Akteur vas vir dronkbestuur in Pta

ʼn Jaguar F-TYPE. Foto ter illustrasie

ʼn 32-jarige akteur en radiopersoonlikheid is oor die naweek in Pretoria in hegtenis geneem nadat hy glo onder die invloed van alkohol bestuur het.

Kapt. Daniel Mavimbela, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die akteur is Vrydag in die vroeë oggendure in Sunnyside opgemerk waar hy glo onverskillig met ʼn Jaguar gery het.

“Hy is op die hoek van Nelson Mandelaweg en Rissikstraat van die pad afgetrek en in hegtenis geneem,” het Mavimbela gesê.

Die akteur is reeds op borgtog van R1 000 vrygelaat en moet na verwagting Dinsdag in die Pretoria-landdroshof verskyn, waarna sy identiteit eers bekend gemaak mag word.

Die polisie het ʼn verdere 59 mense oor die naweek in Sunnyside, Silverton en Garsfontein in hegtenis geneem op aanklagte wat strek van aanranding, die besit van dagga, winkeldiefstal en roof tot die besit van ʼn vermeende gesteelde voertuig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Al ·

Watter akteur ry met ñ Jaguar so onverskillig. Is die borggeld nie te min nie, of is dit die norm vir so ñ oortreding?

CAROL ·

AL EK STEM SAAM. MET DIE PRYS VAN DAAI KAR KON HUL GERUS DIE BORGTOG R10 000.00. HY SOU DIT MOS MAKLIK KON BETAAL HET!!!!

wielie ·

Wow …….. nie eers geweet radiopersoonlikhede verdien soveel geld om met Jaguar te kan bekostig nie.

CAROL ·

HAHAHA STEM EK OOK NIE. DINK ONS IS IN DIE VERKEERDE BEROEP NEH HAHAHA

Piet Pompies ·

Ag nee wat, vir wat nog sukkel met sopies, dagga is wettig en jy kan nie eens ‘n verkeersboete daarvoor kry….

Helena ·

Piet Pompies, baie mense maak die fout deur te dink dagga is wettig. Die wet is nog nie deurgevoer en bekragtig nie. Dit kan nog n tydjie neem voordat dit werklik gewettig word.

Amanda ·

Mmmmm…. stem saam met William…. kom ons raai!!!! Isidingo

Showahead ·

Seker maar ‘n ou Jaguar… hulle kla dan hulle kry so min geld!

Nugter werklose ·

Ek haat berigte waar hulle nie die mense se name wil bekend maak nie. Hoe moet mens nou skindernuus versprei as hulle nie al die feite vir mens gee nie.

Vlooi ·

Ag jy het nou rerig my dag gemaak hoor. Ek het so lekker gelag. Jy slaan die spyker op sy kop.

Generations ·

Dis ‘n Generations akteur. Soos die Engelse spreekwoord “whatever”.

Anti-dronklap ·

Konfiskeer net dronklap se kar en verkoop dit en blok sy bestuurlisensie vir 10 jaar!

Maak hom voorbeeld ·

Ditto Anti..DL 10 jaar sulke oortredings MOET inpak op gemak van lewe hê geen uitsondering.

m ·

Ag shame is hom naampie nou so belangrik dat ons nie mag weet wie hy is nie……………

Zet ·

Dit was klaarblyklik ‘n Ex-Generations akteur……….klaarblyklik bekend, maar seker weer iemand wat ek nog nooit van gehoor het nie………wonder of dit moontlik ‘n geborgde voertuig was?????

Speedguard ·

Net vir kennis name;

Die Borg word nie vasgestel deur die waarde van jou motor te bepaal nie, dit is belaglik;
Die persoon se naam mag nie bekend gemaak word alvorens hy/sy nie gepleit het nie.
Julle komentaar weerspieel julle onkunde , die skinder faktor oorskadu julle denk vermoee!

Elsa ·

in Australie word jou lesensie wegevat vir 1 jaar as jou 12 punte teen jy tel…geel lig…en ander pad oortredings…kom help ons en leer ons owerhede van jul blink plan wat werk

Magda ·

As hy regtig so bekend was SOU ons hom sekerlik erken het? Who cares

Anoniem ·

Wonder ek nou net so by my sigselwers, Toe Steve Hofmeyr ‘n vekeersoortreding begaan het toe weet die hele wereld dit want sy naam was pertinent genoem, maar noudat ‘n akteur ‘n verkeersoortreding begaan word sy naam nie genoem nie. Absolute dubbelstandaarde sou ek se.

Magda ·

Was dit nou Seve Hofmeyer het hulle nie 2keer gedink om sy naam te noem nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.