Al meer kommer oor Ramaphosa se bevelraad

Toenemende kommer oor die werksaamhede van die nasionale bevelraad vir die hantering van kwessies rakende die koronavirus, met pres Cyril Ramaphosa as voorsitter, is besig om landwyd uit te kring.

Twee senior advokate van Johannesburg, Erin Richards en Nazeer Cassim, het in ʼn ope brief aan Ramaphosa hul kommer uitgespreek oor die moontlike grondwetlike en demokratiese wanfunksionering van die stigting, struktuur en funksies van die bevelraad.

Hulle spreek ook hul kommer uit oor die skynbare gebrek aan deursigtigheid van die werksaamhede van die bevelraad, spesifiek oor die aankondiging van die inperkingsmaatreëls en magte om dit te verander.

In die brief skryf Luqmaan Hassan namens Richards en Cassim dat hulle nie glo die bevelraad het die bevoegdheid gehad om die land in ʼn staat van inperking te plaas, die inperkingstyd te verleng, die verskillende vlakke van inperking vas te stel of enige ander magte uit te oefen wat tans in die hele nasionale uitvoerende gesag gesetel is nie.

“Wat waarskynlik die ontstellendste is, is die uitwerking wat ʼn onwettige oefening van uitvoerende mag deur die bevelraad op parlementêre oorsig het, deur uitvoerende mag van julself en 28 ministers na julself en 19 ministers te verplaas. Dit werp die parlementêre oorsigmeganismes in algehele chaos omdat dit die gewone funksionering van portefeuljekomitees en hul komitees onderbreek.”

Hierdie siening word gedeel deur Alida Kok, ʼn politieke wetenskaplike van Akademia. “Die werking van die bevelraad ondermyn die oorsigrol van die parlement. Dinge binne die bevelraad is besig om skeef te trek. In ons liberale demokrasie wat die afgelope 25 jaar uitgeoefen word, is daar skeiding tussen die drie bene van die regering – die uitvoerende, wetgewende en regsprekende mag. Die Grondwet is ook binne hierdie konteks geskryf.

“In die praktyk is daar nooit suiwer skeiding tussen hierdie drie magsentiteite nie en daar sal oorvleueling wees, maar daar moet ʼn balans gehandhaaf word. Die werking van die bevelraad ondermyn nie net die parlement se magte nie, maar verhoog die samesmelting van die drie magsbene van die staat en lei tot verdere sentralisering van politieke mag in die uitvoerende gesag.

“Dit is ook kommerwekkend dat al drie gesagsvelde in die sak van die ANC is en die sentralisering toenemend plaasvind. Die bevelraad se optrede versnel hierdie vereniging van mag in een been van die regering,” het Kok gesê.

Prof. Elmien du Plessis van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus stem saam dat daar onsekerhede oor die bevelraad bestaan.

“Daar is nie besonderhede oor die magte en funksies van die bevelraad nie. In terme van watter wet is hulle saamgestel? En hoe oorvleuel wat hulle doen met die liggame wat saamgevoeg kan word in terme van die ramptoestandwetgewing?

“Dit is ʼn probleem, want die raad het breedvoerige magte om beleid te maak, asook ʼn invloed op die inhoud van die regulasies. Sonder dat ons weet wat die regsbasis is.”

Sy sê inwoners van die land weet nie op watter gronde die land op ʼn nasionale vlak bestuur word, asook hoe die beleid geformuleer word nie. Daar is min oorsigtelike funksies wat in terme van die Grondwet ook in die nasionale vergadering setel.

“Die Rampbestuurwet bepaal ook dat die uitvoerende gesag rampe beheer en koördineer – wat hulle nou doen, is om mag te sentraliseer in die uitvoerende gesag (in die bevelraad), waarin nie al die ministers dien nie. So, beleidmaking is oorgelaat aan ʼn paar ministers, en ons weet nie wat die bron van hul beleidsmakingmag is nie,” is haar mening.

Glynnis Breytenbach van die DA het gesê sy het reeds vrae oor die bevelraad aan die president gerig, spesifiek om te bepaal watter wette op die bevelraad van toepassing is.

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Presidensie)

“My grootste kommer is dat dit onduidelik is op watter wette van die parlement, regulasies of gedeelte van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika die president gesteun het om die bevelraad te skep om die land se nasionale reaksie op die korona-uitbreking te bestuur. Ek wil ook weet uit watter deel van die Grondwet neem die bevelraad sy magte, funksies en pligte.

