Al hoe meer wil entstof hê

Navorsing wys dat al hoe meer bereid is om die entstof teen Covid-19 te ontvang. (Foto: Michele Spatari/AFP)

Al hoe meer Suid-Afrikaners is bereid om die entstof teen Covid-19 te ontvang – en dít selfs voor die derde vlaag van koronavirusinfeksies Suid-Afrika getref het.

Volgens die jongste NIDS-Cram-opname* wat in April en Mei vanjaar gedoen is, het die aankoms van entstof ʼn nuwe era in Suid-Afrika se stryd teen Covid-19 ingelui. Die fokus het verskuif van om die virus in bedwang te bring na pogings om die virus heeltemal te stuit.

In die jongste opname het navorsers bevind tot 76% van Suid-Afrika was in Mei vanjaar bereid om die entstof te ontvang, ʼn styging van die 71% van mense wat vantevore bereid sou wees om ingeënt te word, sou die entstof vir hulle beskikbaar wees.

Die opname het bevind die helfte van mense wat in Februarie/Maart nog huiwerig was om die entstof te ontvang, het nou van plan verander en is bereid om ingeënt te word toe hulle in April/Mei daaroor uitgevra is.

Hoewel mense aandui dat hulle bereid is om die entstof te ontvang, het veel minder egter reeds vir die entstofprogram geregistreer.

“Gedragstudies wys daar is dikwels ʼn groot gaping tussen bedoelings in reaksie op ʼn opnamevraag en die uiteindelike keuses en gedrag van individue. Ons kan nie aanvaar dat bedoelings outomaties gaan oorskakel in gedrag nie. Die gaping kan dalk verklein met ʼn afname in onsekerheid en vrees terwyl die program momentum kry en ʼn groeiende getal eerstehandse entstofervarings verkeerde verwagtinge regstel.”

Die navorsers het bevind gegewe onsekerheid oor die afleweringsdatums van entstof, logistieke kommer en voortgesette huiwering om die entstof te ontvang, lyk dit toenemend onwaarskynlik dat die virus teen die einde van vanjaar in bedwang gaan wees.

Die grootste redes vir mense se huiwering om die entstof te ontvang, is kommer oor die newe-effekte (31%), mense wat nie glo dat dit werk nie (21%) óf die feit dat hulle nie entstof in die algemeen vertrou nie (18%).

Die studie het egter ook bevind die meeste mense met chroniese siektetoestande, asook ouer mense (dus mense met ʼn groter gevaar om ernstig siek te word of te sterf weens die virus) is meer bereid as die res van die algemene bevolking om die entstof te ontvang.

Jonger mense (18-24 jaar) is egter veral huiwerig om die entstof te ontvang.

Die studie het ook bevind dat tot 42% van Afrikaanssprekendes steeds huiwerig was om die entstof te ontvang. Dit is veel hoër as die nasionale gemiddeld van 29%.

Die navorsers het bevind die uitslae – wanneer na respondente se taal gekyk word en die oorheersing van Afrikaans in die Wes- en Noord-Kaap – dui ook daarop dat respondente in dié twee provinsies gemiddeld groter huiwering het om die entstof te ontvang.

Huiwering per provinsie:

  • Wes-Kaap: 42%
  • Noord-Kaap: 41%
  • Limpopo: 22%
  • Noordwes: 26%
  • Gauteng: 28%

Naweke pootjie program

Nic Spaull, een van die hoofnavorsers, sê hulle het ook gevind een van die faktore wat Suid-Afrika se maatskaplike en ekonomiese herstel terughou, is die versuim om die entstofprogram behoorlik oor naweke vol te hou.

“Deur die gemiddelde entstofkoers van die Vrydag voor en Maandag ná [ʼn naweek] te gebruik, word geraam dat ʼn bykomende 1,3 miljoen bykomende entstowwe tussen 17 Mei en 5 Julie vanjaar toegedien sou kon word as entstof op Saterdae en Sondae, asook op die vakansiedag op 16 Junie beskikbaar was,” het die navorsers bevind.

Die gebrek aan inentings oor naweke word bestempel as ʼn “beperking” op Suid-Afrika se entstofprogram.

“Hoewel entstofvoorraad aanvanklik die grootste beperking vir die inwerkingstelling van die program in Suid-Afrika was, is dit nie meer die geval nie.

Teen die einde van Junie vanjaar het Suid-Afrika 7,4 miljoen dosisse entstof gehad, maar net drie miljoen daarvan toegedien. Die hersiening van inligting van die nasionale departement van gesondheid oor die getal entstowwe wat per dag toegedien word, dui daarop dat daar geen inentings oor naweke gedoen word nie.

Ronelle Burger, een van die navorsers, sê mense kan aangemoedig word om die entstof te ontvang deur meer inligting oor entstofveiligheid beskikbaar te stel en vertroue daarin te wek.

Hindernisse om die entstof te bekom moet ook uit die weg geruim word. Dit kan insluit deur-tot-deur-programme vir registrasies, inentings oor naweke, asook die oprig van inentingsentrums naby mense se woonplekke om reiskoste te verminder.

