Al hoe meer olifante in Kruger gestroop

Argieffoto (Foto: ajoheyho, Pixabay)

Argieffoto (Foto: ajoheyho, Pixabay)

SANParke het bekend gemaak dat olifantstropery besig is om in die Kruger-wildtuin toe te neem.

Nicolas Funda, hoofwildbewaarder, het Sondag gesê die wildtuin het vanjaar reeds 22 olifante verloor weens stropery – dit was die totaal vir 2015.

“Ons verwag dat dit minstens dubbel soveel gaan wees hierdie jaar,” het Funda bygevoeg.

Dr. Marcus Hoffmeyer het tydens ʼn uitstappie vir die media oor olifantstropery, ʼn olifant verdoof om bloed- en weefselmonsters te neem. Die monsters sal geberg word en vir DNS-toetse gebruik word as toekomstige verwysings vir gesondheidstoetse en om die olifant te identifiseer indien dit gestroop word.

Die olifant is met ʼn doofpyl geskiet. Dit het ongeveer agt minute geduur voor die dier verdoof is. “Die olifant sal ongeveer 30 minute lank verdoof wees,” het Hoffmeyer verduidelik.

Funda het gesê daar is ongeveer 17 000 olifante in die wildtuin, maar het gewaarsku dat die grootte van die wildtuin dit moeilik maak om stropery te voorkom.

Albert Mashaba, streekwildsbewaarder, het gesê daar is veral ʼn groot aantal voorvalle op die oostelike grens met Mosambiek vir handelsredes. Hy het gesê stropers teiken dié deel weens die hoër bevolking van olifante en die nabye ligging aan die grens. “Olifante word óf geskiet óf vergiftig.”

Mashaba het gesê die stropers werk in groepe van drie. “Een persoon skiet, een persoon pak die tande en die derde persoon dra die kos.”

Volgens hom is dit ook makliker vir drie persone om die vonds te dra. “Die tande is swaar, so dan is dit makliker vir hulle om te dra.”

Funda het gesê SANParke word in Phalaborwa bygestaan deur ʼn honde-eenheid en ʼn helikopter by Skukuza, om stropers te volg.

Altesaam 110 aasvoëls het boonop in Februarie gevrek nadat hulle vergiftigde olifantvleis gevreet het.

Mashaba het gesê vroue is ook nou in stropery betrokke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Irene ·

Ja jammer maar wie se skuld is dit dat hulle so in ons land in kom gaan kyk eers daarna

Justa ·

Kruger is mos nou n oorgrens park met Mozambiek. Wat het hulle verwag? Dit moes nooit goedgekeur gewees het nie. Dan is daar nog jagkonsessies langs KNP. Help nie om die publiek in te lig nie doen iets en gou ook anders gaan on al ons diere verloor.

Grap ·

Maak die oosgrens park toe,hoekom dit ooit gedoen is weet net die manne met die gemiddelde IK van 75.

vierkleur ·

is omdat julle maatjies uit mosambiek so lekke vrylik oor die grens kan beweeg. Lig die draad en patroleer die grense soos in die ou dae.

DAAN ·

DIE DING WAAROOR NIEMAND PRAAT NIE. DAAR IS TE VEEL OLIFANTE IN DIE PARK EN WANNEER DIE OLIFANTE UIT GEDUN MOET WORD SKREEU AL DIE DIERELIEF HEBBERS BAIE HARD. KRUGER SIT AL JARE MET DIE PROBLEEM VAN TE VEEL OLIFANTE EN AS HULLE LOSGELAAT WORD VREET HULLE DIE MIELIES IN DIE NAG VAN DIE PLAASLIKE BEVOLKING. DIS N GROOT PROBLEEM IN AFRIKA. EK WEET EK SAL NOU SEKER BAIE NEGATIEWE KRITIEK KRY OOR DIE WAARHEID.

Paul ·

Korrek. Olifante is nie ‘n bedreigde spesie nie – slegs sommige spesifieke bevolkings van olifante, meestal in Sentraal-Afrika, is bedreigd. Hier onder in Afrika is daar verreweg te veel olifante. Hulle breek die groot bome af en verwyder sodoende die kos en skuiling van ‘n groot aantal ander, kleiner diersoorte. Wat ook gebeur is dat klein planteters die bas van bome begin vreet omdat hulle ander kos opraak, dan “ringbas” hulle die oorblywende bome wat die olifante nog nie omgestoot het nie en dit vrek ook. Hierdie is nie spekulasie nie, dis wetenskaplik vasgestel. Omdat die olifante ingehok is in die park, kan hulle nie migreer soos hulle natuurlik sou doen wanneer die lekker kossies opraak nie. Nou breek hulle die groot bome af. En dis die “animal rights” beheptes wat hierdie natuurverwoesting aanmoedig. Ten minste dun die stropers nou die olifante uit, maar ‘n beplande uitdunning (volledige familiegroepe gelyktydig geskiet eerder as lukraak een-een) sou baie beter wees en is broodnodig.

