry het nie. Indien jy nie jou maandelikse huur kon bekostig nie, was jy uitgesit.
Ons het alles deur harde werk en opoffering en swaarkry gekry.

Al ·

Kyk bv in Zim met die grondonteiening gebeur het, hoe Grace Mugabe haar eie ras verjaag het van grond soos vandag op News 24.
Die swart mense is naïef as hul dink hul kan so iets vryspring in SA.
In die mag van verkeerde hande gaan dit katastrofies gevolge inhou – en die karring aan die Grondwet gaan juis daardie opening laat.

RM ·

Teken die petisie en hou op om te kla en baklei terug. Doen dit binne die wet wat die Regering nie kan reg kry nie. Stuur dit uit na julle mense in die buiteland sodat ons “wit paddas” kan wys daar is nog lekker lewe in ONS!
As die Boere kan kwaad word en saam staan, IS ons die BESTE stam in Afrika.

Selfbeskikking ·

Gebruik die geleentheid om te onderhandel vir selfbeskikking. Ons kan nie meer saam werk nie, hulle boelie ons aanhoudend en dis nou verby, nou tyd om vir selfbeskikking hard te onderhandel.

LB S ·

Nou wat laat jou dink hulle sal jou (of die Boeregemeenskap) ‘n ou stukkie grond WIL gee?

Vermeende ·

Hel man, hoe verstaan ons dan nie hoe demokrasie werk nie?
Demokrasie werk so, die meerderheid besluit vir die minderheid, n minderheidsgroep het geen se in n demokrasie se dag tot dag bestuur nie.
As dit so gewerk het dat n minderheid wel n se gehad het dan sou die VF+ al lankal plaasmoorde gestop het, maar hulle het nie want hulle het geen se nie.
Waarvoor n afspraak met CR?? Hy gaan vir julle ore aansit, julle wil tyd mors, los organusasies en gaan praat dierek met hulle ondersteuners want daar gaan julle die gevoel kry van wat gedoen moet word en waarvoor die mense kans sien.

Andre ·

Lees maar net die kommentare en sien hoe n klomp dwarstrekkers daar alreeds in n klein groepie is.

Gerhard ·

Ek wonder wat se Max Dupreez. Die Afrikaner oordryf mos as daar gepraat word van plaasmoorde en onderdukkig. Ek sal graag sy kommentaar wil hoor

Frankie ·

Ek is net dankbaar iemand het ten minste ‘n praktiese plan van aksie om nie net plaaslik maar ook in die buiteland geraas te maak.

Daar is nog ‘n petisie wat mense kan oorweeg om te teken. Trump ondersteuners het ‘n paar dae terug ook ‘n petisie begin om Trump / VSA te vra om wit Suid Afrikaners vlugteling status en voorkeur immigrasie te gee.

Ek praat onder korreksie maar die petisie moet 50 000 handtekeninge kry voor die einde van Maart. Enige persoon in enige land kan dit teken.

Oorweeg asb om dit te teken en al jou vriende en familie te stuur- al het jy geen belangstelling om na die VSA te trek.

Hoe groter die petisie hoe meer aandag en publisiteit sal die petisie – en dus ook die huidige situasie hier, kry. En dit sal vir CR en kie ook ‘n duidelike boodskap stuur.

Google Whitehouse Government Webpage. En kliek op Petitions.

Frankie ·

Kan VF + dalk asb ‘n Engelse vertaling insluit by die petisie – nie net vir plaaslike Engels sprekendes nie maar ook vir die, soos ek, met Engelsprekende vriende oorsee wie defenetief die petisie sal wil ondersteun. ?

Rupert Ashford ·

Ek dink alle opsies moet probeer en ondersteun word – hierdie is ‘n waterskeidingsgebeurtenis en alles moet gedoen word om dit te probeer stop so kom ons ondersteun dit ook.

Cornelia ·

Baie dankie VF plus. Elke terugslaan aksie maak ‘n verskil. Mag dit vergesel word met gebede en vertroue in ons Almagtige God. Net Hy beskik Wonders. Hou aan Hom vas. Ek het u petisie geteken.

Snowman ·

As elke grondeienaar staak om erfbelasting te betaal, en elke onderneming in ons besit weier om BTW te vorder en om ink belasting oor te betaal. Dan kruisig Julius se eie mense hom sodra die regering se salarisse en grants ophou. Maklik geen geweld! Ons word dan nou as diewe uitgekryt. So kom ons kyk wat is ons bydra werd.

LB S ·

Slim plan, maar hoe stop jy jou inkomstebelasting by die werkgewer?

