Al hoe minder mense kan bekostig om plaaslik te reis

Argieffoto (Foto: cocoparisienne, Pixabay)

Plaaslike toerisme het oor die afgelope twee jaar afgeneem as gevolg van ekonomiese probleme, aldus die opname oor plaaslike toerisme (DTS 2016) wat Maandag deur Statistieke Suid-Afrika vrygestel is.

Volgens die opname het die aantal dagreise wat in die land onderneem word, van 44,3 miljoen in 2015 gedaal tot 39,4 miljoen in 2016. Oornagreise het van 45,4 miljoen in 2015 gedaal tot 43 miljoen in 2016.

Die verslag wys ook dat die hoogste aantal reise in Desember onderneem word, in vergelyking met die ander 11 maande van die jaar.

“Dit is duidelik waarom mense nie reis nie – hulle het nie geld om te spandeer nie. Ons kan sien daar is ʼn daling in begroting vir reise – dit was standvastig R87 miljard [in 2015 en 2016] maar daar was ʼn beduidende daling sedert 2014 en nog ʼn beduidende daling sedert 2013,” het Pali Lehohla, statistikus-generaal, gesê toe hy die verslag in Pretoria bekendgestel het.

Suid-Afrikaners reis gewoonlik om inkopies te doen, vriende en familie te besoek en vir vakansie.

Wanneer daar ʼn vergelyking getref word tussen 2015 en 2016, het reisigers wat inkopies wou doen, vriende en familie wou besoek en vakansie wou hou, gedaal. Daar was egter ʼn toename in die getal persone wat vir begrafnisse gereis het. Reise vir godsdienstige redes het ook gedaal.

Wit Suid-Afrikaners reis byna twee keer so veel soos enige ander bevolkingsgroep. Wit Suid-Afrikaners het ʼn 88.9% aandeel in oornagreise, in vergelyking met swart Suid-Afrikaners met 43,8%, bruin Suid-Afrikaners het 32,5% en Indiërs en Asiese Suid-Afrikaners het 34,5%.

StatsSA definieer ʼn plaaslike reis as ʼn reis binne die grense van Suid-Afrika, maar buite die respondent se gewone omgewing. ʼn Toeris is ʼn besoeker wat minstens een aand oornag in die plek wat hy besoek.

Wat betref gereelde bestemmings in Suid-Afrika, het Gauteng die grootste aandeel, naamlik 23% vir dagbesoekers. Limpopo het die grootste aandeel (17%) vir oornagbesoekers in 2016, gevolg deur Gauteng en KwaZulu-Natal.

Motors en taxi’s word hoofsaaklik gebruik vir oornagbesoeke. Die gebruik van busse vir oornagbesoeke het tussen 2015 en 2016 gedaal, alhoewel die gebruik van vliegtuie toegeneem het.

Volgens Lohohla verkies Suid-Afrikaners ook om by vriende en familie tuis te gaan, eerder as om vir akkommodasie te betaal.

Van die persone wat oornagreise onderneem het, het 33,7% nog nooit getrou nie en meer as 40% van die mense wat oornagreise onderneem, was tussen 25 en 44 jaar oud.

Die grootste uitgawes tydens reise was vir vervoer, kos en drankies. Meeste van die geld is in Gauteng spandeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

vrikie ·

Die reise het gedaal agv die misdaad, niemand wil meer hul eiendom onbewaak laat

Toppie ·

Natuurlik kan Suid Afrikaners nie meer geld spandeer op vakansies nie want hulle word oor hulle ore belas deur die staat sodat politieke leiers die geld kan mors. Kyk na die prys van petrol en wonder hoekom hoekom maak vakansie oorde nie meer geld nie. Belastingbetalers is voos en verder is ons land en paaie onveilig om vakansie te hou- bly by die huis dit is goedkoper en bly weg by Spur en KFC dan bly jy uit die moeilikheid

Stephanus ·

Hoe weet hulle hoeveel keer het ek gereis?? Niemand het my gevra nie!!!

