Akwarium se laaste twee haaie word vrygelaat

Die haaie op pad na Mosselbaai (24 Mei 2016) Foto: Shelley Gardella/Facebook via Twee Oseane-akwarium

Die haaie op pad na Mosselbaai (24 Mei 2016) Foto: Shelley Gardella/Facebook via Twee Oseane-akwarium

Die Twee Oseane-akwarium in Kaapstad se laaste twee haaie sal binnekort naby Oos-Londen vrygelaat word.

Die akwarium het Maandag bevestig die laaste twee skeurtandhaaie sal vandeesweek nog vrygelaat word.

Renée Leeuwner, woordvoerder van die akwarium, het gesê die twee haaie, wat deel was van die I&J-roofvisuitstalling, sal Dinsdag uit die uitstalling verwyder word en Woensdag naby Oos-Londen vrygelaat word.

Die ander haaie is op 24 Mei vrygelaat.

Leeuwner het gesê akwariumpersoneel sal Dinsdag omstreeks 09:00 die twee skeurtandhaaie uithaal en duikers sal elk van die haaie in ʼn deursigtige PVC-tregter plaas. “Sodra hulle veilig is, sal die twee haaie in ’n 6 000 liter-tenk agterop ’n vragmotor geplaas word,” het sy gesê.

Die vragmotor en tenk is met lewensondersteunende stelsels toegerus om die watergehalte te handhaaf.

Leeuwner het gesê die haaie word vrygelaat, omdat die I&J-roofvisuitstalling in Junie gesluit word vir herstelwerk en ʼn nuwe grootskaalse uitstalling oopgemaak word.

Tinus Beukes, bedryfsbestuurder, het gesê die akwarium laat al sedert 2004 haaie vry en elke haai word met ʼn interne sender toegerus. Dié senders het ʼn 10 jaar batterylewe. “Dit laat die akwarium toe om tien jaar lank data te ontvang van die betrokke senders en lewer ʼn bydrae tot die wetenskaplike navorsing wat om die Suider-Afrika-kus op haaie gedoen word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sune van Heerden ·

Dagsê Jef

Ons vra om verskoning vir die flater! Dit het reeds by die oorspronklike verklaring ingesluip en ons het nie die fout besef nie.
Dit moet inderdaad ‘n 6 000 liter-tenk wees, ons het die berig gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.