Al meer klagtes oor ‘verpligte inenting’

Werkers beweer onder meer dat hulle met afdanking gedreig is. (Foto: Joe Raedle / Getty Images / AFP)

Die Menseregtekommissie (MRK) het reeds meer as 30 klagtes van werknemers ontvang wat glo met afdanking gedreig is weens hul huiwering om teen Covid-19 ingeënt te word.

Buang Jones, die MRK se provinsiale bestuurder, sê die klagtes kom uit verskeie sektore.

“Ons het klagtes van onder meer onderwysers, werknemers in die korporatiewe bedryf, veiligheidsbeamptes en huiswerkers ontvang.”

Jones sê voorts die meeste klagtes kom uit Gauteng, hoewel klagtes uit ander provinsies ook ontvang is.

“Ons het selfs ’n soortgelyke klag van ’n werknemer uit die VSA ontvang.”

Jones sê hulle is nog besig om die klagtes te bekyk en dat daar in dié stadium nie enige ondersoeke van stapel gestuur is nie.

“Benewens die klagtes het ons ook verskeie navrae van maatskappye ontvang wat raad en leiding vra, sou ’n risiko-analise daarop dui dat ’n verpligte inentingsprogram ingestel moet word,” sê Jones.

Maroela Media het vroeër berig dat werkgewers nou ’n beleid mag instel wat vir verpligtende inentings teen Covid-19 voorsiening maak.

Dié bepalings oor beroepsgesondheid en veiligheid is in Junie vanjaar deur die departement van arbeid en indiensneming in die Staatskoerant aangekondig en is van toepassing op alle werkgewers, behalwe dié wat hulle eie voorskrifte het, soos myne en skepe.

’n Risiko-ontleding moet egter eers ten aansien van elke werkplek en sy bedrywighede asook elke werknemer gedoen word.

Dié vereiste van die aanwysings is grotendeels ʼn herhaling van die vereistes ingevolge die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid wat vereis dat die werkgewer ’n veilige en gesonde werkplek moet verseker – onder meer deur middel van ʼn behoorlike risiko-ontleding en die daarstelling van maatreëls om die risiko’s by die werkplek te verwyder of beheer.

Werkers het egter die reg om inentings op mediese en grondwetlike gronde te weier, mits dié redes gestaaf kan word.

“Die MRK ondersteun die regering se inentingsprogram onomwonde. Ons het egter voorheen ook benadruk dat inentings op ’n vrywillige basis moet geskied.

“Die regering moet bewusmakingsveldtogte hieroor verskerp sodat mense goed ingelig is. Sodoende kan mense hulle besluite op geloofwaardige inligting baseer,” sê Jones.

Connie Mulder, hoof van Solidariteit se navorsingsinstituut, sê dié vakbond het ook klagtes van vakbondorganiseerders by sekere werkplekke ontvang wat tans ondersoek word.

Paul Mardon, adjunkhoofsekretaris van strategie en volhoubaarheid by Solidariteit, sê daar moet ʼn balans gevind moet word tussen die plig van die werkgewer om ʼn gesonde werkplek te vestig en die grondwetlike reg van die werknemer ten opsigte van, onder meer, liggaamlike integriteit en die werknemer se vryheid van keuse.

“Solidariteit het begrip vir en respekteer mense se standpunte en bekommernisse oor die Covid-19-entstof en -inenting, maar is in beginsel nie gekant teen die konsep van inenting ten aansien van Covid-19 om individue en gemeenskappe te beskerm nie.

“Trouens, ons moedig mense aan om hulle te laat inent. Dit gaan egter nie hier oor ’n “vír of téén entstof”-debat nie, maar oor die individuele vryheid van keuse, en hierdie vryheid moet te alle tye gerespekteer word,” sê Mardon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

60 Kommentare

Stephen ·

Weereens het die landsleier gejok op TV toe hy sê niemand sal verplig word om geënt te word nie. Toe gaan die swakbroek die “buck” geplaas na werkgewers, sodat hulle dit met goedkeuring kan afdwing en dis nie die regering wat daar agter “staan” nie… Ek hoop Solidariteit en menseregte groepe stop die gemors van verpligte inentings voor ons soos Brittanje, Frankryk en Europa moet betoog teen inentings paspoorte en waar jy sal kan eet, besigheid doen en leef. Dis die nuwe kommunisme.