“Dit is nie duidelik of die bevelraad die pligte, magte en verantwoordelikhede van die interregeringskomitee oor rampbestuur, die nasionale rampbestuuradvieskomitee en die nasionale rampbestuursentrum, wat ingevolge die Rampbestuurwet (wet 57 van 2002) ingestel is, oorgeneem het nie.

“Dit is belangrik om te bepaal presies wat die besonderhede is betreffende die magte, verantwoordelikhede, funksies en pligte van die bevelraad en hoe dit verskil van elkeen van die ander gespesifiseerde rampbestuurmeganismes van die regering wat reeds bestaan.

“Daar is rede tot diepe kommer dat burgerlike vryhede geërodeer word met wat blyk min pogings om vryhede en die niebenadelende regte wat ingevolge die Handves van Regte gewaarborg word, in ag te neem,” het Breytenbach gesê.

Volgens Richards en Cassim wil hulle bevestiging kry dat demokratiese beheermaatreëls oor die bevelraad reg ingestel is en so sal bly, asook dat die regulasies wat voortgaan om die regte van Suid-Afrikaners te omskryf binne die grense van die Grondwet bly.

“Ons vra vir groter deursigtigheid van die regering in hierdie tyd oor regeringstrukture wat ingestel is en die besluite wat daarvolgens geneem word. As parlementêre oorsig gekompromitteer word, kan dit die pad oopmaak vir potensieel onbeheerde misbruike en oordadige gebruik van staatsmag. Indien dit so is, kan dit die grondwetlike wettigheid van die stand van die rampregulasies en die regulasies wat die staat van inperking beskryf, beïnvloed.”

Richards en Cassim voer ook aan dat hulle geen regsgronde sien vir die bevelraad om in te meng in die opstel van regulasies nie, of enige regsgronde vir die liggaam om enige ander statutêre magte om regulasies te formuleer, onder die rampbestuurwetgewing het nie.

“Die koördinering en bestuur van rampe word duidelik in art. 26(1) van die Rampbestuurwet beskryf en dit is die verantwoordelikheid van die hele nasionale uitvoerende gesag, die president en sy 28 ministers.

“In sy huidige samestelling lyk dit of die bevelraad ʼn sentralisering van mag is wat nie onder wetgewing vir rampbestuur toelaatbaar is nie,” aldus die brief aan pres. Ramaphosa.

Die president is tot 13:00 op 4 Mei tyd gegun om op die brief te reageer, waarna ander stappe deur Richards en Cassim oorweeg kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

Snowball ·

Ek hoop hierdie advokate neem stappe teen hierdie onderdrukkende spulletjie. Êrens is ‘n groot skroef los, want die magsvertoon raak belaglik. Skielik mag ons wintersklere aankoop, maar daar is ‘n kennisgewing op by die onderklere afdeling wat lui dat onderklere nie beskou word as essensieel nie en dus nie verkoop mag word nie. (In ander winkels word dit egter verkoop, so tik my met ‘n veer om). Dus mag jy ‘n trui koop, maar nie ‘n onderbroek nie. Hoe dra dit by tot die beheer van Covid as ek nie onderklere mag koop nie??? So lyk dit as intellektueel-arm, magsdronk ministertjies mense se lewens wil dikteer.

antieke antie ·

ja die goetertjies misbruik mag…. die antie se familie en vriende score met die onwettige sigarette

Die Wolf ·

Gaan koop by die ander winkel wat bereid is om jou te help. Moet nie jou tyd mors met daardie winkel nie.

Lizanda ·

Pierre, in n mate stem ek saam met jou, daar heers ‘n al groter ongemaklikheid onder SA Burgers oor hoe Ramaphoza hierdie aangeleentheid hanteer en wat sy en sy regering se werklike agenda is.

Lila ·

Dit blyk duidelik dat Ramaphosa weereens net die handperd van ‘n paar ministers is wat hom kan veto en sy magte oorskry. He should ‘grow a pair’ en opstaan teen die laakbare gedrag van sommige ministers wat net hul eie sin op die bevolking wil afdwing. Dink die agbare Nskosazana-Zuma dat daar nie in elk geval op die swartmark sigarette ge-‘pull and pass’ word nie. Dit is in elk geval ‘n kultuurding en sal nie maklik gestop word nie.

Lila ·

Die bevolking is gyselaars van ‘n groepie magsbehepte ministers wat dit klaarblyklik geniet om die sluikhandel openlik te bevorder ten koste van die ekonomie van die land. Wanneer gaan iemand wakker word en die onredelike en onmenslike verbod op drank en sigarette ophef en sodoende die sluikhandel stuit? Selfs die ‘magte’ koop of ‘verkry’ openlik by die sluikhandel. Sommige regulasies is reelreg in stryd met menseregte.

