‘Aksieplan’ om vuurwapenregister reg te ruk

(Argieffoto: pixabay)

Die polisie het ʼn sogenaamde aksieplan in werking gestel om die werking van die Sentrale Vuurwapenregister te hervorm en agterstande uit te wis.

Kol. Athlenda Mathe, polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die aksieplan is veral daarop gemik om “uitdagings met ʼn negatiewe uitwerking op die afhandeling van aansoeke wat met vuurwapenlisensies verband hou” te pak.

“Die behels die migrasie na en gevolglike aankoop van ʼn digitale stelsel. Dit is hiermee in gedagte dat ons geen spesifieke omkeertye vir enige soort vuurwapenverwante aansoeke kan gee nie.”

Mathe het ook nie verdere besonderhede oor vordering met die inwerkingstelling van die “digitale stelsel” gegee nie.

Maroela Media het vroeër berig die agterstande met die polisie se hantering van aansoeke vir vuurwapenlisensies is reeds ʼn reuseprobleem wat nou net vererger.

Aansoekers wag maklik twee jaar vir die polisie om hul dokumente te verwerk. Talle vuurwapeneienaars en maatskappye moet hulle ook noodgedwonge tot die hof wend om die polisie te dwing om hul werk te doen.

In een geval wag ʼn man van Brakpan nou al langer as 1 000 dae vir die polisie om sy aansoek te verwerk.

Martin Hood, ʼn kenner met omvattende ondervinding van die bedryf en regsverteenwoordiger van verskeie verenigings, veiligheidsmaatskappye en private vuurwapeneienaars, het vroeër gesê die polisie moes al teen 2004 ʼn gerekenariseerde stelsel in werking gestel het om die administrasieproses te verbeter. Dit het nog nie gebeur nie.

Die sogenaamde hervorming van die sentrale vuurwapenregister is ook nie nuut nie. Nathi Mthethwa, destyds minister van polisie, het in 2010 ook ʼn omkeerplan vir die register aangekondig nadat die polisie destyds al gewaarsku is dat die situasie krisisafmetings aanneem en beamptes beheer oor die vuurwapenlisensiëringsproses verloor.

Volgens Mathe is “maatreëls ingestel” om te verseker aansoeke word verwerk en so gou moontlik afgehandel.

“Die suksesvolle inwerkingstelling van die sentrale vuurwapenregister se aksieplan sal beteken dat alle dienspunte, ook op stasievlak, bemagtig word om ʼn doeltreffende diens wat vuurwapenregulering betref te lewer.”

Die betrekking vir hoof van die vuurwapenregister is intussen steeds vakant.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Witbaard ·

Nog n kader gaan weer n multi miljoenêr word met die aankoop van n didgitale stelsel.

Suzette ·

Moet nou net nie weer iets uitdink TEN KOSTE van die mense wat wettiglik vuurwapens besit nie!!!!
Met wettiglik sluit ek ook in mense wie se lisensies verval het as gevolg van die onkapabele kaders wat veronderstel is om lisensiering te hanteer en nie bevoeg is om dit te doen nie.

Anoniem ·

Die beste opsie sal wees om dit uit die hande van die SVR te neem en dit te delegeer na provinsiale vlak waar provinsies dit dan net op die SVR se databasis op datum moet hou.

Ou Baardbek ·

Provinsiale aksie soos dit tans is gaan ook nie werk nie!! Raak eers ontslae van menige selfvoldane, arrogante en aggressiewe lede van die Mag. (Eksuus, het bedoel “diens”???

JohanR ·

Bheki Cele en die word “aksie” en “plan” saam? En daar val ek alweer van my stoel af van die lag!

Frank ·

Vandag my lisensie gekry. Vier keer met die DFO probeer reel (twee keer by die huis, een keer oppad na vergadering en een keer uitstedig). Vyfde keer gelukkig.
340 werksdae vir goedkeuring
79 werksdae om die drukker se start knoppie te druk

Hennie ·

Hahahaha…..en wanneer begin die kommissie oor die vermorsing van geld op die digitale sisteem? Nog n Kader gaan weer stink ryk word met niks doen nie

domheks ·

Net die beste sal seker aangekoop word vir miljoene dollars, genoeg om nog ‘n ‘kickback’ te kry vir die sak.

SomeOne ·

@ domheks,
dan gaan dit so lank neem om te implimenteer dat die dag as dit werklik gebruik moet word, is dit al klaar weer verouderd

Mallie ·

As gevolg van hulle slapgatgeit is ek nou in besit van n ongelensieerde wapen. Wie gaan my help. Niemand want ek is n gehoorsame blanke vrou met n vuurwapen.

boerie ·

Daar is soveel meer wapens wat nie lisensies het nie as wat wel het, gooi weg die hele storie van lisensies.

Jacobus ·

Hulle die SAPD kannie eers hulle eie vuurwapens veilig hou nie wat nog van om n vuurwapen register te hou.

efjy ·

Vat alle polisie se vuurwapens af. Hulle gebruik dit nie om die publiek te beskerm nie, maar eerder om die kriminele te help/bewapen.

Thom ·

Kom ons hoop vir die beste ! My seun het gister lisensies vir ‘n handwapen en ‘n jaggeweer gekry binne 4 mnde nadat hy die aansoeke ingedien het . Ek daarenteen wag nou vir meer as ‘n jaar .

Jr ·

Aag asseblief die polisie kan nie eers n verkoue vang of ys in Winter organise. Het hierdie deuntjie al voorheen gehoor

FrikkievV ·

Genade tog, jy kan nie nou alles stop en jou moontlike opkomende digitale stelsel as verskoning gebruik nie!
Sorteer die gemors uit! Nou!

Casper ·

Die aksieplan behels die volgende.Keur 90% van aansoeke af dan is dit uit die polisie se hande uit.Die aansoeker moet dan appélleer,so dit word die appélraad se probleem.

Di ·

Aksieplan! Weet die korrupte ANC spul wat hierdie woord beteken? Als word “beplan” in hierdie land maar NIKS realiseer nie. Kyk maar na Rampie se toesprake, lang stories met als wat beplan word asook die nagevolge aan almal wat wette verontagsaam, korrupsie pleeg en . . . . .
Op die ou einde word daar net nog ‘n ondersoekspan in werking gestel, ondersoek na ondersoek en so ploeter ons voort. ALS LEE BELOFTES, het GEEN idee hoe om ‘n land te bestuur nie, dis deur en deur bewys in die geskiedenis van Afrika lande.

SomeOne ·

“Die betrekking vir hoof van die vuurwapenregister is intussen steeds vakant.”, wie wil in elk geval iemand anders se vuil doeke begin skoonmaak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.