Johanna Hendrina ·

Niemand mowt gedwing word vir inenting nie daar is middels wat jou imuunstelsel versterk en hiu van protokolle 1m afstand en maskers werk moenie rond kuier nie en was jou hande gereeld en ontmet alles kan werkdis elkeen se reg om te besluit of hy wil inent of nie skoolkinders moet ook nie gedwing word nie hang van ouers se besluit af

Danie ·

As ek jou reg verstaan wil jy liewer he dat ons vir die res van ons lewens dan n meter van mekaar moet bly, die res van ons lewens maskers dra en die res van ons lewens weg bly van enige byeenkomste of kuiers. Nee wat, jy sit die pot mis, as jy nie n sosiale lewe het nie is dit reg vir jou, maar daar is ander wat wil aangaan met n normale lewe. Indien die middels wat ons imuunstelsel versterk effektief was teen C19, sou ons nie in die gemors gesit het nie. Die ent gaan jou verander en beheer nie. Vat dit en help die samelewing om voorentoe te gaan.

Jack Russ1 ·

Dit is elkeen se reg om te besluit of hy ingeent wil word. Niemand mag jou dwing om die inenting te vat nie. Maar het die besigheids eienaar nie ook die reg om te besluit wie hy op sy perseel wil toelaat nie?

So ‘n persoon wil nie die inenting vat nie maar die restaurant eienaar moet daardie persoon se besluit respekteer. Maar daardie selfde restaurant eienaar se besluit word nie gerespekteer nie want hy is blykbaar onregvertig as hy nie ‘n persoon wil toelaat nie.

piet ·

Wat van die liggamlike integriteit van die werknemers wat aan die ongehoorsame non-compliance van die anti-vaxers blootgestel word? Vryheid van keuse is nie absoluut nie en het perke. Indien die belange van die gemeenskap swaarder weeg, word hierdie “vryhede” ingeperk.

Danie ·

Stem. Die “dis my ligaam, my keuse” hou geen water as jou keuse n gevaar vir die samelewing inhou.

koos10 ·

Danie, ek wil nie in ‘n argument betrokke raak nie, en sal môre my laat inspuit as die volgende gewaarborg kan word:
1. Geen negatiewe nagevolge van die inenting se oor die lang termyn, kom ons sê so 5 tot 7 jaar.
2. Die inenting sal sorg dat ek nie COVID kry nie.
3. Die inenting sal sorg dat maskers nie meer gedra moet word nie.
Jy sien, ek het geen probleem nie, ek wil net meer uit die ding uit kry as wat weteskaplikes kan gee, op hierdie staduim. Verder vertrou en nie ons regering met my geld nie, wat nog met my lewe?

Elinette ·

En dis presíés waar die pro-vaxers die pot geheel en al mis sit. Hulle dink as hulle nou die inspuiting (of 3) gekry het, gaan alles weer dood-dollies en hunky dory wees. Daar is reeds gemerk dat die vaksine met sekere vroue se voortplantingstelsel kan inmeng. Daar is reeds gevalle aangedui waar mense wat hipertensief is se bloeddruk die hoogte in skiet … om nie te praat van bloedklonte wat hier en daar opgeduik het nie. Hoe weet ons watter gesondheidsgevare hierdie inspuiting verder inhou, kom ons sê … oor tien jaar? Op dié stadium VERHOED die vaksine nie die opdoen van die siekte nie; dit verminder slegs simptome, indien jy dit sou kry. Jy kan ook + toets na jy die vaksine ontvang het en ander mense aansteek (as jy nie die voorgeskrewe protokol volg nie) Ek sal my óók laat inspuit as jou punte genoem hierbo, gewaarborg kan word.

