‘Al hoe meer staatsamptenare oortree die wet’

Yolisa Matakata, waarnemende hoof van die Valke. Foto: ANA

Lt.genl. Yolisa Matakata, waarnemende nasionale hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het haar kommer uitgespreek oor die toenemende getal staatsamptenare wat die wet oortree.

Van 1 November 2017 tot datum is ongeveer 92 staatsamptenare van verskillende regeringsentiteite oor al die provinsies heen in hegtenis geneem deur die Valke vir verskeie oortredings, insluitend korrupsie, gewapende roof en diefstal, het sy in ʼn verklaring gesê. “Dit sluit 28 polisiebeamptes, 45 verkeersbeamptes, ses beamptes van die departement van binnelandse sake en ander staatsamptenare, insluitend munisipaliteite in. Altesaam 34 verkeersbeamptes is net van Limpopo.”

Sy het gesê diegene wat toevertrou word om die regering te bestuur, is veronderstel om dit eerbaar en met integriteit te doen. “Hulle is veronderstel om bo verdenking te wees, om die publiek se vertroue in die staat te verseker. Dis kommerwekkend dat Limpopo so groot getal beamptes het wat in hegtenis geneem is. Buiten die 34 verkeersbeamptes is 10 polisiebeamptes in hegtenis geneem in verband met korrupte aktiwiteit. Gauteng is kort op dié provinsie se hakke.”

Matakata het gesê die Valke se mandaat is om die vertroue van die burgers in staatsinstansies te herstel en om aanspreeklikheid te bied. “Ons regstelsel is gebaseer op ons Grondwet. Dit beteken niemand is bo die wet verhewe nie, en die wet moet toegepas word – ongeag status of enige ander oorweging. Ons land staan al lank bekend daarvoor dat ons korrup is. Ons kan nie toelaat dat korrupsie die fondasie van hierdie land vernietig nie en ons kan nie ons blind hou daarvoor nie.

“Die integriteit en beeld binne ons regeringstelsel moet nooit ondermyn word nie en moet ʼn bron van trots wees vir ons burgers. Die stryd teen korrupsie kan nie net aan die regering oorgelaat word nie. Die burgerlike samelewing en die media is ook noodsaaklik oom korrupsie aan die lig te bring, houdinge te verander en die publiek se apatie teenoor korrupsie om te keer.

“Korrupsie kan nooit geduld word nie. Ek dank diegene wat korrupsie aanmeld: hulle help ons in ons strewe om ʼn skoon regering te verseker en om oneerlikheid in die staatsdiens met wortel en tak uit te roei.

“Ek is oortuig dat die Valke vreesloos moet wees in die stryd teen korrupsie. Met hierdie inhegtenisnemings is ons onder geen illusie dat die probleem al opgelos is nie. Ons waarsku diegene wat dink hulle kan die stelsel omseil en steeds in die versoeking is om te oortree, dat ons seker sal maak dat hulle aangekeer word en dat hulle vervolg sal word binne ons bekwame regstelsel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

marous ·

Die grootste korruptes lei die land , en hulle kom niks oor nie. Waarom sal die onder hulle nie hul voorbeeld volg nie?

Anton ·

Liewe generaal?
Jy het die maklikste taak in Suid Afrika. Arresteer die senior besture van alle staatsinstellings en munisipaliteite want hulle is almal diewe en swendelaars. Die twee ouens wat die moeilikste take sal he is die ou wat die tronke moet bou om die bogenoemde gespuis vir ewig te laat vrot en dan die arme drommel wat dan eerlike en bevoegde mense moet vind om die bogenoemde poste weer te vul. Ek het geen vertroue dat selfs die twee ouens gevind sal word nie.

Alida 2 ·

“Die stryd teen korrupsie kan nie net aan die regering oorgelaat word nie” sê Lt.Kol. Matakata.
Sy is heeltemal reg. Daar moet met die regering begin word. Kry al die korruptes so vinnig en sonder hofsake daar uit. Dan hoofde van Eskom, SAL, SAUK ens. en werk af ondertoe. As die kop nie korrup is nie sal dit maklik wees om die res van die lyf ook reg te kry.
As iemand onder kla oor korrupsie boontoe word hulle net afgedank.
Dit is maklik om ‘n rugby afrigter die trekpas te gee as die span nie presteer nie. Hoekom moet dit dan so moeilik en omslagtig wees om van ‘n korrupte hoë amptenaar ontslae te raak.
As SAL , SAUK Eskom ens. nie winsgewend bedryf kan word nie het die bestuur nie hulle werk gedoen nie, dieselfde as ‘n Springbok span wat nie presteer nie.

Lynne ·

Solank die Politieke WIL ontbreek, gaan ons nêrens kom nie!

Grassie ·

Sy probeer nou mooi broodjies bak. Veral haar stelling dat niemand bo die wet verhewe is nie ongeag status, is lagwekkend. Al die jare het Zuma en sy kornuite ons ekonomie in afgradering in geplunder en hulle het nie ‘n vinger verroer nie. Hulle het met groot fanfare toegeslaan op beuselagtighede, veral waar witmense oortree het, om die skyn te bewaar dat hulle misdaad bekamp. Hulle het wel groter sake ook hanteer solank dit nie Zupta & Kie raak nie. Nou, met ‘n nuwe baas wat besig is om oor te neem, is hulle skielik vol nuwe voornemens. Dit is die soort houding wat die Engelse “Holier than thou” noem.

Wonder maar net ·

Restellende Aksie aanstellings in Staatsdiens en Privaatsektor is ook die GROOT sondebok van so baie korrupsie en bedrog wat plaasvind in die werksplek.
Voornemende Kanidate se kwalifikasies en werksagtergrond word nie behoorlik nagegaan om te kyk vir enige ongeruimdhede in voornemende werksoeker se profiel nie.

Jacques Venter ·

Wonder maat net
Dis nie regstellende aksie se skuld nie. Dis die verkeerde toepassing van die beleid.

Lynette ·

Lagwekkend!!!!! Korrupsie sal nie geduld word nie. Hahaha. Maar Zuma word nie raakgesien nie. Julle sal nooit ons vertroue kan wen voor julle nie bewys dat julle wel teen julle vriende se korrupsie optree nie.

Heleen ·

Wel ons weet mos almal dat die land deur kriminele regeer word…

JANE ·

As hulle nou erken daar is honderde polisiebeamptes wat nie KAN LEES EN SKRYF NIE, wonder ek hoeveel van hierdie makkers sit in ander staatsdiensposte? Hoe het hulle ‘n polisieman gekeur wat nie kan lees en skryf nie? En moenie die ou sad storie van skole met my begin nie, hulle het skole gehad wat hulle afgebrand het. So as jy nie kan lees en skryf nie IS DIT JOU EIE SKULD maar dan hoort jy in GEEN posisie voordat jy jouself bekwaam het nie.

Lolla ·

Meeste Staatsamptenare van ANC oortree nog ALTYD die wet, “al hoe meer staatsamptenare” word maar nou eers uitgevang.

bgj van der westhuizen ·

wel mense dit is as n land weg gegee word vir n klom mense wat net mooi niks weet van om n land te bestuur nie wie moet ons bedank vir dit die ou regering np

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.