Akteur kritiek ná motorfietsongeluk

Theunis Nel saam met sy vrou, Mareli, en hul twee seuns. Foto: Facebook.

Theunis Nel saam met sy vrou, Mareli, en hul twee seuns. Foto: Facebook.

Theunis Nel, akteur en aanbieder van die motorprogram Woema op kykNET, is in ʼn kritieke toestand in die intensiewesorgeenheid van die Unitas-hospitaal ná ʼn motorfietsongeluk Maandag in die ooste van Pretoria.

Anria van Heerden, mede-aanbieder van Woema en familiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die ongeluk het omstreeks 10:15 by die Garsfontein-oprit van die N1-snelweg plaasgevind. Inligting oor die ongeluk is egter nog skaars, en word deur die polisie ondersoek.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het ʼn bakkie hom teen sy kant getref. “Paramedici het op die toneel gekom en die motorfietsryer in ʼn kritieke toestand sowat 100 meter van die motorfiets se wrak aangetref,” het Botha gesê. Hy is op die toneel gestabiliseer en na die Pretoria-Oos-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Nel is intussen na die Unitas-hospitaal oorgeplaas.

Sy regterarm moes noodgedwonge Dinsdag in die vroeë oggendure geamputeer word. “Daar was geen ander keuse as om Theunis se arm te amputeer nie,” het Van Heerden gesê. “Dit het verseker sy lewe gered en daar was onmiddellik ʼn verbetering in sy toestand. Hy is tans kritiek maar stabiel. Sy lyf moet nou terugveg, want hy het baie bloed verloor.”

Van Heerden het hul vriende, familie en Nel se aanhangers wat deur die nag gebid het, bedank vir hul ondersteuning en liefde vir Nel, sy vrou Mareli en twee jong seuns. “Ons vra asseblief dat almal sal aanhou bid, ons is besig om die stryd te wen en ons erken dat ons ʼn magtige God dien. Hy was in beheer gisteraand en is nog steeds in beheer,” het sy bygevoeg.

Die Proudly Meerkat-motorfietsryergroep gaan vanaand om 18:00 buite die Unitas-hospitaal bymekaarkom om saam vir Nel te bid. Hulle het die publiek genooi om by hulle aan te sluit.

ʼn Ondersteuningsgroep is spesiaal vir Nel op Facebook gestig waar aanhangers op hoogte kan bly van sy vordering, en waar hulle boodskappe vir hom kan stuur. Klik hier om by die groep aan te sluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Leonie du Venage ·

Baie Sterkte vir die familie!! Bid vir sy beterskap. Ons mis nooit sy program nie.

Chris Goosen ·

Jammer om te hoor mag jy gou gesond word en weer vinnig die lewe en uitdagings aanpak – hoe moeilik ookal – STERKTE – vir jou en jou familie. Die Here is met jou. Groete Chris

Talita Keml ·

Mag Sy hand van bewaring oor Theunis wees. Ons bid vir hom en sy gesinnetjie en baie sterkte.

Talita Kemp ·

Baie sterkte vir Theunis en sy gesinnetjie. Ons dink aan julle, bid vir beterskap en glo Sy hand van bewaring sal oor hom wees.

erika ·

Sterkte aan sy vrou, kinders , famielie en vriende. Nog n ongeluk te veel op ons paaie. Ons bid vir julle en glo God is getrou

Marilyn Rossouw ·

Mareli, ons dink aan julle met soveel liefde.. Ons weet die Here hou julle styf vas..Nick en Marilyn

Marile ·

Ek was een van die eerste karre wat gestop het by die ongeluk. Dit het reg voor my voertuig gebeur. Ons het die motorfiets en die inhoud uit die pad verwyder. Min wetende wie die die persoon was. So baie sterkte vir julle gesin. Ek het onmiddelik na die ongeluk gebid vir hom en sal aanhou. Mag die Here julle gesin omvou in sy liefde

alta nel ·

Baie sterkte vir almal na aan hom, daar is krag in gebed

Ina en Johan de Lange ·

So bitter hartseer nuus.Ons het al so baie saam met jou gekuier Theunis saam met Victory. Mag jy volkome genees..Jammer oor jou verlies van n arm..Jy bly n wonderlike mens. STERKTE VIR DIE PAD VORENTOE. VICTORY GROETE.

Petru Bergh ·

Baie sterkte Theunis, ek onthou nog die launch van Woema tydskrif in Parys en die keer toe jy by die rivier by ons gekuier het, en die bokke het daai dag nog rugby gespeel en gewen.

Elizabeth ·

Wense vir ‘n spoedige herstel word jou toegebid – sterkte aan die familie met die pad vorentoe ook.

Jackie ·

Baie sterkte vir die pad vorentoe. Onthou God waak oor jou. Hou net moed en rig die oe na bo.
Sterkte aan jou en jou familie.

Stephanie Rossouw ·

Baie Sterkte aan Theunis en sy gesin. Ons bid vir julle en weet by God is alle dinge moonik. Ek bid dat Jes 41:10 julle deur die tyd sal dra. Staan daarop.

Liesa ·

Theuns – Mag Sy liefde en ons gebede vir jou en jou gesin n lig wees soos jy vir ons n lig was met jou glimlag en liefde wat jy ons gedra het in die verlede .

Elmarie ·

Sterkte vir die Familie ons hou julle in ons gebede O Heer U is groot hou U hand asseblief oor Theunis en sy gesin

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.