Danie ·

Koos, ek is glad nie n mediese kenner nie maar sover ek weet het geen medekasie n waarborg teen enige negatiewe gevolge maar tog gebruik ons daagliks pille en strope wat deur dokters voorgeskryf word. Verder het geen vervaardiger gese dat hul ent C19 gaan stop of maak dat jy dit nie kry nie maar dat dit wel die kans dat jy dit kan oordrae halveer en die simptome baie ligter kry, weereens, dis nie gewaarborg dat dit met almal sal gebeur nie, maar dit is tog n stap in die regte rigting, is dit nie. Daar is ook geen bewyse dat dit wel lang termyn gevolge sal he nie want enige newe effefte word binne ure gevoel en nie na n paar jaar nie. Wat die regering betref, stem ek 110% saam met jou wat vertroue betref, maar gelukkig het hulle niks te doen met die vervaardiging, navorsing en of ontwikkeling van die entstof, hulle kyk bloot waar hul kaders kan munt slaan uit die verspreiding daarvan. Weereens, net my opinie.

Irma ·

koos10 ek stem saam met jou kommentaar. Met ‘n hoogs aansteeklike en dodelike siekte soos Covid 19 moet daar ‘n inenting beskikbaar wees wat n mens 100% teen hierdie siekte gaan beskerm. Dit moet ook ‘n inenting wees wat ‘n mens net eenmaal neem en wat permanente beskerming gaan bied. Die inentings wat op hierdie stadium teen Covid 19 beskikbaar is bied mense nie genoeg beskerming teen Covid 19 nie, want ek is bewus van mense wat ten spyte van die inenting wel Covid 19 opgedoen en veral erge asemnood ontwikkel het.

Danie ·

Irma, se vir my hoe jy dink ons gaan n ent ontwikkel wat 100% werk. Klink my jy weet hoe. Dink jy nie dat, vir nou, dit n goeie ding is om so vinnig al ten minste iets het wat die verspreiding kan vertraag en baie mense help om nie so siek te word en of dood te gaan nie. Dink jy nie dat ons van die fondasie kan bou na meer effektiewe ente nie en dat al die wetenskaplikes nie net hande gevou sit nie.

Elinette ·

Hoekom is polio dan uitgewis met ‘n inenting? Jare terug het jy net gehoor van mense se kinders wat vermink of gestrem gelaat is nadat hulle polio opgedoen het. Vandag bestáán polio nie eens meer nie. So ook pokke – jy kry dit nie meer nie, danksy inentings. Dís wat ‘n inenting moet doen – dit moet VOORKOM dat jy die siekte kry; nie net die kanse dat jy ‘n siekte kan kry en die simptome daaraan verminder nie. Dit moet dit geheel en al VOORKOM. Met die inentings soos dit huidig is, word sg. “kudde-beskerming” bekom …………… eendag, op ‘n reëndag, in SA – tot ons net weer leer dat dié virus gemuteer het en nou wéér ‘n aanslag op die mensdom uitvoer. Hoeveel variante is daar nie nou al nie …. vier, ses, nege????

piet ·

NIks kan gewaarborg word nie, die beskikbare wetenskaplike bewyse tot nou toe is dat die entstof jou risiko verminder en veilig is siende dat biljoene mense al ingeent is. Los die inspuiting en dra die gevolge van jou besluit want jy’s ‘n groter risiko vir ander (en jouself).

Elinette ·

Ek voel ‘n veer vir ander mense, want ek kom die protokol soos uiteengesit, na. Ek rook, drink of sosialiseer nie. Ek dra my masker, was my hande en hou ver weg van ander mense. So die kans dat jy die virus by mý gaan kry, is skraal.

piet ·

“Voel ‘n veer vir ander” – Dis juis sulke houdings wat gaan veroorsaak dat die storie langer gaan aansleep as wat nodig is. Die protokol is dat jy met goeie rede gevra word om ingeent te word ten einde risiko te verminder, jy vee jou af daaraan.