“Om mense te motiveer is nie genoeg nie. Ons moet dit so maklik moontlik vir mense maak om hul bedoelings in optrede om te skakel.”

  • *Nids-Cram, oftewel die National Income Dynamics Study – Coronavirus Rapid Mobile Survey (NIDS-CRAM), doen opnames onder ʼn nasionaal-verteenwoordigende groep oor ʼn wye verskeidenheid van onderwerpe, waaronder hul huishoudelike welstand, die ontvang van toelae, asook hul kennis en gedrag met betrekking tot Covid-19.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Petrus Klipkop ·

Baie dankie vir jou kommentaar. Ek stem met jou saam, geen persoon moet gedwing word om enigiets aan sy of haar lyf te doen nie, en geen persoon moet gedwing word om te weier nie. Net soos wat dit oneties (selfs misdadig) is om iemand te forseer om aan ‘n geloof te behoort, net so oneties is dit om iemand te dwing om ‘n entstof te neem of te weier. Ongeag jou keuse om geënt te word of nie, ek respekteer jou keuse.

JanSt ·

Elke liewe jaar word almal aangemoedig om griep inspuiting te kry… Dr sal jou vra, mediese fonds stuur hoevele boodskappe… Die jaarlikse griep vat minder mense weg maar dit doen so meestal met ouer mense. Ek ken persoonlik 4 mense onder 60 wat weg is aan covid. Twee het selfs ivermektien gebruik.

Anoniem ·

Vrou in my staat oorlede omdat hospitaal nie plek gehad het nie.

Francois Le Cochon ·

Madelaine, dit gaan nie oor die 95% nie, maar or die 5% wat sterf. Is iemand na aan jou al deel van hierdie 5%? En ook, nie almal herstel 100% nie. Ek ken ‘n man wat November 2020 covid gehad het, en hy kan nogsteeds nie proe nie.

Gerhard ·

EK wonder of ouers ook so gekant was toe die polio inentings begin het? ‘n Aanhaling wat ek laas week gehoor het wat baie waar is – Inentings het hul werk so goed gedoen dat mense vergeet het wat hulle eintlik beveg.

A ·

@regtigegtig

Jy sal dalk bietjie jou geskiedenis opknap m.b.t Polio inentings. In 1935 het navorsers sommer maar net vir kinders die inenting gegee, uit die 10000, het 5 gesterf en 10 was verlam waar die inspuiting was.

Dinge was baie meer rof daai tyd, maar tog het mense nogsteeds tou gestaan vir die onbeproefde inenting.

minniemuis ·

Daar was groot huis moles – Oupa se nee vir die entstof en Ouma se ja asb. Ouma het hare gekry en Oupa was baie kwaad. Ongelukkig kry albei toe die positiewe uitslag – Oupa is na Pappa God toe en Ouma het net n ewense seer keel gehad. Ek gaan Ouma volg sodra ek kan.

A ·

Nee. Jy is net suinig. As ons almal nie saam staan en die inenting gekry nie, gaan ons nooit kudde-immuniteit bereik nie en meer variante gaan voorkom.

Ek gaan nie handjies vashou en koembaaia sing met iemand wat wat so kortsigtig is nie en MY mense in gevaar stel nie.

Susan ·

Mense sonder mediese fondse moet nie outomaties na staatshospitale gestuur word nie. Ek kan nie sien hoekom nie, aangesien dit gratis is vir almal. As almal na apteke kan gaan, sal meer mense vir inentings gaan. Ek het gegaan en vir 3 ure buite in die parkeerarrea gestaan en wag. Die inenting het my nie geaffekteer nie, maar vanwee die feit dat ek geneig is tot lae bloeddrruk, het my bloeddruk daarnie nag drasties laag geval, en 3 dae later is dit nog steeds nie 100% nie. Baie mense het nie die tyd of is nie gesondsheidsgewys in staat om so lank te staan en wag nie. En met die chaos in die ekonomie agv die inperkings, moes baie mense medies kanselleer omdat hulle laer inkomste kry of hul werk verloor het.

Andre ·

Ek kry nêrens die syfers wat jy na verwys in die jongste Nids-Cram verslag van hierdie week nie. Ander media praat van die Afrikaner skeptisisme wat gedaal het na 32%. Die SA skeptisisme syfer van 29% kom uit die vorige verslag, dit is nou op 20%.

Agietjie ·

Dit is ‘n mooi ideaal om naweke en vakansie dae in te ent. Maar wie gaan dit doen?
Gespesialiseerde spanne is nodig, mense wat risikos loop

Die huidige spanne is reeds oorwerk. Hulle word onttrek uit hul normale dagtaak en hulle moet daarna hulle “gewone werk” na ure op datum bring. Daar is waarskynlik nie die wil of die geld om ekstra mense op te lei en oortyd te betaal nie.

John ·

Net vanoggend, 10 Julie 2021 gehoor van ‘n dame wat die inenting moes neem om haar kinders in ‘n ander land te besoek is positief getoets vir COVID-19.
Hierdie is n gekke spul

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.