Alleen Wolf ·

Hierdie gaan daaroor om vir jou te wys wie is “Baas”

Burgermeester ·

Sonder om nou die hele dam onder die eend uit te ruk; Dit is my siening dat Ramaphosa nie waardig is om ‘n staatsman genoem te word nie. Inteendeel, daar is geen so ‘n waardige persoon in die hele ANC geledere om as ‘n waardige leier geklassifiseer te word nie. In plaas van om na die belange van die land om te sien, bevorder die ANC die kommunistiese ideologie.
As president, is Ramaphosa nie veronderstel om in beheer van die bevelraad te wees nie? Maar dit wil al hoe meer voorkom of die bevelraad hom beheer. Ramaphosa en die ANC se onbevoegde leierskap staan ons land duur te staan.

antieke antie ·

parven gorden het ek gedink sal die land kan red maar nie met die ondermynende en agterbakse mense wat nou mag het nie

Burgermeester ·

Gordhan is vir my ‘n tamaletjie in my gemoed. Die feit dat hy nog steeds deel uitmaak van die ANC bevraagteken sy sienning oor demokrasie, ens. Kom ek probeer my stelling deur ‘n voorbeeld verduidelik. As jy ongelukkig is by jou werk omdat die werkgewer en die besigheid se waardes teenstrydig is met joune, gaan jy mos bedank? Hoekom het Gordhan nog nie bedank uit die ANC nie? Ek is seker enige politieke party sal sy kennis en ondervinding verwelkom.

Die Wolf ·

Gordan is n tamatie wat dopgehou moet word. Ek is nie so seker dat hy altyd eerlik te werk gaan nie. Hy se nou iets maar doen dit dan anders. Klaar weer besig om te heul vir n nuwe poegaai airline.

Anel ·

Burgemeester, ek stem 100% met jou saam. Ons is oornag in ‘n komunistiese staat omskep. Sekere mense dink hulke het nou volle beheer oor ons. Maar ek dink hulle moet weer begin dink.
Verder het CR nie ‘n idee wat om hom aangaan nie. Meer oor die onderwerp mag ek nie sê nie.

Alleen Wolf ·

Hulle het nog altyd hulle kommunistiese agenda gedruk, nou net ‘n gulde geleentheid vir hulle om dit vinniger te kan doen

Die Wolf ·

Ek het n jellievis in my akwarium en dit het n ruggraat.

Karel Kobus Kruger ·

5 weke en geen politieke party het nog iets daaraan GEDOEN nie. Praat net en spreek hulkommer uit. Wel, met die volgende verkiesing gaan ek ook net my kommer uitspreek oor die opposisie wat so min stemme kry, in plaas daarvan om te stem. Van nou af is ek ook net n prater.

Boortor ·

Gaan daar n volgende verkiesing wees? Ek dink nie so nie.

Lizanda ·

lila, ek hou van wat jy se daar is ‘n paar van ons kabinetlede wat altyd iets he om te se maar skielik is hulle grafstil, hoe sou ‘n mens dit verwoord, word dalk voordeel getrek op die verbode produkte?

Willem ·

Binne gevegte in ANC veroorsaak die gemors. Dis duidelik dat die zuma faksie oorhand gekry het met Ace aan die voorpunt. Hoop maar ons geleerde vriend slaag in die hof

Fedup ·

Maybe it’s too much for cyril too handle the responsibilities of being a president. So, he gave his little people the dangerous power to do as they please. And making a hell if a mess of everything in the process. As everytime one of his cronies makes a decision, cyril dissapears.

Paul ·

Beleef ons nie tans die gevolge van ‘n “sagte” staatsgreep waar die anti-Ramaphosafaksie die sg bevelsraad beheer nie? Sê die president iets soos tanak toegelaat, verkondig die eksvrou van Zuma ‘n snder evangelie.

marius ·

Die stert swaai die hond nog altyd . Daaraan sal niks gedoen word nie . Magsbedwelm is inherent en daaraan sal ook niks gedoen word nie . Wie gee gaan uitvoering gee aan hofbevele en interdikte ? Die heilsleer ? Hierdie mense is besig om finale uitvoering te gee aan hul revolusie en niemand sien dit raak nie .

Kobus ·

Die klere koop kwessie is ‘n grap.Woolworths mag verkoop maar jy mag nie daar aanpas nie (The Grove) Makro verkoop en jy mag aanpas? Ek verstaan nie

Boortor ·

Kobus, hierdie hele ” lockdown” is deel van n meesterplan. Ons dink hulle is dom. Ek dink ons is dom. En blind!