Gestremde ·

Vanoggend is die petisie bladsy onder konstruksie. My voorstel aan elke blanke persoon is om aan hul werkers te verduidelik dat daar ongeveer 30 miljoen nie-blanke burgers in die land is. Almal gaan nie plase of huise kry nie en slegs die elite gaan baat vind met die grondonteiening. Glo nie eers daar is meer as 500 000 plase in Suid Afrika nie. Verder moet daar aan die werkers verduidelik word dat beleggers uit die land gaan ontrek soos in Zimbabwe en dat die meeste mense hul werk gaan verloor. Die werkers moet ook in kennis gestel word dat hul op die mees suide punt van Afrika is en nerens sal hê op te vlug nie. Die blankes is te min om die grontonteiening alleen te beveg en het die ondersteuning nodig van alle rasse groepe. Daar is alreeds AA/EE planne wat net swartes wil bevorder en as ons vir alle ander bevolkingsgroepe die prentjie skep dat hulle ook nie welkom is nie gaan daar veel groter ondersteuning wees. Laastens wil ek noem dat blankes mekaar nie kan ondersteun nie en die grootste “Rambo’s” is voor hul rekenaar. Hou op om julle persoonlike gevoelens te uiter op openbare media en begin iets daad werklik doen. En die wat dink die ANC gaan niks doen nie – maak oop jou oë en kyk hoe het veral die Blankes, Indiërs en Kleurlinge in die land verarm en hoe min word daar vir hulle gedoen.

Andre ·

Ongeveer 30 miljoen nie-blanke burgers, Gestremde? Soos die “amptelike” syfer kamstig aandui dat ons naastenby 53 miljoen mense in hierdie land is? Ek het nuus vir jou.

FM ·

Dankie VF +. Dankie ook aan almal wat opstaan vir eiendomsreg. Dankie ook aan al ons Engelssprekende vriende en al ons landgenote wat vir julies malema as n verraderlike afbreker sien en dat hy totale anargie oor ons almal wil bring. Hy wil nie leer wat in zimbabwe gebeur het nie. Dankie aan almal oor taal en kleurgrense heen wat besef hoe malema ons land oor die afgrond neem . Asb asb kom ons stop die man. Hy besef nie wat die gevolge van sy dade is nie.

Lerato ·

Malema het gesê. Koos Botha kan op die plaas bly boer, maar die grond behoort nou aan die staat.
Koos het geld by die bank geleen om die plaas te koop.
Moet Koos nou die bank betaal vir die grond wat nie syne is nie?
Moet die bank die skuld afskryf?
Moet ons dorpenaars deur ons belasting die bank betaal, sodat dit nie ondergaan nie?

Frankie ·

Gestremde – puik voorstel!

Elkeen van ons het ‘n klein ‘ circle of influence’ wat mens op ‘n positiewe en ingeligte manier kan gebruik.

Jou werkenemers maar ook elke mens wie jou pad kruis. Reik uit na vriende en kontakte onder die kleurling en Indiër gemeenskap.

Gerhard Scheepers ·

Werk aan ‘n eie form van wette, kultuur en ekonomie wat baseer is op gesonde idees wat sal spruit uit liefde en uit die drie slagspreke met die Franse Revolusie bekom. Gee daai ander mense helfte van die grond, bou ‘n muur wat afgebreek kan word wanneer hul agterkom en die rede erken waarom hul konstant naby ons kom bly en nie eerder bv. in die Transkei nie. Of gee ons die Transkei; vervreem dit sonder vergoeding van die huidige eienaar.

Louise ·

Weet jy ons sit met ernstige sake op hande en allle WIT mense word geraak, dan is daar wragtag mense wat foute uit die leestuk soek……
Maar nie te min, die webtuiste is onder konstruksie, maak dit reg laat ons nie die prosses vertraag nie.

Gestremde ·

Andre

Jy mis die punt…met onwettige immigrante kan daar dalk 70 miljoen mense in Suid Afrika wees. Die boodskap is nogsteeds dat net ‘n handjie vol (as daar nog 5 miljoen blankes in SA) gaan baat vind met onteiening. Op die oomblik is daar die perspektief dit gaan veel beter gaan met die swart man en die kleurlinge en indiërs voel hulle gaan nie geraak word nie. Die werklikheid is dat nie eers 10% van die swart bevolking beter af gaan wees nie en die res gaan sterf van ellende. Kleurling en Indiërs is nie swart nie en Malema het duidelik gestel hy is lief vir swart mense alleen. Kry die boodskap?

Lourens ·

Kyk na al die patetiese kommentaar wat die wit afrikaner lesers op die weblad pos. Geen wonder die wit afrikanersvolk is besig om in duie te stort nie. Die skrif is aan die muur. Die wit afrikaner volk sal nie vir nog 50 jaar op sy voete bly nie. Dit is tragies om in die dood van n volk te leef en die stuiptrekking daarvan te ervaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.