Al meer mense leef langer met MIV

Argieffoto.

In Suid-Afrika het die persentasie mense met MIV tot 13,1% gestyg. Dít volgens syfers wat deur Risenga Maluleke, statistikus-generaal, bekendgemaak is.

Volgens hom word beraam dat 7,52 miljoen mense in 2018 dié virus het.

“Daar is steeds nuwe infeksiegevalle, sekerlik – maar die feit bly dat mense langer leef danksy antiretrovirale middels. MIV neem geleidelik toe onder mense tussen 15 en 49 jaar, en af in die ouderdomsgroep 15 tot 24.”

Vigsverwante sterftes het van 276 921 in 2007 tot 115 167 in 2018 afgeneem.

Volgens Maluleke is ʼn vyfde van vroue in die ouderdomsgroep 15 tot 49 jaar oud MIV-positief. Die meerderheid is dus in hul reproduktiewe fase. Maluleke het vroeër bekendgemaak dat Suid-Afrika se bevolking nou tot 57,7 miljoen gestyg het.

Volgens hom is sowat 29,5 miljoen van Suid-Afrika se inwoners vroue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Snowball ·

Vigs syfer wat styg, is ‘n teken dat opvoeding i.v.m. die siekte onsuksesvol is, maar dit kan ook nie anders as jong vrouens aangemoedig word tot swangerskap t.w.v staatstoelaes nie. Alles kom altyd weer terug na morele standaarde en opvoeding, en daardie toets word telkens gedruip…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.