Al drie ontsnapte verdagtes weer agter tralies

Die drie verdagtes wat weer vasgetrek is. Foto: SAPD

Die drie verdagtes wat weer vasgetrek is. Foto: SAPD

Die twee verdagtes wat steeds op vrye voet was nadat hulle Donderdagoggend uit die selle van die Primrose-polisiestasie in die ooste van Johannesburg ontsnap het, is weer vasgetrek.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee verdagtes is Donderdagaand weer in hegtenis geneem. Dit kom kort nadat die eerste verdagte enkele ure vroeër vasgetrek is. Hy is in Bertrams in hegtenis geneem ná ʼn wenk van die publiek.

Maroela Media het vroeër berig die drie mans, tussen 25 en 28 jaar oud, het omstreeks 01:00 deur ʼn gat in die muur van hul sel ontsnap. Hulle het vermoedelik ʼn onbekende voorwerp gebruik om die gat in die muur te maak.

Volgens Dlamini sal al drie nou ook tereg staan op aanklagte van opsetlike saakbeskadiging en ontsnapping uit aanhouding. Hulle sal Vrydag in die Germiston-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Tom

Wat ‘n gesig!
Wonder nou of die mnr aan die linkerkant lipstiffie aan sy lippe het? Mnr in die middel lyk of hy op drugs is, en die wenner is Mnr aan die regterkant – met so ‘n paar lippe – daar isnie woorde om te beskryf nie.

Henry

Direksie lede van ESKOM?

Paplepel

Hulle is agter die eerste boom gevang waar hulle eers ‘n paar trekke moes neem.

Jan Brand

Skurkies, dink hulle was slim. Toe vang Skurkie (Slim) sy Baas. Lekker man Lekker.

KAG

EISH – Verseker nie die tipe ouens wat jy na ‘n braai toe nooi nie. Groot fout daar :-)