MissDemeanor ·

Hul hoef jou noe te vra nie. Hul kan kyk na jou selfoon se “location data” of waar jy jou bankkaart gebruik.

Jaco ·

My ook nie, ook niemand in my nabye vriendekring of familie nie….en ons almal reis baie

John ·

Iemand se nou die dag hy en sy gesin kan dit nie eens bekostig om tuis te bly vir die vakansie nie… nogal waar.

Al ·

Inderdaad is die belastingbetaler vuisvoos danksy ons regering se skelmheid en dan moet ons nog vir 17miljoen afhanklikes wat jaarliks toeneem, betaal.

Kaspaas ·

Ek bly in die kaap. Ek weet nie hoe kan mwnse buite die kaap bekostig om hier te kom kuier nie. 2 weke in Desember kos amper war a reis Thailand toe kos. Dis nou as jy besiens waardighede toe gaan en n paar uit etes inwerk. Verblyf is reeds verniet en petrol is nie te veel kies om dinge te doen naby die huis. Maar nog steeds baie duur.

Johanna Botha ·

Met komplimente aan ons gdbring deur die ou vrot anc wat ons junk status toe geneem het so daar is nie meer geld en dis ook te onveilig in baie gevalle

Reisiger ·

Goedkoper om 8 dae in Mauritius te bly met vlugte,kos en drankies ingesluit vir 3 mense as om in Natal of Kaap vakansie te hou.Dan moet mens ook net hoop dat jou kop nie inmekaar geslaan word vir R300 in jou beursie en selfoon nie.Nee wat….

SlimJan ·

Ons reis nie want ek wag dat elektriese motors uit kom dan kan ek met son lig verniet ry .

Andre ·

Nee, dit is nie korrek nie! StatSA beweer: “Wit Suid-Afrikaners reis byna twee keer so veel soos enige ander bevolkingsgroep. Wit Suid-Afrikaners het ʼn 88.9% aandeel in oornagreise, in vergelyking met swart Suid-Afrikaners met 43,8%, bruin Suid-Afrikaners het 32,5% en Indiërs en Asiese Suid-Afrikaners het 34,5%”. Ons reis die hele land vol weens besigheidsverpligtinge en het ‘n uitstekende idee wat die ware toedrag is. Wat ons sien is dat blankes, kleurlinge en Indiërs baie min reis en oornag in vergelyking met swartes. Feitlik oral waar ons kom is die gastehuise, hotelle en lodges volgeboek deur swartes en kry jy bitter min van die ander bevolkingsgroepe. Die vliegtuie, luukse busse, treine, ens. vind ons ook swartes in die meerderheid met sowat 98%. Onlangs by ‘n strand kry ons honderde swartes wat met hul duur Merc’s, Land Rovers en BMW’s daar kuier en niemand van ander bevolkinsgroepe nie. Die voertuie is van oral oor; GP, FS, NC, MP, ens. StatsSA se syfers is nonsens, uit en gedaan. Net soos die ander syfers wat ons deur instansies gevoer word.

Zak ·

Andre , ek het presies dieselfde gedink. My waarneming wys die teenoorgestelde van wat hierdie verslag weergee.

Andre ·

Andre, jy praat 100% die waarheid. Hierdie stats is nie reg nie. Dis weereens gedokter om die wit mense in ‘n ander lig te stel. Dit is verkeerd.

