Aktrise wat op kleinhoewe geskiet is se naam bekend

Cicilia “Celia” Kriel. Foto: Facebook

Die aktrise wat Woensdagoggend op ʼn kleinhoewe wes van Centurion aangeval is, se naam is bekend.

Maroela Media het verneem die 47-jarige vrou is Celia Kriel. Volgens ʼn familielid, wat anoniem wil bly, was sy al ʼn agtergrondspeler in onder meer Binnelanders, 7de Laan en Getroud met rugby en het sy glo ook die hoofrol in die verhoogproduksie Othello gespeel.

Maroela Media het vroeër berig sy is omstreeks 00:10 op ʼn kleinhoewe in haar huurhuis in die Hills & Dales-gebied wes van Erasmia deur drie gewapende mans aangeval.

“Na wat verneem word, was sy alleen in die huis. Skote is afgevuur en sy het twee ernstige skietwonde opgedoen,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, vroeër in ʼn verklaring gesê.

Paramedici van Netcare 911 het haar in ʼn ernstige maar stabiele toestand aangetref. Sy is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Marius Müller, nasionale veiligheidskoördineerder van AfriForum, het vroeër aan Maroela Media bevestig drie gewapende mans het die vrou beroof, geskiet en ook met ʼn baksteen in haar gesig geslaan. Hulle het te voet gevlug met ʼn selfoon, geld en ander waardevolle besittings.

ʼn Buurman het glo die skote gehoor en gaan ondersoek instel, waarna hy hulp ontbied het.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder van Gauteng, het aan Maroela Media bevestig die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Cicilia “Celia” Kriel. Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

84 Kommentare

Kiepie ·

Waar in die oorspronklike berig sien jy ‘n verwysing na ‘n “bekende” aktrise? Die berig verwys bloot na “‘n aktrise” en as dit is hoe doe dame haar brood verdien dan is sy mos ‘n aktrise, maak nie saak of ek en jy haar ken of al gesien optree het nie. Dis amper lagwekkend (as dit nie so hartseer was nie) dat ons meer behep is met die sensasie as met die feit dat ‘n vrou aangeval en geskiet is in haar eie huis.

Lollie ·

Koos waaroor gaan jou kommentaar? Het ek iets gemis? Sterkte vir haar! Môre is dit dalk een van ons ander

SNEL ·

Lollie, almal wou gister weet wie die bekende aktrise is en hoekom haar naam n geheim is, dis waaroor Koos se kommentaar gaan.

m ·

Sjoe iewers het ek iets gemis want ek het haar nog nooit in enige van die sepies gesien nie. Sterkte dame hoop jy voel gou beter.

Scalla ·

As ek weer n foto van die aktrise sien sal dit die tweede keer wees. Sterkte aan die vrou, hoop die aanvallers word gekry en word gestraf.

Annie ·

Sterkte en vinnige beterskap. Ken haar nie maar dis baie hartseer, niemand is nerens meer veilig nie.

Rosie ·

Nog nooit v haar gehoor of har raakgesien in sepies nie. Akrise of n extra?

jakoba ·

Is dit al wat vir jou saakmaak? Regtig? n Vrou is aan geval, aangerand en geskiet en al waaroor jy en van die ander flippen worry is of sy bekende is of nie. Gevoelose, koue en neerhalende mense.

zoom zoom ·

Seker nie so bekend as zuma nie. Ken haar van nerens en ook nog nooit gesien. Voorspoedet doe herstel

Anton ·

…LOL Giel jy slaan daai spyker opi-kop…sterkte daar jong dame…

T ·

Baie sterkte! ………….heeltemal onbekend. Maar n mooi vrou.

Attie ·

Jammer Maroela nie op julle gemik, seker maar hoe inligting deurgegee is, maar die tipe sensasie soekery is nou presies hoekom ek nie meer ‘n koerant koop of vir nuus op die web betaal nie. Dit was ‘n ernstige misdaad en sy het baie seer gekry, dit is ook nie regverdig teenoor haar nie, dink hoe sy gaan voel oor al die negatiewe kommentaar wat sy gaan kry.