Jacobus ·

Op hierdie tydstip, gegewe die dubbelsinnige antwoorde van vervaardigers is pro-vaxers ‘n groter gevaar vir gemeenskappe. Voeg by die slakkepas wat die regering mee optree. Dan is daar dié wat aan gevaarlike mediese toestande ly vir wie inenting feitelike dodelike gevolge kan hê. Die wat kies om nie ingeënt te word word eintlik deur grondwet beskerm.
Om mense verder in kampe te “jaag” weens hulle besluit is ‘n tipiese Nazi-esk reaksie. (Divide and rule). Maar voordat daar tot uiterstes oorgegaan word moet ons sg leiers beter doen as wat huidig die geval is.

Elinette ·

Jou maskertjie behoort jou te beskerm teen my wat verkies om nie met ‘n verswakte weergawe van die virus ingespuit te word nie omdat ek glo die vaksine is in ‘n té kort tyd, té vinnig ontwikkel. Ek is ‘n “anti-vaxer” omdat ek vas glo dat die vaksine jou NIE 100% teen die virus beskerm nie, want talle mense het wél siek geraak na hulle dit ontvang het Jy kan steeds SARS-CoV-2 kan opdoen, al hét jy die vaksine ontvang, hoewel jy dan nie so siek sal raak dat jy gehospitaliseer moet word nie.

Danie ·

Elinette, graag wil ek weet hoekom jy die ent as n veswakte weergawe van die virus beskryf. Ek sal graag jou bewyse van dit wil sien, en nie verwysings na Facebook links nie en asb ook nie die antwoord “gaan doen navorsing en dan sal jy sien” nie. Geen pil, stroop , spuit en ent beskerm enige iemand 100% van enige iets nie maar jy en jou ouers het nie 2 keer gedink om kinders in hospitale en skole te laat in ent sonder om een vraag daaroor te vra nie.

Tiptol ·

Ek dink daar lê die ding. Jy gaan nie so siek raak dat jy gehospitaliseer moet word nie. Dus, jy gaan nie suurstof nodig kry nie. Dit gaan nie na jou longe toe nie. Maak die kans van doodgaan baie skraler.

piet ·

Elinette – dit beskerm jou nie 100% nie maar beskerm jou meer as wat jy dit nie gaan neem nie. So as dit jou net 50% meer beskerm as wanneer jy dit nie neem nie is dit mos voordelig. Ek verstaan nie julle redenasie nie. Julle moan oor die effektiwiteit van die entstof maar terselfdertyd weet julle dat dit meer effektief is as wanneer jy dit nie sal neem nie. Die Engelse noem dit “warped logic”

koos10 ·

Die probleem is dat ons almal gedwing gaan word om die inenting te kry. Dit gaan nie deur wette afgedwing word nie, maar die persone wat nie die ent wil kry nie, gaan so beperk word in alle aspekte van die lewe, dat vrye beweging onmoontlik gaan word.

marius ·

Die probleem is , die wereld se mense het te sleg geword om op te staan vir hul rege .

piet ·

Jy gaan nie gedwing word om dit te neem nie maar jy gaan gedwing word om die gevolge van jou besluit te dra. En dit is ook nie iets nuuts nie, jy dra die gevolge van jou besluite elke dag in elk geval.

gedoriewaar ·

Iewers klop iets glad nie vir my nie . Of ek is regtig baie dom , of ek verstaan die spulletjie glad nie .Die ouens wat nie ingeent is nie , word nou gewaarsku en gemaak skuldig voel , omdat hulle kwansuis die ouens om hulle gaan aansteek . Volgens my beskeie mening vrywaar die ent jou nie van Covid nie . Ingeent of nie , kry kan jy hom kry , so, al wat jy deur die ent bereik is om nie NOU so siek te word as gevolg van Covid nie , Niemand kan egter verseker se wat die langtermyn gevolge gaan wees nie . So , wat eintlik indirek beweer word , is dat as jjou arm n gaatjie gekry het gaan jy niemand aansteek nie ? Wie benadeel jy dus as jy nie ent nie ? Net jouself en ju eie liggaam . Die iiingeente ou kan nou moontlik oor gerus raak en nei hande wwas en masker dra nie .Verde i is daar volgens die media alreeds weer n nuwe variant wat volgens berigte entstof weerstandig is , Wat nou ?

