Aktivis sê jammer ná hy boere ‘teister’

Malizo Kwinana en sy prokureur, Asenati Tukela. (Foto: Commissar Malizo Kwinana/Facebook)

Deur Liezl Human en Barbara Maregele, GroundUp

ʼn Aktivis van die Rural Legal Centre (RLC) in Robertson moes verlede week aan twee boere om verskoning vra nadat dié boere hom hof toe gesleep het vir teistering.

Theunis Swanepoel wat by Appelsdrift in Napier boer en Wilhelm de Kock van De Kock Boerdery in Ceres het verlede Vrydag tot ʼn skikking met Malizo Kwinana gekom. Die partye het ingestem om die hofsake teen Kwinana terug te trek indien hy op sosiale media om verskoning vra. Hy het ook onderneem om nie die boere in die toekoms te teister nie.

Dít volg nadat Kwanina vir Swanepoel in Maart verlede jaar daarvan beskuldig het dat hy bedrog pleeg en sy plaaswerkers onwettig wou uitsit.

“Die inhoud van die e-pos wat Kwanina aan my gestuur het, is ongegrond en onwaar. Die e-pos is ook aan verskeie mense gestuur wat gevolglik my goeie naam as ʼn boer en sakeman beskadig het,” het Swanepoel destyds gesê.

Swanepoel het glo in 2019 ʼn skriftelike uitsettingsbevel en skikkingsaanbod aan sy werknemer Karel Karelse en sy vrou Miriam Karelse gegee. Karelse het egter by die Rural Legal Centre gaan aanklop vir advies. Dié sentrum ondersteun plaaswerkers in die omgewing.

Karelse en Swanepoel kon egter nie tot ʼn vergelyk kom nie en Swanepoel het sy prokureurs aangesê om aansoek te doen vir ʼn uitsettingsbevel teen Karelse en sy vrou.

Kort daarna het Kwanina glo vir Swanepoel begin teister met e-posse. Swanepoel se prokureurs het Kwanina gewaarsku dat hy sy lasterlike gedrag moet staak en dat toekomstige korrespondensie deur die prokureursfirma gedoen moet word.

Kwanina het egter aanhou om e-posse aan Swanepoel te stuur en later gesê dat hy die uitsettingsvoorval na plaaslike en internasionale media verwys het.

“Hy [Kwanina] het gesê dat hy streef om ons bedrywighede op die plaas heeltemal te staak,” het Swanepoel gesê.

Swanepoel het Kwinana later in ʼn beëdigde verklaring daarvan beskuldig dat hy sy naam en boerdery belaster. Swanepoel het ʼn dringende hofaansoek ingedien vir ʼn beskermingsbevel teen Kwinana.

De Kock het tydens ʼn soortgelyke voorval in Julie verlede jaar ʼn beskermingsbevel teen Kwinana ingedien. Kwinana het De Kock per e-pos daarvan beskuldig dat hy nie aan arbeidsvoorwaardes óf die destydse inperkingsregulasies voldoen nie en dat hy werkers onwettig van sy plaas gesit het.

Volgens De Kock het Kwinana ook op Facebook gesê dat hy sy werknemers onregverdig ontslaan het sodat hy tydens die Covid-19-pandemie van tydelike werkers gebruik kan maak.

“Die genoemde aantygings teen my is ongegrond en onwaar. Kwinana se Facebook-plasing het negatiewe reaksies van die publiek ontlok, wat nie net my goeie naam belaster het nie, maar ook my plaas en lewensbestaan in gevaar gestel het,” lui De Kock se verklaring destyds.

Kwinana het verlede week op Facebook aan De Kock sowel as Swanepoel om verskoning gevra.

Volgens die ooreenkoms het Kwinana egter nie skuld erken nie, maar net onderneem om nie die boere weer in die toekoms te teister nie. Kwinana se prokureur, Asenati Tukela, het erken dat die skikking redelik is.

“Indien die beskermingbevel deur die hof toegestaan is, sou Kwinana nooit in die toekoms die boere kon nader oor hul plaaswerkers se besware nie,” het Tukela gesê.

Lees GroundUp se oorspronklike berigte hier en hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Snowball ·

Teistering het seker nou die mooi woord vir terrorisme geword.
‘Commissar’ moet lees kommunis.
‘Aktivis’ moet lees moeilikheidmaker.
Soos besoedeling hang hierdie soort rond en veroorsaak net probleme.

Spook ·

‘Aktivis’ moet eerder lees “te sleg om ‘n eerlike dag se werk te doen, moontlik ‘n kriminele rekord, dus sal geen nugterdenkende mens sal jou aanstel om eerlike dag se werk te doen nie.” Ek hoop ek al die betekenisse van ‘aktivis’ hier vasgevat.

Snowball ·

Spook niks het regtig verander vir die Boer sedert Slachtersnek nie. Vals beskuldigings en teistering gebeur vandag nog soos tóé. Net destyds, was ‘n rebellie die uiteinde…

Windhond ·

Moes hom kaalgat uitgetrek het – geen versoening moontlik met sulke geniepsige mense nie

Mariana ·

Dit laat mens wonder hoeveel ander boere nie ook dieselfde teistering ervaar nie. Hy het lig daarvan afgekom en moet dopgehou word, hy doen dit dalk weer aan ander.

Jaada ·

Hy moes kompisasie in Rand en sent betaal het. Al manier hoe hy sal stop as hy dit aan sy sak voel.

Sarel ·

Gaan sy werkgewer teen hom optree…organisasie se naam Gat gemaak

Kokerboom ·

Dis erg kommerwekkend hoe ons mense ingee vir die boewe!! Hyt gewen en gaan dit weer doen. En moenie vir my sê dis ter wille van versoening. Bog!!

jzjz05 ·

As dit anders om was sou die hare gewaai het ,almal so wel as Malema sou van hul laat hoor het rassime, diskriminasie, Jan van Riebeeck,Boere en veel meer beskuldigings sou daar gewees het, en moet nie van die MRK vergeet nie, Miskien is die boere te goed .ek glo nie sy verskoning nie dit is net gedoen dat hy gesien het daar is nie nader uitweg nie.

4ntj13 ·

Watse “commissar” is hierdie? Ek hoop nie die boere kort beter regshulp nie.

MakersMark ·

Plaas laat hy homself “aktiveer” en werk ipv moeilikheid saai……

Danie ·

Die mickey mouse mus op sy kop pas hom goed.
Ek wonder net of hierdie vent wat sy bek uitspoel oor sa boere wel n boorling van hierdie land is.
Sover ek weet is kwinana n kimberley inboorling van wes australie.

EnoughSaid ·

Die terroris het lig daarvan afgekom, sal dit net weer en weer doen….

Erika ·

Waneer Jy doelbewus presies diselfde weer doen na jy “mooi Veskoning vra”… in die openbaar Beteken dit eenvoudig jy was nooit opreg nie
So nou word n Moelikheidmaker nou n “aktivis’ genoem …TSK

Anoniem ·

Aktivis van Terrorisme. Wonder baie of hul weet wat die woord Aktivis beteken.

Chris ·

Ag rêrig. Die persoon is nie voldoende gestraf of in die bek geruk nie. Hy gaan aanhou met sy ondeurdagte rampokkery.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.