Die Wolf ·

Woolies is bankrot. Slim plan van hulle om die klere uit die winkel te kry. Kyk wat gaan gebeur as jy dit terugneem om om te ruil. Dink nie ek sal daar koop nie.

Simon ·

In sy eestre “Address the Nation” het hy mos’n bedekte dreigement laat val dat die SA ekonomie drasties gaan verander. Niemand hoef ‘n “rocket scientist” te wees om te besef wat hy daarmee bedoel het nie. Sy Covid-19 bevelsraad se primere funksie is om met die hulp van sy kommunistiese maatjies maniere te vind om juis dit te doen. Hierdie maar net die begin….

Michael 1 ·

My opinie is ramaposa is n grap hy gee n instruksie dan korigeer sy minister dit en verander dit dan sommer ook,hy ondersteun diskriminasie teen minderhede met en pas dit toe met wetgewing want dit is hoe hy sy geld gemaak het deur Lonmin platinum se bee vernoot te word direk na die magsoorname deur de klerk en meyer.

Termiet ·

Dit is alles om RSA in ‘n kommunistiese staat te verander en dit gebeur nou vinnig.

Frans ·

Die Kommunistiese invloed is duidelik sigbaar,die sentrale komitee het in Rusland se geskiedenis ‘n groot rol gespeel.Die ANC se uitvoerende komitee slaan die kitaar in die ANC en nou die Nasionale bevelraad in die pandemie.
Persoonlike aanspreeklikheid en besluitneming is vir ‘n vreemde begrip vir die ANC.Almal skuil agter die ‘kollektief’ soos dit na vore gekom het in die Esidimeni skandaal,waar daar sterk op kollektiewe besluitneming as verdediging vir die skandalige optrede teruggeval is.Die probleem is sulke kollektiewe word gewoonlik deur gesagsfigure met sterk oorredingsvermoë oorheers word en die res net slaafs volg.Die kollektiewe optrede maak ontplooing maklik wat hoe spreek jy nou ‘n ‘comrade’ aan wat net opdragte van die kollektief uitgevoer het.

Daarom was dit vir altyd vir my vreemd dat die NP met so’n beweging wou onderhandel en nie met die volksleiers van alle volke in Suid Afrika nie.Die President is dus ‘n slagoffer van die beleid.

Johan ·

Die ergste is die handelaars wat dan ook hulle eie reels maak soos bv. NTK en sekere Midas winkels jy moet buite in n rytjie staan ( geen afstande nodig) en dan gee jy jou inkopie lys en hulle koop vir jou. Jy word soos n laerskool kind behandel. Die hele scenario het net weer n idee geskep vir Leon Schuster om n fliek te vervaardig want alles is een groot grap en ons bly maar stil en aanvaar want ons is mos beskaafd.

Jacobus ·

Een versoek, sal die gekose President aub opstaan. Kan u dan die ondertone van verryking deur die verbod op sekere artikels ondersoek, en sonder vrees optree! En kan die “ons en hulle” siening begrawe word. Die oorsake van massa armoede is wel bekend.

Archie ·

Ek het reeds kommentaar gelewer oor die magsbeheptheid wat voortvloei uit ons regering se nastrewe van die kommunistiese ideologie asook die vestiging van die ‘nuwe wêreld orde’. Die duidelike magsbeheptheid is ‘n groot bekommernis. First Baron Acton (1834-1902)se mening was, ek haal aan ” Power tends to corrupt and absolute power corrupts absolutely”.

Lila ·

Daar is ‘n wye verskil tussen die Wet op Rampbeheer en die KRYGSWET en die mense in beheer dink ons te dom om te te besef. Huidiglik skree die regering Rampbeheer maar word ons onder KRYGSWET behandel. Wat is die klokreël en inperking van persoonlike voorregte anders as gedwonge konsentrasiekampe in jou eie huis! Dit is elke persoon se eie keuse wat hy wil geniet, solank dit in jou huis is. Iemand moet dringend iets doen voordat die mense op straatvlak gaan optree en dit gaan gewelddadig raak. Ek dink nie ons sien in hierdie huidige krisis kans vir gewelddadige optogte en dies meer nie. Wat het van ons menseregte geword in terme van die Grondwet en die Handves van Menseregte???????

Alleen Wolf ·

Lila, Ek dink as die regering op hierdie weg voort ploeter gaan geweldadige protes uiteindelik onafwendbaar wees, mense wil vry wees en ons is tans in klein tronkies

marius ·

Presies wat hulle beoog . Laat die massas op mekaar los dan kyk hulle wat oorbly . Sodoende sorteer die gemors wat hulle veroorsaak het homself uit . Enige bedreiging teen hulle word met die weermag en polisie platgevee .

