Al hoe meer wenke oor elektrisiteitsdiefstal, sê Eskom

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Argieffoto (Foto: baptisteh, Pixabay)

Eskom het gesê daar is ʼn beduidende toename in die aantal anonieme wenke wat hulle in Noordwes ontvang ná die instansie se Operasie Khanyisa-bewusmakingsveldtog.

Operasie Khanyisa is Eskom se nasionale gedragsveranderingsveldtog wat ten doel het om die wettige en veilige gebruik van elektrisiteit te bevorder. Volgens Bryan Katane, voorloper van die veldtog, stel ʼn groot aantal gebruikers en klante Eskom in kennis van koepons vir voorafbetaalde elektrisiteit wat onwettig verkoop word, en danksy dié bruikbare inligting, word ondersoeke oor die provinsie heen van stapel gestuur.

Sedert 2013 het Eskom reeds meer as R800 miljoen in inkomste herwin, hoofsaaklik uit boetes en herverbindingsfooie.

Minstens 50 persone is reeds in hegtenis geneem wat vermoedelik elektrisiteit gesteel het en 26 sake duur voort in verskeie howe.

Katane doen ʼn beroep op Suid-Afrikaners landswyd om saam met Eskom te werk in sy stryd teen elektrisiteitsdiefstal, wat die land ongeveer R20 miljard per jaar kos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Manie ·

Daar word openlik gesteel in die swart woongebiede sonder enige newe gevolge. Is daar dalk n verskil van wie vervolg word en wie nie?

snertkop ·

as die (voorheen munisipale) holiday resorts/ karavaanparke regoor Suid Afrika self elektriseteit betaal sal die dorpe se eskom skuld ook minder wees. maar daar kom nie n piep uit eskom, die plaaslike munisepaliteite of die inwoners hieroor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.