Irene ·

Iemand sit agter al hierdie plase en hoewe
Dit is skokwekkend soos dit aan gaan en elkeen het a wapen waar kry hulle dit

Gerhardt ·

Jammer om te hoor maar ken haar nie.Wou seker familie in kennis stel.Gee haar n break.Wat sou julle gedoen het?

Francois le Cochon ·

Shame, 2 jaar gelede het haar huis ook afgebrand. Hoop sy herstel volkome.

Ashlee ·

Vaderland, ons lesers is “koud” Met die eerste berig wou almal net weet wie sy mag wees. Naam nou bekend, en almal gil, ag nee, sy moes meer bekend gewees het!! En weinig gee om dat n vrou aangeval was. Het ieder en elk werklik gehoop om n meer bekende naam te hoor? Sies mense!!

Nix ·

Ashlee,
Jy vat die woorde so uit my mond. Wat maak dit saak of sy bekend is of nie, hierdie vrou se privaatheid is binnegedring, sy het gevrees vir haar lewe, sy was bang, sy het seergekry…… Sies, ek sak my kop in skaamte. Mense is wrede goed, en maak so seer….of dit met ‘n geweer of met die mond is……..

Anél ·

Ashlee, ek stem so saam met jou. Skaam julle ongevoelige mense wat dit lees en al wat julle kan uitskryf is ek ken haar nie… wat gaan aan met ons mense? mense verloor hulle lewens elke dag en niemand fokus op die groot probleen nie. Almal aanvaar dit nou as normaal en reageer oor hoe bekend sy is of nie. Dit is hartverskeurend. Mag sy tenvolle herstel maar na so n ondervinding dal sy nooit weer dieselfde mens wees nie. Tot dit julle nie dierek raak nie sal meeste die impak hiervan seker nie kan begryp nie. Ek praat uit n famielie wat twee geliefdes deur geweld verloor het en dit wat die meeste hier skryf bewys net weer hoe min mense werklik omgee.

Helene ·

Ons Suid-Afrikaners het regtig onvergenoegd geraak. Kan nie eers lojaal wees teenoor ons eie mense nie. Geen wonder Suid-Afrika, en die res van die wêreld is besig om te verrot nie.

$ ·

My mening is dit is Maroela se opskrif en manier van beriggewing met die eerste berig wat die negatiewe kommentaar ontlok het. As Maroela eenvoudig berig het dat ‘n vrou aangeval en geskiet is, sou almal met haar gesimpatiseer het. Maroela het egter gekies om sensasie te soek deur na haar te verwys as ‘n aktrise en dan die lesers te laat wonder van wie hulle nou eintlik praat want hulle hou hul geheimsinnig oor watter aktrise dit is, sodat hul lesers onder mekaar moet bespiegel – wat die fokus heeltemal van die misdaad verskuif het na sensasie. Pleks Maroela eers na die.slagoffer verwys het net as ‘n vrou, en dan kon hulle later, in die opvolgberig, haar naam bekend maak en noem dat sy ‘n aktrise is. Dit sou die hele kommentaartrant in ‘n ander rigting geswaai het…

G ·

Nou se my hu kan ek julle vertrou om my rug te cover as ek na die annerkant skiet ..kani julle vertrou ni niks nie

Danie ·

Ek dink meer die komentaar oor haar bekendheid moet voor die deur van die berig gewer gele word. Dit skep onnodige reaksie om te oordryf vir sensasie. Korrekte beriggewing is maar altyd meer betroubaar

al ·

Lyk my op plase en kleinhoewes moet jy maar allerhande ‘voodoo’ poppe orals buite sit en n CD met onaardse klanke speel, laat die vreksels dink jou huis is getoor.

AP ·

Stem saam Ashley, sien niemand hoeveel agtergrond spelers in enige sepie, rolprent ens is nie almal begin van onder en tussen die vervaardigers is sy alom bekend, baie sterkte aan jou!

Dikkes ·

Wie is sy? Bekende aktrise, eerder baie onbekende aktrise.

Leeu ·

Dit sê Aktrise. Tiepiese siek Saffas, vrou word aangeval, nou is sy nie bekend genoeg nie, siek land daai, die hele lot wat daar bly, swart, wit, kleur, almal!

