ʼn 47-jarige aktrise is Woensdag in die vroeë oggendure op ʼn kleinhoewe in die Lanseria-omgewing, wes van Centurion, geskiet.
Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het op ʼn kleinhoewe in die Hills & Dales-gebied noord van die R114 plaasgevind.
“ʼn Onbekende aantal gewapende mans het die vrou, ʼn gewilde aktrise, in haar huis oorval. Na wat verneem word, was sy alleen in die huis. Skote is afgevuur en sy het twee ernstige skietwonde opgedoen,” het Botha gesê.
Paramedici van Netcare 911 het die vrou in ʼn ernstige maar stabiele toestand aangetref. Sy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.
Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het aan Maroela Media gesê volgens inligting wat tans tot die AfriForum-buurtwag se beskikking is, het drie gewapende mans die vrou beroof, geskiet en ook met ‘n baksteen aangerand. Hulle het te voet gevlug met ‘n selfoon, geld en ander waardevolle besittings.
Die polisie is besig om ‘n verslag saam te stel en gaan binnekort kommentaar lewer. Haar identiteit is nog nie bekend gemaak nie.
Lees die opvolgberig hier: Aktrise wat op kleinhoewe geskiet is se naam bekend
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
32 Kommentare
Wie is sy?? Bekend of te not hoekom mag die publiek nie weet nie?
Sal ook graag wil weet wie dit is.
Indien dit enige ander persoon was het ons geweet wie dit is, maar omdat sy bekend is word haar naam nie bekend gemaak nie, hoekom? Waarom verdien sy meer privaatheid as ander persone? Dit is baie, baie sleg dat mense so verniel word deur die skuim, maar regtig MM, julle is ons verskuldig om ALLE info deur te gee.
Ander blaaie se sy speel in Mzansi so as n mens kan uitwerk wie speel daarin wat so oud lyk behoort dit dalk n kolskoot raai wees.
Plaas aanvallers se name en fotos word dadelik gewys en gegee, so wat is die verskil tussen hulle en ‘n aktrise?