Alleen Wolf ·

Lyk my hulle “Mag” is uiteindelik onder die vergroot glas, hoop hulle kry op hulle herrie, onbevoegde klomp kansvatters

Abel ·

Of ons dit wil glo of nie ons sit nou met ‘n diktatuur met ‘n paar dktators wat drakoniese en onrealistiese besluite neem.

Kokkie ·

Dis nou die tyd vir kalmte. Ons soek ‘n leier vir hierdie moeilike tyd. Iemand uit die ANC-geledere wat vas staan. ‘n Man met integriteit. ‘n Visioenêr. Iemand wat moeilike besluite kan neem. Iemand wat voor loop. Iemand wat ‘n swart dikraambril dra. Iemand met ‘n doktorsgraad. Verkieslik iemand wat al ‘n ambassadeur was in Nederland. O ja, iemand wat militêre kamoefleerdrag dra. Enige voorstelle…………

Cherokee ·

Pieter Groenewald (vergeet van die anc-geledere). Dikraam brille kan by straatstalletjies gekoop word.

Die Wolf ·

Een manier om hom terug aarde toe te bring, is wanneer hy die bevolking toespreek, om die TV kanaal oor te skakel na Jugde Judy. Sal gou agterkom sy is meer gewild as hy.

Rodger17 ·

Hierdie ndz slaan die kitaar en cyril jive!Hoe gouer daar van me zuma ontslae geraak word hoe beter vir SA,so ook beki cele.Lyk my cyril is bang vir ndz,hy sal moet wakker skrik sy pos is in gevaar!

Petrus Johannes ·

Hier gaan dit die regering is so magsbehep dat die president se so en n minister se anders.Die president bly stil HOEKOM omdat hy bang is.President los jou haat gevulde brein en doen jou werk.Onthou eers moet jy veranwoording voor God doen dan aan mense

PieterP ·

How to create a social state deur Saul Alinsky is presies wat hier aan die gang is. Word wakker, ‘n maand gevat voordat julle ogies oopgaan. Kom Covid vat groot en kry klaar dat ons kan aangaan met wat oor is

Johannes ·

Wat hulle nou doen is niks anders as ‘n halfgebakte staatsgreep.

Cleopatra69 ·

In watter ander land sal n minister se wet bo n president s’n nie. Seker net in kommunistiese Suid Afrika. Waar is VF plus en die DA

Kobus ·

Hy was nog nooit in bevel nie.Moes heeltyd vure binne sy party doodslaan

Willem ·

Bevrees as Cyril nie vandag iets aan sy bevelsraad doen nie is dit nag vir hom

Christa ·

Groot probleme vir ons wit Suid Afrika eers
Mense hier is n agenda agter die virus
Ek het AL 2005 V my Man gese hier Gaan nog groot MOELIK HEID kom

Marina ·

Dit is hartseer om te sien dat die President glad nie antwoord op enige iets wat op die oomblik hier aangaan nie, dit is nou van die SAPD, Weermag en Ministers wat die virus uitbuit. Kan hy nie sy voet neersit nie? Mag ‘n Minister die President “overrule”op sekere besluite. Genade tog

Frans ·

Omdat die ANC altyd terugval op ‘kollektiewe besluite’ sal Suid Afrika ‘n sukkelland bly met hier en daar klein suksesse.Dit volg ‘n mislukte kommunistiese beleid na wat bepaal,gewoonlik op ‘n 5jaar plan
wat gaan gebeur.
In Sjina het 45 miljoen mense van honger omgekom tussen 1958 en 1962 agv van sosialistiese eksperiment wat volgens Moa ‘n groot sukses was.Dit is eers nadat Sjina kapitalistiese grondbeginsels
begin aanvaar het is dat Sjina ‘n groot ekonomie geword het .Sy uitvoere het so groot geword dat Sjina
daarin geslaag het om in 2019 ‘ $ 452 billion ‘ na die USA uit te voer en slegs ‘$ 106.6 billion’ van Amerika in te voer.Dit het Amerika met ‘n nadelige handels balans van ‘$ 345.6 billion’ gelaat.

Geen wonder President kry bykans elke dag ‘n oorval as hy die syfers onder oë kry.
Amerka voer rekenaars en selfone ,skoeisel en kleredrag grootskaals in,terwyl dit kommersiêle vliegtuie en sojabone ondermeer uitvoer.
Wil die ANC werklik die pad loop?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.