Al hoe meer vrae oor SAL-finansiering

(Argieffoto: ANA)

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) hervat aanstaande maand weer vlugte nadat sy vlerke maande lank geknip was, maar daar is al hoe meer vrae oor waar die geld vandaan kom om die redery aan die gang te kry.

Zwelinzima Vavi, algemene sekretaris van die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde (Saftu), sê die Takatso-konsortium, wat ʼn aandeel van 51% in die SAL bekom, het net ʼn week gelede nog gesê die afhandeling van die transaksie kan nog geruime tyd duur.

Dit beteken die SAL gaan volgende maand sy bedrywighede hervat sonder enige van die konsortium se geld. Gevolglik het die SAL beplan om die R500 miljoen wat die regering vir die sakereddingsproses sou gebruik, vir die hervatting van sy bedrywighede in te span.

“Nou moet jy die vraag vra: As die SAL sy bedrywighede sonder die beloofde R3 miljard van die Takatso-konsortium kan vervat, het die SAL werklik private eienaars benodig om weer lewe daarin te blaas? Kon die SAL nie sonder privatisering gered word nie?” vra Vavi.

Volgens Saftu is mense om die bos gelei om te glo dat die enigste manier om die SAL te red deur privatisering is.

Vavi sê hoewel die staatsektor deurspek is met korrupsie – en die gevolge daarvan verwoestend vir dienslewering is – is korrupsie in die private sektor veel erger. En duurder.

“Die beklemtoning is nodig as teenvoeter vir diegene wat korrupsie in die staatsektor gebruik as dekmantel vir die privatisering van staatsbeheerde ondernemings.”

Die meeste korrupsie in die staatsektor kan boonop nie sonder die private sektor plaasvind nie. “Die private sektor koop staatsamptenare om sodat tenders aan hulle toegeken word. Hulle doen skenkings aan die regerende party se koffers met die hoop om tenders te kry,” sê Vavi.

Korrupsie sluit in opgeblaasde pryse vir die uitkontraktering van goedere en dienste deur die staat en lê die staatsektor lam. Dit sluit in aankope vir enigiets van ontsmettingsmiddels tot steenkool vir Eskom. “Hoewel private maatskappye geld in omkoopgeld teruggee, is die hoofbegunstigdes van korrupsie in die staatsektor private maatskappye.”

Vavi sê die SAL is ook op sy knieë gedwing deur onder meer die plundering wat plaasgevind het deur die peperduur goedere en dienste wat private maatskappye in samewerking met SAL-amptenare gelewer het.

Pleks daarvan om die redery te privatiseer, moes die regering korrupsie uitgeroei het.

“Nes die Zuma-administrasie die SAL deur tenderpreneurskap gemelk het, het [pres. Cyril] se regering die SAL aan sy sakevriende oorhandig. Dit sal ons nie verbaas as ons in die toekoms uitvind dat die regering geld vir die Takatso-konsortium gegee het om die 51%-aandeel in die SAL te koop nie,” sê Vavi.

Saftu sê die SAL moes in die eerste plek nie geprivatiseer geword het nie.

“Die SAL se hervatting van bedrywighede sonder die Takatso-konsortium se geld, is bewys dat die regering die rekening vir SAL betaal.”

Vavi sê basiese dienste, soos vervoer, gesondheidsorg en onderwys, behoort nie aan die private sektor gegee te word nie. “Wanneer dit geprivatiseer word, word goedere onbekombaar vir gewone werkende mense omdat winsgedrewe private ondernemings buitensporige pryse instel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

JohanR ·

Op een of ander bedrog manier sal die belasting betaler betaal vir SAL! Wag maar soe 18 maande dan is SAL weer bankrot.

Tino ·

Wonder of MM al te hore gekom het van Global Aviation se ontrekking met SAA V2.0

Pieter ·

N kommunis word skem gebore jy kan hulle nooit ooit vertrou nie.

Samuel ·

Die regering (SAL) se boeke is duister om te lees. Iewers het van die regering se vriende, in goeie Afrikaans gesê, ‘n vinger in die pie. Jy kan geen politikus vertrou nie. Pffffft

Dup ·

Party word skelm en korrup gebore en ander word deur hulle party geskool.Ons kan net asem ophou vir SAL se uiteindelike “opstyg”.

Niklaas ·

Ja, daar word alweer ‘n swetterjoel leuens die wêreld ingestuur. Die SAL saak het reeds talle nuwe miljoeners in ons land geskep, en dinge sal steeds so voortgaan ook. Wonderlik.

gehasie ·

Hierdie is ‘n daadwerklike poging deur die ANC om sy eie privaat lugredery te bekom geborg deur die belastingbetaler!!!

Grassie ·

Eki sal nie verbaas wees as die staatsdienspensioenfonds geplunder word in hierdie transaksie nie.

jou gewete ·

daar sal beslis bedrog wees en belastig betaler sal verby kom. dis hoekom belasting verset nie meer n opsie maar n noodsaklikheid word. hoe gouer hoe beter

Jr ·

Wens ons kon met brilletjies Vavi net gevavi vava voom en siedar weg is jy. Nie die skerpste potlood in die pakkie nie

Yvonne ·

Geen wonder die ANC kan sy eie mense nie eers betaal nie….hier trek n rokie

Nie Verbaas ·

In die hande van ANC en kaders sal niks ooit suksesvol wees nie.

Fred ·

Is die PIC wat basies die staats pension is nie die geld agter die hele ding nie?
Ek het dit erens raak gelees so n ruk terug.

Realis Thailand ·

Julle die belastingbetaler gaan nog lank aan SAA geld skenk sodat die ministers verniet kan vlieg
gelukkig nie meer na Europa maar net n paar afrika lande.
hier kom nog ander hase uit die hoed ook.Dit is een korrupte spul
Al die breekgoed is verkoop en baie spaarparte ook so die moet weer aangekoop word ten duurste

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.