Gert ·

Leeu, as ons almal in hierdie land so siek is, los ons dan uit en bepaal jou by jou aanneem land

Ilse ·

Jy is ongelukkig reg Leeu. Het my rug noodgedwonge lankal op die hele spul gedraai. Lees maar nog net die nuus in Afrikaans.

Anél ·

Presies Leeu, Dit is hartverskeurend om die kommentaar te lees.

marous ·

Die mateloosheidheid om hierdie lafhartige dade elke dag aan te hoor en net niks daaraan te kan doen nie is besig om die oorhand te kry .Die stilswyende goedkeuring van regeringskant is nog erger!!!!

Karina ·

Mense maar julle is kleinlik! Die vrou is aangeval, twee keer geskiet en met ‘n baksteen in die gesig geslaan, en al waaroor julle kerm is dat sy nie “bekend genoeg” is om voor simpatie te hê nie. Julle walg my! Regtig, julle walg my.

Mandy ·

Maak dit saak?…mense raak meer ongevoelig..tot dit met een van julle gebeur

Stom ·

En?! Kobus, as dit een van jou eie was en daar word berig oor so ‘n aanval en niemand simpatiseer nie en lewer die kommentaar : “nog nooit van gehoor nie”! (Maw, dit traak jou nie; gee nie ‘n duit om nie, “so what?!”)…hóé gaan jý voel?! En ek vra dit aan elkeen hier met hierdie ongevoelige, nydige, onsimpatieke, selfsugtige kommentaar! Here, ons mense moet U hart so seer maak. Ek is so verskriklik jammer. ??? Baie sterkte aan haar en mag sy spoedig volkome herstel: fisies en geestelik. Dis ‘n geweldige trauma én om boonop te hoor dat haar huis 2 jaar gelede ook afgebrand het! Dis verskriklik. Here, vertroos en versterk haar, asb.

jakobaj ·

Het iemand al van jou gehoor? Is sy nie belangrik genoeg vir jou nie. Wou jy gehad het dit moes n baie bekende persoon eerder gewens het?

Estelle ·

Bekend of te nie…ons is almal mense en elke aanval op enige persoon is hartseer en onnodig. Ons dink aan die vrou en sy is in ons gebede vir spoedige herstel. Sterkte aan haar geliefdes.

Streep ·

Okay waar trek ons die streep as dit kom by sensasie? “Aktrise geskied op klein hoewe. Plaasboer aangeval. Polisie beampte in arres. ”
Ek het maar net ‘n gewone beroep……maar ek speel graag golf. Sou ek iets oorkom, sal die berig dalk lees “Golf speler in ongeluk”.
Regtig mense, opskrifte is om mens se aandag te trek en niks anders nie.

Tanya ·

Soos die nuus vanoggend tekere gegaan het sou mens sweer Julia Roberts was geskiet. Nee man MM, daar word daagliks mense geskiet en vermoor!!!

KarenG ·

Haar beroep is ‘n aktrise of sy nou bekend is of nie. Dis aaklig wat met gaar gebeur het, hoop sy herstel spoedig!

`Rochelle ·

Sterkte aan hierdie vrou, wat sy nou deurmaak in die hospitaal, imagine as sy uitkom en hoor almal was ontsteld, omdat sy nie bekend genoeg was nie.
As dit nou Angelique , Diaan of Bok se vrou was, sou dit Sondag voorblad van die Rapport wees en ons getroue Steve sal n opkoms reël. Ek skaam my soms om Afrikaans te wees, soveel sensasie in als.
Dame hoop jy herstel en kry baie liefde en drukkies as jy die hospitaal verlaat en dalk n lekker rol in die nuwe opkomende Film – Dis Ons…

Piet ·

Heng mense as ek die blokfluit speel kan ek seker se ek is n musikant as ek wil, of moet mens eers iewers goedkeuring daarvoor kry? Elke akteur hoef mos nie noodwendig bekend te wees nie. Almal in die bedryf was seker op n punt in sy lewe onbekend. Moet tog nie die aandag aftrek van die gruwelike geweld in die land nie. As die motief vir hierdie aanval roof was, waarom is sy met n baksteen in die gesig gegooi en 2 maal geskeit?

