Al hoe minder leerders neem sleutelvakke

(Argieffoto: Unsplash)

Die getal hoërskoolleerders wat kies om vakke soos rekeningkunde, wiskunde en fisiese wetenskap te neem, daal deurlopend en behoort waarskuwingsligte by die departement van basiese onderwys én die regering te laat flikker.

Nomsa Marchesi, DA-woordvoerder oor basiese onderwys, sê die Skoolvakverslag vir 2019 wys die getal leerders wat dié vakke neem, daal sedert 2015. “Die getal leerders wat dié vakke slaag, is selfs minder,” het Marchesi gesê.

Die getal studente wat wiskunde neem het van 263 903 in 2015 na 222 034 in 2019 gedaal. Net 121 179 (54,6%) studente het wiskunde vanjaar geslaag, teenoor die 58% die vorige jaar. Net 35% het boonop meer as 40% vir wiskunde behaal, teenoor die 37% in 2018.

Die getal studente wat fisiese wetenskappe neem het gedaal van 193 189 in 2015 na 164 478 verlede jaar. Slegs 124 237 (75%) van hulle het geslaag.

Die getal leerders wat rekeningkunde neem het met amper die helfte gedaal van 140 474 in 2015 tot 80 110 verlede jaar. Slegs 62 796 (78,4%) van hulle het die pas afgelope rekeningkunde-eksamen geslaag.

Sleutelvakke
Getal leerders in 2015Getal leerders in 2019Getal leerders wat slaag (2019)
Wiskunde263 903222 034121 179
Fisiese wetenskap193 189164 478124 237
Rekeningkunde140 474 80 110 62 796

 

“Ons werksmag ondervind ʼn groot tekort aan ingenieurs en gesondheidswerkers, [studierigtings] waarvoor wiskunde en wetenskap nodig is. Die departement het kennis geneem van die neiging, maar die dalende syfers oor die afgelope vyf jaar is ʼn duidelike aanduiding dat niks gedoen word om die situasie om te keer nie,” het Marchesi gesê.

Die DA pak die skuld hiervoor op minister Angie Motshekga en sê dit is dalk tyd vir haar om die tuig neer te lê sodat vars idees Suid-Afrika kan help om die gehalte van sy onderrig reg te ruk en aan die behoeftes van die ekonomie kan begin voldoen. Motshekga het tydens die aankondiging van die matriekuitslae Dinsdag gesukkel om die getal R1 763 000 uit te spreek.

Marchesi sê ten spyte van enorme begrotingsbeperkings styg die gehalte van onderrig in die DA-geleide Wes-Kaap. Die provinsie spog met die grootste getal onderskeidings en die klas van 2019 se voorste drie studente kom uit die Wes-Kaap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Megan Swart ·

Dagsê Wat
Dit was inderdaad ‘n fout. Ons vra om verskoning vir die vingerfout. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Mossie ·

En die rede daarvoor?: daar is nie meer bevoegde onderwysers wat hierdie vakke kan aanbied nie. Gee die onderwysers beter opleiding en die kinders sal beter vaar! Al hoe meer ouers moet by oud/afgetrede onderwysers om hulp aanklop vir ekstra klasse sodat die kinders die inhoud kan probeer verstaan, want die meeste jonger onderwysers van vandag weet self nie wat in die vak aangaan of hoe om die vak aan te bied nie!! Dis belaglik om die minste daarvan te sê.

ZeldA ·

Dieselfde probleem in ons dorpie. Een hoërskool met onbevoegde onderwysers… Nie eers gekwalifiseerd nie… En die kinders druip op strepe… Eerste kwartaal ( verlede jaar) het die HELE graad 8s wisk gedruip.

Frank ·

Ja, ek ys ook vir hierdie jaar. Myne is in matriek. Maar ek sien dit dat agv die algemene swak onderrig moet kinders leer om meer op hul eie te werk, meer gereeld deur die dag se werk te gaan, vraestelle uit te werk ensomeer. Gaan dan makliker naskools ook studeer. Maar sê dit nou vir ‘n koshuiskind….

