‘Al meer op Wes-Kaapse plase aangeval’

ian-cameron-2017-02

Ian Cameron van AfriForum. Foto: Verskaf.

AfriForum sê plaasaanvalle in die Wes-Kaap het die afgelope twee maande taamlik skerp toegeneem.

“Die brutaliteit in aanvalle in die provinsie is nie noodwendig so erg soos in van die ander provinsies nie, maar dit beteken nie ʼn mens moet dit minder ernstig opneem nie,” het Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid, Vrydag gesê na aanleiding van die koelbloedige moord op die bejaarde egpaar Piet en Elmien Steyn op hul plaas naby Bonnievale.

Die dubbele moord op die Steyns bring die getal sterftes in plaasaanvalle in die Wes-Kaap vanjaar op ses te staan. Sedert Januarie was daar reeds 23 aanvalle op plase en kleinhoewes in die provinsie.

Dit bekommer AfriForum dat die aanvalle in die Wes-Kaap toenemend gewelddadig is. “Waar mense vroeër net aangehou is, word hulle nou seer gemaak en aangerand, of die ergste gebeur,” sê Cameron.

Mense in die Wes-Kaap het nog ʼn valse gerustheid, meen hy. “In die Wes-Kaap is daar nie noodwendig ʼn verwagting by mense dat so iets met hulle sal gebeur nie.”

Hy sê dis verblydend dat die provinsiale regering plaasaanvalle baie ernstig neem. “Hulle voel hulle moet dit keer voordat dit handuit ruk soos in van die ander provinsies.”

Wat die nasionale prentjie betref, loop Gauteng steeds die ergste onder plaasaanvalle deur, sê Cameron. Hy meen dit is omdat die provinsie ʼn groot konsentrasie kleinhoewes het, wat vir die doeleindes van die polisie se statistiek nie van plase onderskei word nie.

“Jy kry nie iets soos ʼn kleinhoewe of ʼn plot in plaasaanvalle nie; daarom is die voorkoms van sulke aanvalle in Gauteng dikwels baie hoër. Die ander provinsies waar dit moeilik gaan, is Limpopo, Mpumalanga en Noordwes, maar die Vrystaat is nie ver agter nie.”

Cameron sê die Noord-Kaap, met sy uitgestrekte plase en kleiner konsentrasie mense, loop minder deur. “Daar is ook ʼn baie gesonder politieke klimaat as byvoorbeeld in Noordwes,” voeg hy by.

“Kyk ʼn mens na die oproer op Coligny verlede jaar, sien jy daar was ʼn toename in aanvalle wanneer die premier neerhalende goed oor boere gesê het. Ook wanneer grondgrype voorkom, neem plaasaanvalle toe.”

Volgens AfriForum se syfers is 415 plaasaanvalle tot dusver vanjaar uitgevoer en 53 mense op plase vermoor, tans nog 20 minder as in 2017. Cameron sê twee weke voor die einde van die jaar is die aanvalle reeds meer as verlede jaar, maar die moorde is moontlik minder omdat ál meer slagoffers suksesvol terugbaklei.

“Mense is ook meer paraat en meer betrokke by veiligheidstrukture in hul gemeenskap.”

Wat is ʼn plaasaanval?

AfriForum sê intussen dit het onder sy afdeling Gemeenskapsveiligheid se aandag gekom dat plaasaanvalle nie korrek gedefinieer word nie, en dat daar ook onsekerheid bestaan met betrekking tot wanneer ʼn onregmatige handeling as ʼn plaasaanval beskou word.

ʼn Plaasaanval word volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens se nasionale operasionele koördineringskomitee soos volg beskryf:

“Aanvalle op plase en kleinhoewes verwys na dade gemik op die persoon of inwoners, werkers en gaste op plase of hoewes, hetsy met voorbedagte rade om te vermoor, verkrag, beroof of erg aan te rand. Daarbenewens moet alle optrede wat daarop gemik is om boerderyaktiwiteite te ontwrig wat ʼn kommersiële bekommernis is – hetsy motiewe verwant aan ideologie, arbeidsgeskille, grondkwessies, wraaksug, griewe en intimidasie ingesluit word.

AfriForum doen ʼn ernstige beroep op sy buurtwagte om alle plaasverwante misdade soos per die bovermelde definisie onmiddellik by AfriForum se hoofkantoor aan te meld.