Janico ·

Dis oor die geweld in sepies wat ons land maak wat hy vandag is. Hulle kom weg met kriminele oortredings op sepies daarom word dit so deur die publiek gesien en dan dink hulle maar as hulle dit kan doen kan ek ook. En ongelukkig in die werklikheid werk dit nie so nie. Maar dis my mening.

Hanna ·

Leeu jy is aaklig. Bly jy bly nie meer in ons mooi land nie.

Leeu ·

Glo my, ek ook nie. Al die Saffas fokus op dat sy nie so bekend is nie, nie oor wat gebeur het nie. Dis n mooi land met vieslikke mense.

jakobaj ·

Waar om is hy aaklig net omdat hy die waarheid gepraat het? Miskien moet jy so bietjie self nou na jouself kyk. Wat leeu gesê het stem Ek 100% mee saam. Die waarheid maak lekker seer nê.

lynni ·

Groot verskil tussen aktrise en agtergrondspeler. Sies vir die pers.

Stom ·

En nog ‘n groter sies vir jou as dít dan nou so belangrik is vir jou en ál waarop jy kan kommentaar lewer. ?

DS ·

Stem saam skaam my menig keer vir die koue ongevoelige gevoellose kommentaar wat hier gelewer word. Daar is altyd diegene wat dadelik wil weet watter ras is die slagoffer….wat is persoon se naam… spoed was oorsaak van die ongeluk ens ens ens. Wat maak dit saak?? Moord is moord , verkragting is verkragting, dood van geliefde maak bitter seer. Alle slagoffers ly ongeag ras of naam. Bekend of onbekend. Skaam my regtig. Bid eerder jy is nie eendag ‘n statistiek en word oor berig op Maroela Media nie.

Duitswes ·

Volksgenote; FOKUS! ‘n KRIMINELE daad het plaasgevind wat die gruwelike skending van gemeenskaplike MENSEREGTE tot gevolg gehad het; ongeag geslag, ouderdom, lewensstatus, ens. As gemeenskap MOET ons dit veroordeel en hierdie KRIMINELE hul menseregter ontneem en daadwerklik doelgerig optree om die euwel tussen ons met wortel en tak uit te roei sodat ons nageslag vry kan asemhaal in ‘n WARE beskawing…Ons regstelsel ontneem huidiglik ons van ons VRYHEID & PRAG en juis daarom moet ons mobiliseer om strenger wetgewing te bepleit en af te dwing. Lande soos Botswana, Pakistan, ens regeer deur die WIL van die PUBLIEK en … dit werk 100%. Sterkte vir die ongevraagde slagoffer en voorspoed met die herstelpad want JY is MENS nes ek.

Verstom ·

Kersie op die koek is Leeu en Ilse wat op hulle trone verstik in hulle hoogmoed, al spel Leeu so vrot. Onaantasbaar is jy nou ook nie, waar jy ookal in die wêreld op jou hoge troontjie sit… Ja, daar kom soms eienaardige kommentaar waarmee nie almal saamstem nie, maar as “die spul” hier jou ‘n pyn gee, bepaal jou dan by jou eie wonderbare spesie. Afrikaans kan doen sonder jou. En terloops, eendag is jy weer gelyk met almal – ses voet onder die grond saam met die wurms…

Leeu ·

Onthou dit net met 2019 as ons onaantasbare buitelanders weer moet gaan stem vir SA. Mense word vermoor, aangerand en met bakstene in die gesig geslaan, maar die fame en spelling tel vir julle lot. :D Goed gaan, als van die beste vir julle!

Piet ·

Ou Leeu jy is beslis ‘n “ja-stemmer”. Eers jou eie bed opgemaak en nou wil jy nie daarin slaap nie. Soos jy bo kan sien stem ek ook nie saam met die segment wat beheb is met die feit dat die vrou bekend is of nie. Ek dink hulle is heel buite konteks en van die punt af. As jy egter praat van ons en hulle dan is ek eerder een van hulle as wat ek van jou soort is, want jy sien daar is nog die wat glo bloed is dikker as water. Daar is baie goeie mense in hierdie land maar jy sal hulle nie van jou hoogte af kan sien nie.

