Aktekantoor skuld miljoene vir krag

Argieffoto (Foto: Gerd Altmann/Pixabay)

Die aktekantoor in Pretoria se kragtoevoer is Dinsdag ná vyf dae herstel en aktiwiteite sal na verwagting Woensdag hervat.

Die elektrisiteitstoevoer is Vrydag afgeskakel omdat die aktekantoor se elektrisiteitsrekening met R3.6 miljoen in die rooi is.

Selby Bokaba, woordvoerder van die Tshwane-metroraad, sê die kantoor het in September die laaste keer vir krag betaal. Volgens hom sal daar met die departement van openbare werke en infrastruktuur geskakel word om na ʼn betalingsreëling te kyk.

Volgens Audrey Gwanga, verbonde aan die kantoor van die registrateur van Pretoria, is die lede van die metroraad tans op die perseel en is daar opdrag gegee om die kragtoevoer te herstel.

Maroela Media het vroeër berig dat geen aktiwiteite intussen in die aktekantoor, wat verantwoordelik is vir die registrasie, bestuur en instandhouding van die eiendomsregister van Suid-Afrika, kon plaasvind nie. Dit affekteer verskeie rolspelers in die eiendomsbedryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter ·

Gaan lekker hier in anc land het die anc al hulle honderd miljoen betaal wat hulle die ontvanger skuld. Sien ou kieswetter dreig die belastingbetalers maar oor die anc se hy nie n woord nie.

Riaan ·

R3.6 miljoen in die rooi maar hulle het in September betaal. Was dit in September 1994 ?

Johann ·

Daars LETTERLIK nie een instansie of stelsel of sisteem waar die verval en basiese beginsel van betaling vir dienste nie deel is van die onbevoegde kan nie omgee kaders nie. Hoe de MMMMMMM raak jy miljoene agterstallig sonder dat iemand vra wat gaan aan…of is dit af…nie?

Waarnemer ·

3,6 miljoen in 2 maande of ishulle eerder agter sedert Septemberb 1994?

Nico ·

Die verbruiker moet nou opdok daarvoor, so ook Soweto wat se skuld af geskryf is.

Yvonne ·

EFF het baie geld om uit te deel….kan hulle nie help nie….tong in die kies

Miskruier ·

Sal seker binnekort afbrand agv n kers wat omgeval het. Hoop almal het hul eie bewys van eiendom op jou naam.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.