Dit is ook belangrik om misdaadtonele, waaronder ʼn plaasaanval toneel ressorteer, te bewaar, sê die organisasie, en om toe te sien dat die tersaaklike bewyse op die korrekte wyse bewaar en hanteer word, deur die buurtwag asook SAPD, om die bekom van forensiese getuienis te verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jerry ·

Ek verstaan wragtig nie waarmee AfriForum besig is nie. Plaasaanvalle moet ten alle koste verhoed word, maar elke skrywe wat Ian Cameron aanhaal is n klomp reaksionere semantiese nonsens wat geensins daarop dui dat hy enigsins n idee het of n plan het om aanvalle te verhoed nie! Indien daar wel n plan is moet dit dringend hersien word, want duidelik werk dit waarmee Ian Cameron besig is, glad nie! “Prevention is better than cure” moet die beginsel wees. Om net te reageer nadat n aanval plaasgevind het vir statistiese doeleindes en n storie is absoluut sinneloos!

Peet du Bruyn ·

Middag Jerry. Jammer dat jy kritiek lewer op Ian Cameron se berig. Dit is nie sy werk om voorkomend op te tree nie. Dit is die werk van die SAPD. Ian verskaf riglyne vir voorkoming en opknapping van sekuriteit uit fondse wat sy lede bydrae. Ek veronderstel jy is ń opbetaalde lid van Afriforum dat jy die vrymoedigheid geneem het om kritiek teen sy optrede uit te spreek. Groete

Andrea van Vuren ·

Jerry, ek het alle geloof en ondersteuning vir Afriforum verloor. Waarmee is hulle besig? By wié kruip hulle gat?

Werner ·

Seker daai 60busse wat n paar weke terug van Zim afgekom het met EFF manne

PieterJohannes ·

Ek sal graag wil weet wat die sukses koers van plaasaanvalle is. Ons benodig grafieke om vir ons te wys of ons maatreël werk of nie. Volgens my gevoel lyk dit of die aanvalle uiters suksesvol is. Indien dit korrek is moet ons onsself afvra wat ons dan op elke plaas moet doen om dit te verander. Dit lyk of ons reaktief in plaas van proaktief optree. Ons wag eers dat iemand aangeval word, en dan probeer ons optree. Dan is dit te laat! Ek glo nie daar is baie boere wat nog naief is en dink “dit kan nie met my gebeur nie.” Hoekom is die aanvallers dan nog steeds so suksesvol? Dit is met enige misdaad dieselfde. As die sukses koers hoog is, sal dit die misdadigers aanspoor en dit sal toeneem. As die risiko te hoog raak en hy sy lewe kan verloor, sal dit afneem. Dink bv. aan die transito rooftogte.

bosluis ·

Hoe definieer party mense dan n plaasaanval? Ek het daai opmerking nou glad nie verstaan nie. Ek het voor ek SAP se beskrywing gelees het, vir myself gesê wat ek dink dit is en my begrip was dieselfde as die SAP beskrywing.

PJC ·

Om plaasaanvalle te verhoed moet mense eerstens bewus wees daarvan dat daar so iets gebeur in hulle omgewing. In die Wes Kaap (waar ek ook woon) heers daar ń valse gerustheid dat hierdie tipe aanvalle nie hier sal plaasvind nie. Wanneer ń mens dit bespreek erken mense dit prontuit dat hulle dink hulle is veilig in die Wes Kaap en daarom dink ek dit is ń goeie idee dat Afriforum bewusmakingsveldtogte hieroor voer.

Christo ·

Mense jul moet verstaan ,hulle soek grond ,hulle is honger ,nie werk ,word opgestook ,dit gaan net erger word tot niks oor is soos in n land wat verwoes is met duisende bomme ,hier vat dit net stelselmatig plaas, dat die buite wereld niks se ,soos die edele president gese het ons wit mense is klaar in sy pot ,en hulle stook die vuur ons sal uitspring soos paddas ,word wakker dinge sal nooit weer regkom ,hierdie is Afrika !!!!!

humor ·

Ons moet verstaan hoe meer weerloos ons is en ook voorkom hoe meer disrespek is daar van die kant van die misdadiger en ook van die kant van ons politikefigure. Ons sal meer n goed georganiseerde militaristiese ingesteldheid en paraatheid moet openbaar. Ons sal gesag moet uitstraal. Ons is nog heeltemal te vol van n valse gerustheid en n grootdoenerige traak- my- nie -agtige vertoon.

Karolis ·

Humor het ‘n sterk standpunt beet.
Ek dink die strawwe vir misdaad is belaglik swak en on….. (kry ek nou nie die woord nie want die buurvrou maak tuin nat in haar bikini)
Die robbieste kom te maklik los daarom doen hulle dit so maklik.
Swaarder strawwe is volgens my ‘n afskrikmiddel vir misdaad.

