Al meer grondgrype in Tshwane

Die Tshwane-metroraad se kantoor in die Pretoriase middestad. (Foto: Christel Cornelissen)

Die burgerregtegroep AfriForum het die afgelope tyd al meer klagtes ontvang oor grondgrype op staatsgrond in die Tshwane-metrogebied.

AfriForum het reeds verskeie klagtes hieroor aanhangig gemaak wat glo op dowe ore geval het.

“Volgens ʼn mediaverklaring deur die metro word grondgrype geensins geduld nie, tog word daar nie teen oortreders opgetree nie,” sê JP Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Pretoria-Suid.

Volgens Nel het voorbeelde van dié grondgrype in onder meer Wolwespruit in die ooste van die stad voorgekom, in Centurion by Weslaan oorkant SuperSport-park, sowel as by die R21 naby Elephantweg.

“Hierdie soort grondgrype word ʼn groot probleem. Dit veroorsaak dat die eiendomswaarde in die gebied afneem, misdaad toeneem en sakegeleenthede verminder,” sê Nel.

AfriForum het intussen ʼn beroep op mense gedoen om enige voorvalle van onwettige grondbesetting van staatsgrond by die Tshwane-metro aan te meld en die verwysingsnommers aan AfriForum te stuur.

“Die gemeenskap kan ʼn belangrike rol speel om te help om grondgrype op staatsgrond te stop. Dit is belangrik om grondgrype so gou as moontlik by die Tshwane-metro en by die polisie aan te meld,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Pretoria-Noord.

“AfriForum sal voortgaan om as burgerregtewaghond op te tree en druk op die owerhede te plaas om te verseker dat hul grondwetlike pligte nagekom word.”

  • Om gevalle van grondgrype aan te meld kan die polisie se 24-uur-noodlyn geskakel word by 012 358 7095/6, of stuur ʼn e-pos aan [email protected]

(Foto: AfriForum)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Swerwer ·

Nou wat het hulle verwag, almal weet dit is die toekoms van ons land. In hierdie land laat niemand die son oor ‘n ander se kop skyn nie. Gierigheid is die duiwel se oorkussing.

Blikkies ·

As die ding nie nou gestop word nie, is Grondgryp net die begin. Dan is dit om krag te kry onwettige konneksies, geen water of riool stelsel wat oorsaak dat alles in die strate en omliggende gebiede inloop en dan saam met dit alles die Stank en misdaad, bendes, rowe, dwelms, huisbraak, diefstalle, moorde en bande wat in die strate brand want niemand help hulle nie en en en… En dan is Centurion ‘n plek wat jy eerder vermy of ‘n ompad moet ry en lyk soos Zandspruit in Honeydew, Dan is alles te laat. Ek hoop regtig julle inwoners en besigheid eienaars kan hierdie vergrype vinnig stop.

twaalfboor ·

Begin sommer met die hool van Malgisedek in Johan Heyns weg.

Johann ·

Als deel van n beplande ANC strategie. NIKS terloops nie. Absolute varkhokke wat in en om Monumentpark geskep word met GEEN aksie of reaksie van die sg StaTsraad nie?

Elize ·

Het ons ‘n stadsraad. Hulle is pateties want het al 28 Mei ‘n straatlig gerapporteer met nog 5 opvolg emails maar vee hulle gatte aan ‘n mens af. Hulle deel die grond uit aan “our people”

JM ·

Om te ignoreer is een van die ANC se uitstaande kenmerke, om te gryp, is nog een.

Charl ·

Help niks almal wil net praat en elkeen gooi sy stuiwer in die armbeurs nie ? Doen daadwerklik iets daaromtrent, het niemand nog niks geleer by die swart bevolking as dit kom by saamstaan nie ?? Tyd dat ons blankes ons alies uit ons gemaksones lig en ook betoog en petisies aan die regering oorhandig, waarom betaal jy belasting, dink jy hulle gaan almal van ons in die tronk stop as jy jou geld weerhou as daar geen optrede of resultate van hulle kant is nie ?

Jack ·

Alles wys terug na cele en ramaphosa met hul uitsprake en onbevoegdheid

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.