MakersMark ·

Dit gaan meer en meer gebeur. Individue is vry om te kies soos met als in die lewe wees net bereid om die gevolge te dra. Lewe gaan effens moeiliker word in die medium termyn vir die wat weier om ingeent te word. Die meerderheid van die samelewing wil aangeweeg en gaan nie toelaat dat ‘n paar wat aanhou vasklou aan bygelowe die vooruitgang kniehalter nie. Die vaksienes werk.

Gert ·

Sal sien of jy nog dieselfde voel wanneer jy in die ry moet staan vir jou 59 ste booster shot vir die 35 ste “strain”!

MakersMark ·

Ha ha as jy nie die eerste een kry nie sal jy dalk nie die geleentheid kry vir ‘n booster nie so gooi jou dobbelsteen ……vir my geen probleem om jaarliks ‘n booster shot te kry om die kwaliteit lewe te lewe wat ek wil.

Belinda ·

Revelation 13: 11-18 – the mark of the beast.
en so begin dit. ..
as jy nie gaan vir die inenting nie, sal jy nie kan werk nie, nie kan sorg nie, ens… just saying.. dis die begin van die einde.

Danie ·

Nee Belinda, wat van ons ente wat ons as kinders gekry het wat letterlik n merk op ons lywe gelos het en waar sonder jy ook nie jou kinders kon skool toe stuur nie, jy het defnitief nie daardie tyd so daaroor geredeneer nie. Ons kan al vir baie jare nie na sekere lande reis as ons nie sekere inentings gekry eht en n bewys daarvan moet gee nie, dit pla niemand nie. Ek dink jy moet na minder kwaksalwers en doem profete luister en net jou gesonde verstand begin gebruik. Eks seker jy kan n bybelvers of twee aan haal oor hekse en toordery, maar tog het ons hoe lank elke dag na Liewe Heksie gekyk!

marius ·

Mense lees nie die Woord nie Belinda . Dit is die waarheid .

MK123 ·

Belinda, jy kan nie die vers net halfpad lees nie, jy moet alles lees. Die merk van die dier gaan op mense se voorkop of regterhand aangebring word. Ek weet regtig van NIEMAND wat op daardie plekke ingeent word nie.

Cherokee ·

Bly om jou te lees Belinda. My beswaar teen die ent is ook ‘n geloofsbeswaar.
En MK123, daar word nie gesê dat die ent die merk sal wees nie. Ingeëntes sal egter ‘n merk moet saamdra om aan die winkellier en werkgewer te bewys dat hulle geënt is.
Hulle sal die merk moet hê om te kan koop en verkoop. Om geld te verdien en kos te koop. Daardie bewys, wat al ‘n covid-paspoort genoem is, sal êrens gestoor moet word.
Die basis van my beswaar teen die ent is dus dat dit teen my geloof indruis. Dit is absoluut tè naby aan wat Johannes in Openbaring vertel.

piet ·

Jy dra reeds baie “merke” soos jou bankkaart, bestuurderslisensie, ID, ensovoorts. Nog een sal nie skade doen nie, so kry maar jou Covid-sertifikaatjie, dis gratis.

Cherokee ·

Sonder jou bankkaart, bestuurderslisensie, ID ens, kan jy steeds by enige besigheid instap. Jy kan geld verdien daarsonder en geld spandeer sonder dit.

piet ·

Al wat ek weet, is dat Openbaring nie letterlik opgeneem moet word nie.

Cherokee ·

Die Bybel is nie geskryf sodat mense enige betekenisse daaraan kan heg en sê, àl is dit sò geskryf, word eintlik sò bedoel, nie.
Die Bybel is die Waarheid en moet geglo word soos dit geskryf is.

Zilla ·

So, hier is die definisie van ‘n vaccine;” A vaccine is a biological preparation that provides active acquired immunity to a particular infectious disease. A vaccine typically contains an agent that resembles a disease-causing microorganism and is often made from weakened or killed forms of the microbe, its toxins, or one of its surface proteins.”