Gaitsigubib ·

Neem ook kennis van ‘n plaasaanval gisteraand by Makoppas nest, 25Km buite Alldays wat die lewe van ‘n boer geeis het. Hou asb aan Afriforum om almal te vertel wat hier aangaan. Sommige mense gee kritiek en maak n geraas maar ek sien ook nie wat hulle voorstel nie.

Wickus de Bruin ·

Malema het n tyd gelede dit kwyt geraak dat die Suide van SA nie aanvalle het nie en dat iets daaraan gedoen word. Gaan kyk maar na sy media uitlatings, dit is daar. Laat mens wonder nê?

Johannes ·

Lees bietjie ramaphosa se reaksie op blf… ons witmense moet blykbaar “‘n les geleer word oor rassisme en nasie bou”

Andre ·

Dit is vir my SKRIKWEKKEND dat mense hier nog redekawel oor ALLES behalwe wat regtig saak maak.

SELFVERDEDIGING!

Niemand gaan jou beskerm nie … doen dit SELF!

Dis nou oorlog!

Jerry ·

Peet du Bruyn, in die land van die blindes is AfriForum koning. Jy se dit self, Ian verskaf riglyne vir voorkoming, dan le die probleem mos nou presies daar. Dit is daar waar daar misluk word, by voorkoming!

Twakkie ·

Klink my nie die mense op plase en kleinhoewes is juis paraat nie. In die berigte van aanvalle is daar gewoonlik deure wat oop was of die mense het buite gebraai. Dit terwyl hulle eintlik reeds in dieselfde situasie is as die boere destyds in die noorde van Suidwes. Dié dat baie AfriForum-takke nou genl.-maj. Roland de Vries kry om hulle te kom vertel van veiligheid. Niemand beter as hy om raad te gee oor beveiliging teen “terries” nie. En hie innie Kaap is ons jys soe rustig en glo ôs alles sal OK wies as ôs net lekke is en ve’staan. Madiba-wêreldbeker-nommer-nege-trui en daai.

Henk du Toit ·

`Mense ek lees nou die kommentaar hierbo en ek gee gelyk dat ons onsself moet verdedig. Daar is al lankal n oorlog teen die blanke in SA. Ekonomies – Regstellende aksie waar ons kinders uitgesluit word van die ekonomie. Uitsluiting – SASOL aandele. die voorbeelde is legio, ons almal ken dit. Desondanks het die blanke steeds bly floreer in SA want ons is kanniedood mense. Nou is daar openlik oorlog verklaar teen die blanke. Hoeveel duideliker wil julle dit hê? Andile Mgxitama het tot gevra vir die uitwissing van ons kinders en vrouens. Oorlog teen vroue en kinders is heeltemal strydig met die Geneefse konvensie. Wat doen die blankes? Ons staan stil verbaas en wonder of daar werklik so iets gesê is. WEL DAAR IS EN DIT IS BEDOEL, SKRIK WAKKER. My en jou geld finansier die platforms vanwaar ons uitwissing bepleit en aangehits word. Pro aktiewe optrede is NOU nodig. AS al SA se blankes belasting, dienste en en munisipale dienstegeld op een slag staak sal die platvorms ook val. Witman jou stem beteken niks meer nie, laat jou beursie praat! As daar nou ‘n huisrower of plaasaanvaller geskiet word deur die REGMATIGE EIENAAR van die perseel/plaas moet ons opruk en in massa hom/haar omring en beskerm teen die openlik rassistiese Polisie. In protes is alles mos geregverdig. gaan brand die BLF se kantore af in antwoord. Hierdie wiltman is nou GATVOL.

Cornelia ·

As ek so na die algemene plan van aksie op voetsoolvlak kyk, Jerry, is daar baie los drade in die konsolidering van die beveiliging van ons boere en eie mense wat daadwerklik geteiken word deur ‘n vyandiggesinde owerheid. Mens word aangeraai om maar aan te sluit by gemeenskaplike veiligheids organisasies waar moontlik. Te weet dat jou individuele selfverdediging ingestel moet wees teen tipiese trop aanvalle. Dat jou paraatheid en waaksaamheid op dieselfde dissipline geskoei moet wees as binne die gevaarsone van ‘n grensoorlog. Dat jy vir nou moet veg vir elke ideaal om net maar nog ‘n dag by jou lewenstaak te mag geniet en bewerk as ‘n blywende, biddende, hoopvolle stukkie goedheid in almal se belang. Want ons lewe is ‘n kosbare waarde toevoeging tot beter dinge as wat die moordbende proklameer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.