Al meer plaasaanvalle voor Kersfees

(Argieffoto: Anja van der Merwe)

Altesaam nege plaasaanvalle en twee plaasmoorde landwyd is tot dusver in November aangemeld.

Dit is reeds meer as die getal aanvalle die vorige maande en November is lank nog nie verby nie.

In die mees onlangse voorval is ’n 63-jarige boer Woensdagmiddag erg aangerand op sy plaas in die Boston-gebied, KwaZulu-Natal.

Volgens kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het twee gewapende mans omstreeks 17:00 die plaashuis betree.

“Die mans het die boer oorval en met ’n mes gesteek. Hulle het die kluis se sleutel geëis,” bevestig Mbele.

Die mans het van die toneel gevlug nadat die boer daarin geslaag het om hulp te ontbied. Dit is nie duidelik hoe die boer om hulp geroep het nie.

Mbele sê in hierdie stadium lyk dit asof niks gesteel is nie.

Volgens Joseph Renaud, AfriForum se veiligheidshoof vir KwaZulu-Natal, is nooddienste van Midlands net ná 17:00 na die plaas ontbied.

Paramedici het die boer op die toneel gestabiliseer voordat hy per ambulans na ’n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling. Hy is ernstig beseer.

Misdadigers meer bedrywig oor Kerstyd

Maroela Media het Woensdag berig ʼn bejaarde vrou is na die hospitaal gehaas nadat sy en haar man op hul plaas naby Rustenburg aangeval is. Rowers het ʼn bejaarde ook vroeër in November met ʼn blaasvlam op haar plaas naby Bronkhorstspruit gebrand.

AfriForum sê die toename in plaasaanvalle en -moorde is kommerwekkend, maar dit is nie buitengewoon vir dié tyd van die jaar nie. Die toename is veral in KwaZulu-Natal, Gauteng en Limpopo te sien.

Volgens Llewellynn Hemmens, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir Gauteng, kan dit verwag word dat misdaad oor die algemeen só kort voor Kersfees toeneem. Dit sluit opportunistiese sowel as georganiseerde misdaad in.

“Mense dra voor en tydens die Kersseisoen meer kontant en waardevolle items by hulle, wat hulle dus maklike teikens vir misdaad maak. Die publiek moet ekstra paraat wees – veral wanneer hulle Kersinkopies gaan doen,” sê Hemmens.

Hemmens sê dit blyk ook uit vorige jare se syfers dat misdadigers hierdie tyd van die jaar geneig is om meer gewelddadig te raak. Hy sê dit is omdat misdadigers meer desperaat is om soveel geld en waardevolle items as moontlik te steel.

Altesaam 297 plaasaanvalle en 44 plaasmoorde is tot dusver vanjaar in die land aangemeld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Dries

Ons moet iets doen. Hierdie moorde is hartverskeurend. Ou weerlose mense !!! Ons kan n vlag die hele jaar halfmas hang. Ons rou elke dag en Ramaphosa deel toekennings uit en praat net van 27 jaar gelede se apartheid.

Truthful

.n baie hartvogtige antwoord…””plaasaanvalle nie buitegewoond vir die tyd van die jaar” misdadegers moet vasgetrek word en gesies word met hul fotos. Op groot borde hoog waar almal dit kan sien

Kanjynoumeer

Waar verandering sal plaasvind in Suid-Afrika waar die duiwel en sy trawante nou heers, sal wees wanneer n leier gekies sal word soos Hoofregter Mogoeng Mogoeng met Christelike beginsels vir President vir ons land Suid-Afrika in ons volgende nasionale verkiesing.
Slegs dan sal ontslae geraak kan word van die euwels.
Ons moet tot dan paraat wees en veiligheids maatreëls elke dag toepas.

Pieter

My mense word uitgewis, en die wereld is dood stil. Hoe maak ons nou, want ons wil ook nie saam staan en iets omtrent die saak doen nie. Dis net ons ,niemand gaan help nie.
Ons ht n leier nodig,want ons hol soos afkop hoenders rond,en elkeen kyk net na homself.
Ek wil n beroep doen op die boere, om blanke mense aan te stel op jou plaas, die wat wil werk, daar is nog baie van hulle. Ons moet mekaar help waar ons kan, en weer vir mekaar begin omgee.

Samuel

Die regering bly stom, verbaas oor al die plaasaanvalle. Hulle gee nie om vir boere nie, ongeag hulle ras of kleur. Pffffft