Die ‘vaccine’ wat vir covid gebruik word is a sintetiese preparaat, en bevat nie die ‘biological preperation’ soos hierbo genoem nie

Zilla ·

Daar is nog nie oplossings nie Danie. En daar is baie mense wat baie hard werk om ‘n oplossing probeer kry.

Danie ·

So, maw, volgens jou skrywe hierbo, is al die navorsing wat oor die wereld deur die bestse medici gedoen word om die ente wat ons nou het te ontwikkel, niks beteken nie?

tweeling ·

So wat is mRNA en fosfolipiede. Net so biologies van aard soos jou liggaam. Die meeste van die komponente in die Pfizer entstof is van biologiese (organiese) aard. Die anorganiese komponente is daar vir die werking van die organiese komponente en stabilisering van die entstof.

Erika ·

Dit is Jóu reg om te besluit of jy gààn vir jab of glad nie nadat jy jouself bemagtig het
Dit is nogal intressant Hulle se hulle Respek Jóu keuse official maar is teenstrydig…
N Dr mag Nie Patient dwing nie..Weens beleid Hy Kan geskraap word van Sy Rol

.

Marthie ·

Een uit ‘n duisend mense wat vlieg kry bloedklonte…een uit elke 2000 vroue wat op die voorbehoedpil is kry bloedklonte…Tog klim ons of sluk ons sonder om twee keer te dink. Maar jy is te bang om die inenting te kry? Omdat jy jou ore uitleen aan allerhande snert.

MakersMark ·

Uitstekende kommentaar sit die bygeloof brigades op hul plek.

Anoniem ·

Elke oomblik van die dag is ‘n risiko, hetsy jy slaap of wakker is. Die lewe is dus nie risiko vry nie, feit. Dis elke individu se keuse om ingeënt te word aldan nie. Elkeen van die 2 keuses kom met sy eie risiko’s, dit is dus elke individu se vrye keuse om te besluit watter kant van die draad hy/sy staan.

Wat die keuse ookal is, ons sal met die risiko’s moet saamleef indien ons ingeënt word, net so sal diegene wat nie ingeënt wil word nie met die beperkings moet saamleef. Beide is ons eie keuses, ons kan nie die beste van beide kante wil hê nie, dit werk nie so in die samelewing nie.

MakersMark ·

Gaan Google “Key to NYC”. NY gaan reeds ‘n CV19 inentings paspoort instel en kroeë, teaters, restaurante ens. gaan mense nie toelaat sonder ‘n ID en inentings sertifikaat nie. Ander stede en lande gaan dieselfde doen. En reg so.

piet ·

Daar is ook reeds lande in Europa wat inentings verpligtend maak vir werknemers. Reeds in Wetgewing vervat. As dit is wat nodig is, moet dit gedoen word. Dis duidelik dat 99% van die redes wat voorgehou word deur anti-vaxers net op ouvrou-stories berus in elk geval. Dra geen gewig nie.

Fritz ·

So hier in sonnige korrupte SA , sal ek dus óf ingeënt moet word, óf n klein fooitjie aan die sekuriteitswag moet betaal om op sekere plekke ingelaat te word?

Oom Kaspaas ·

Almal bly vasskop by al is jy geent kan jy nogsteeds die virus kry. Alles gaan oor virale lading, as jy geent is is jou virale lading meer as die helfte minder, wat veroorsaak dat jy dan net “griep” kry en nie hospitalisasie of ventilator nodig het nie. dit beteken ook dat jy net ‘n 3% kans het om iemand anders aan te steek omdat jou virale lading so laag is. die virus bly voort leef omdat hy van persoon tot persoon oorgedra word, maar as jou virale lading so laag is dat dit nie meer oorgedra word nie, gaan dit beteken dat daar al hoe minder “aktiewe” mense om jou is wat gaan beteken dat daar niemand gaan wees by wie jy kan aansteek nie wat gaan beteken dat jy 100% beskerm is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.