Robert Naude ·

Vir my lyk dit eerder of die mense hul geld op” shopping” en in die “malls “spandeer.

w ·

Misdaad is groot probleem. Kani jou huis alleen laat ni en hijackings is netso hoog. Sies vi n vrot govt wat ni sy landsburgers kan beskerm ni. Stel net belang in selfverryking. Nie geld gewoond ni. Ek arm ma verkies om so te wees bo steel

johnny_walker ·

soos gewoonlik vat dit die staat en trawante twee jaar om agter te kom wat ons in die industrie al lankal weet , en ons het dit voorspel , wat jou wys hoe onosel hulle werklik is , want wat ek vier jaar terug voorspel het weet die idiote eers vandag , so wie behoort nou eintlik die land te regeer ?
Maar dit daar gelaat , ons moet konsentreer om soveel moontlik buitelandse toerisme te probeer skep , dit gaan hier om oorlewing , ja ek weet van julle bloeinde hartjies wil nie hê julle buitelandse boeties moet seerkry nie ,, maar het hulle oor ons geworry toe hulle ons kele afgesny het tydens apartheid ? so vat hulle geld en oorleef

Petrus ·

Die tariewe per nag is net te duur! Min mense kan R1000+ per nag betaal.

Ellie ·

Jy slaan die spyker op die kop. Meeste plekke onbetaalbaar duur en dit net vir slaap en dalk ontbyt (wat soms nie watwonders is nie).

botterblommetjie ·

Ek wou graag vir my en my man ‘n naweek, 2 nagte, bespreek by ‘n natuurplekke naby bloemfontein. Maar teen +-R1500 per nag (R3000.00), kos uitgesluit en dan nog tolgeld, petrol en kos (dalk ietsie braai oor kole) het my budget en hart inmekaar gesink. Tuisbly se karretjie en verrassing liewer vergete. Ek verstaan hulle kostes ens. kan nogal aansienlik wees, maar sou hulle kamer nie voller gewees het nie… E

gatiep ·

Ek weet nie eens hoe is daar nog so baie mense wat geld het om vakansie te kan hou nie.Vakansie plekke by ons is vir mense wat moet Dolars inkom,die Rand se waarde is te swak vir daai plekke.

Poeksie ·

Mense het nie meer geld om vakansie te hou nie. Bly eerder by julle huise, dit is goedkoper en veiliger!!!

anton ·

Ja en so leef ons blankes nie meer nie. Ons bestaan maar net en wag om oud te word en dan te sterf. Dit is nou as jy nie vermoor word voor die tyd nie!!!
Dit is nie meer n plesier om in SA te leef nie. Lankal nie!!!

madels ·

Die vakansie plekkie het uiters belaglik duur geword. Waar was die dae wat meeste mense op vakansie kon gaan. As mens maar hoor by vriende en familie praat almal dat vakansie verblyf vir SA’kaners net te duur begin word het. Buitelanders het dit maklik want hulle kom betaal in Dollers, Euros en Ponde… so hulle kan ongelooflike vakansie he in luuksheid.

Buitelug ·

Kan ons parke nie ‘n buitelandse en ‘n binnelandse tarief hê nie, dit moet geld vir blyplek sowel as besienswaardighede. Ons as Suid-Afrikaners sukkel om die tariewe te betaal.

Dewald du Plessis ·

Dit raak vir ons gewone landsburgers bloot te duur om gereeld te gaan vakansie hou. Ek as enkellopende persoon was in 2015 vir 2 weke in Kaapstad en dit het my amper R10 000 gekos. Let wel ek het by backpackers lodge tuis gegaan en het met die trein van Pta na Kaapstad gereis. My reis en verblyf was redelik laag maar dis al die toeriste attraksies wat vreeslik duur is. So wat gaan dit net nie vir ‘n gesin van 4 of meer kos nie. Ek beplan ‘n roadtrip later die jaar vir net myself en met verblyf wat ek so goedkoop as moontlik hou gaan dit my iewers tussen R10 000 en R12 000 kos, vir my alleen. Tussen ons brandstof prys en meeste toeriste attraksies se hoë toegangsfooie maak dit moeilik om meer gereeld te reis.

Lotta ·

Ons gaan hou eerder vakansie in Mozambique. Dis goedkoper, veiliger en selfs mooier as baie van die vakansie oorde en strande in SA

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.