Bekende aktise...? ·

….wat AGTERGROND rolle speel…?
Seker bekende aktrise vir haar familie ja….
Geen idee wie sy is nie

Geskok ·

Hulle het haar 2 keer geskiet en met n baksteen deur haar gesig geslaan maar word net aangekla van roof?

Max ·

Ek neem aan julle het al die ander slagoffers geken. Aangesien julle nie die onbekende aktrise ken nie.

Betta ·

Almal wat so wonder Wie dit is vanoggend wil ek net se as dit jou familie lid was sou jy nie graag eerste voor die wereld wou weet wat gebeur het nie. My broer se ongeluk waar in hy oorlede is se fotos was op fb 15 min na dit gebeur het en mense het kometaar gelewer en bespiegel wat gebeur het en in detail bespreek hoe dit gelyk het nog voor ons eers geweet het hy is oorlede 4 dae voor kersfees. Have a heart sit jouself in hul skoene. Se maar net

Martins ·

ai so moeg gelees oor die goed, tragies dat mens in jou eie huis angeval word . hoop sy herstel gou.

Johan ·

Of sy bekend is of nie. Wat maak dit saak? Die met negatiewe kommentaar kom bietjie uit jou huis uit. Dis een van ons mense. Jy met jou negatiewe kommentaar het seker ook iewers kommentaar gelewer op sosiale media en gesê hoekom staan ons nie saam nie. Nie enige berig wat geplaas word sal ooit positiewe kommentaar kry nie agv die negatiewe suur mense wat so vol kritiek is.

Viking ·

Kyk nou net hoe rafel ons uit oor die bekendheid van die slagoffer.
Dit is presies wat die media wil uitlok of dit nou mm of nw24 is, almal is lankal van die onderwerp af en val mekaar aan

Nee. Ek weet regtig nie meer nie .... ·

@Leeu.

Leer net eers spel voor jy op my en my mense neerkyk. En ons slegse.

Sterkte aan die slagoffer en haar gesin/familie.

? ·

‘n Saak van huis roof word ondersoek terwyl sy geskiet is en met ‘n baksteen aangerand is. Wat van poging tot moord en aanranding!!!!

Chaparel ·

Iedereen wat hier lees het het hul eie mening of jy nou saamstem of nie oftewel n vrye meningsuiting.
Dit is verskriklik wat met die vrou gebeur het en ek kan net se beterskap en ek hoop dat sy gou weer haar beroep as aktrise kan voortsit.

BenaYaHU ·

Shalom! Lesers
Na al die kommentaar gelees is vind ek dat die meeste individue STEEDS die fokuspunt miskyk.. Oorsaak –> Morele Verval!
DIT is die primere rede vir die verrotting en agteruitgang in hierdie pragtige Land asook wereldwyd .. duidelik sigbaar in die politiek, sake, ‘geloof’, ens. ens.
Of ‘n mens hom-/haarself nou “gelowig” ag of nie, die Skepper erken of nie, byna elkeen het Hom die rug toegekeer! (Terloops, vir die wat sou Gelei voel om dieper te soek, Sy naam is NIE “god” nie.. dis ‘n titel (vra maar AL die ander sogenaamde ‘gelowe’ – hul ‘magtige een’ het ‘n naam)! Die WARE Skepper se naam is YaHUaH!
HallalluYAH!

Nuutste ·

Maroela media, kan julle vir ons laat weet hoe vorder Celia se herstel?

Piet ·

@Nuutste – hoekom? sy’s mos nie bekend genoeg volgens die lesers nie.

jan van riebeeck ·

wel nou is sy n bekende aktrise , net nie op die manier wat sy seker bekend wou word nie , maar nou weet almal en sy oom wie sy is

Catryn ·

BELAGLIK – iemand word geskiet maar daar word ‘n saak van huisroof ondersoek – dis eintlik hoe versag misdaad word …. media speel maar lekker op die stoep van die kriminele … of is dit die polisie

Ernst ·

Sy is blank so daar is geen rede om die arme aanvalers aan te klaar vir poging tot moord en aanranding. Siek polisie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.