Braam Maree ·

Dit sal nogal interessant wees om so n ontleding te sien van vakke wat die duisende “studente” op universiteit neem.

Hanna Hoekom ·

Hulle neem vakke vir rigtings soos menslike hulpbronbestuur en ander om uiteindelik in die staatsdiens te kan werk. In rigtings soos ingenieurswese, rekeningkunde en wetenskappe is die klasse egter byna leliewit. Dit was my ondervinding in 2006 by n universiteit in Pretoria.

Pieter ·

As ek so na ou angie en zuma se wiskunde luister is dit beter die leerders bly weg van wiskunde af

skurweberg ·

Jammer weer net ‘n diagnose maar nie ‘n oplossing nie: “Onderwysers wat hierdie vakke aanbied, is in aanvraag in die privaatsektor en hulle skroom nie om te loop as hulle die geleentheid kry nie. Werksomstandighede in die onderwys het onhoudbaar geword weens die verval in gesinstrukture en die kulturele verskille wat ons gehoop het versoenbaar sou wees. Dit is ‘n trajek waarin ons uit onkunde beland het en onvoorspelbaar was. Die wrange vrugte is reeds sigbaar op bykans elke lewensterrein denkbaar. Ons en ons kinders pluk reeds die vrugte, saam met die res van die burgers van Suid Afrika.

Johanna Botha ·

Ag onderwys onder die anc is a hoeveel keer verander …….nou gaan ons braai ….intussen drink jy net nog n dop !

jAN ·

ek kan my self net indink hoe gaan die land se ekonomie in n paar jaar vorentoe wees ,as daar nie rekenkundiges is wat weet hoe werk finansies nie . dit is gabaseer op rekenkunde en wiskunde ken nie nioe die verskil tussen honderde, duisende en miljoene…..waar gaan die land

H ·

Daar is baie kinders wat nog daai vakke neem.Dit word baie uitverband geruk. Daar is ook baie kinders wat daai vakke op skool gehad het en vandag sonder werk sit.
Laat n kind volgens sy vermoe kies. Jy het nie daai vakke nodig om n goeie le te he nie.

Leon ·

Daar is ook ‘n ander probleem. Kinders en studente wil nie meer tegniese rigtings volg nie want BEE hou jou terug in die tegniese rigtings. Die persone van kleur wil net die lekker beroepe be-oefen wat maklik studeer. Die nuwe Mediese Versekering sit mense ook af van mediese en dus minder wat in die rigtings wil studeer. Blameer dit op die onbevoegde regering met oogklappe wat net alles vir hulle self wil inpalm.

Akademiese Wetenskaplike ·

Moet asseblief nie hierdie kommentaar verwyder nie. Dit is ondersteun deur akademiese literatuur uit top universiteite wereldwyd soos Harvard, Berkley, Minnisota, Amsterdam, Beijing Genomics Institute, ens. . Dit is krities belangrik dat die Suid- Afrikaanse publiek bewus is van die feite, om rasionele besluite oor die toekoms te maak.
As u die akademiese journale bestudeer, in die psigometriese en genetiese velde, is dit nou oorweldigend aanvaar dat die gemiddelde IK van Swart mense in Suid- Afrika om en by 69 is. Daar bestaan geen twyfel onder die meerderheid akademici nie. Die data is absoluut duidelik.
n IK onder 70 word aanvaar as verstandelike vertraging (effens meer as 50% van die groep). n IK minder as 83 word aanvaar as net geskik vir fisiese arbeid onder toesig (75% van die groep). Net 2.1% van die groep het n IK meer as 100 (die gemiddelde IK van die KaukasiesKaukasiese groep). Net 0.0333% het n IK meer as 120 (die minimum IK nodig vir suksess in die STEM vakke by universiteit).
Kennis van die feite maak dit moontlik om te verstaan wat aan die gang is in die Suid-Afrikaanse institute van basiese en hoer onderwys. Dit maak dit ook moontlik om te verstaan wat oor die algemeen in Suid Afrika (en die res van Afrika) aangaan.

TDT ·

Ek was onder doe indruk dat Wiskunde (selfs lit) ‘n vepligte vak was (tot in Gr12)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.