Christo Pienaar ·

Stem saam. Oorbevolking van olifante lei tot habitatvernietiging. So ook in ander reservate in Botswana en Zimbabwe gebeur. Sodra die mens inmeng met die natuurlike verspreiding van spesies soos byvoorbeeld reservate met grense, word wetenskaplike natuurbestuur van groot belang, Jammer vir die ‘bunny huggers’.

Jan maak n Plan ·

Om die KNP se oorbevolkte olifante se getalle in toom te hou is vreeslik maklik. Begin deur om van die diere uit te sit op goed beheerde jag konsessies en sodoende sal jy nog geld ook vir die diere kry. Die vleis kan verwerk word en ook verkoop word. Het al persoonlik olifant vleis pastei geeet en dit was vreeslik lekker.

Paul ·

Lees gerus Asner, Vaughn, Smit en Levick se studie “Ecosystem-scale effects of megafauna in African savannas”. Dis gratis op die internet beskikbaar. Hier is ‘n deel van die abstrak: “Natural protected areas are critically important in the effort to prevent large-scale megafaunal extinctions caused by hunting and habitat degradation. Yet such protection can lead to rapid increases in megafauna populations. Understanding ecosystem-scale responses of vegetation to changing megafaunal populations, such as the case of the African elephant Loxodonta africana in savannas, requires large-scale, high-resolution monitoring over time. From 2008 to 2014, we repeatedly surveyed the fate of more than 10.4 million woody plant canopies throughout the Kruger National Park, South Africa using airborne Light Detection and Ranging (LiDAR), to determine the relative importance of multiple environmental, biotic and management factors affecting treefall rates and patterns. … Elephant density was up to two times more influential than fire frequency in determining treefall rates, and this pattern was most pronounced for taller trees (> 2 m in height). Our results suggest that confining megafauna populations to protected areas, or reintroducing them into former or new habitat, can greatly alter the structure and functioning of the host ecosystem. Conservation strategies will need to accommodate and manage these massive ecological changes in the effort to save megafauna from extinction, without compromising system functionality.”

Takkie Takuuza ·

Ou Jan, jy sal vir jou nou mos ‘n groot klomp bohaai op die hals haal. Mense wil ‘n aanval kry as ‘n dier uit die veld gedood word maar hulle dink nie aan die duisende beeste varke skape en hoenders wat daagliks geslag word nie. Nee die bok in die veld is uitverkore, of hulle nou geteel word of nie en of SA 30 duisend ton per jaar wildsvleis uitvoer of nie.

Paul ·

Dis die verskil tussen “natuurbewaring” en “diereregte”. Natuurbewaring is ‘n bestuur en eintlik “boerdery” met wilde diere en hul habitat binne ‘n afgebakende gebied. (Jy soek tog nie die leeu en die olifant in jou agtertuin in die stad nie!)
Diereregte gaan oor “Moenie die diertjies met hul mooi ogies skiet nie!”

Theresa B ·

Julle moet daadwerklik aksie neem om ons diere te red mense!! Nie net praat en geld insamel nie………………………………..

Paul ·

Dis nie “ons diere” nie. Dis die regering se diere.
En daar is heeltemal te veel olifante in die KNP. Dis jammer dat dit nou maar die stropers is wat hulle uitdun, maar dis weens “diereliefhebbers” se gehuil dat die uitdunning nie wetenskaplik en behoorlik kan plaasvind nie.

Cobus ·

Is ou nuus.is tyd laat die mense uitgedun word want hulle is te veel.is tyd dat geen mens mag bou en bly binne 50km van enige natuureservaat nie.
Diere raak te veel agv mense wat invade instede van spasie gee.
My wildcard is al lankal onaktief agv die feit dat ek weet wat daar aangaan en nou wil ons wolf wolf skree.
Kom by julle jagbehepte .selfbehepte wesens en kyk bietjie uit n ander oogpunt na bewaring en die waarde daarvan.
As diere te veel raak wil ons uitdun.as mense te veel raak aanvaar ons.pas geboorte beperkings toe en dun bietjie daar uit en verkoop organe en ledemate of stop op en display.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.